Nog 15 501 nuwe gevalle van Covid-19 is in Suid-Afrika bevestig nadat net meer as 59 000 toetse sedert die vorige verslag vir die koronavirus gedoen is.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die positiwiteitskoers is effens laer en staan in hierdie stadium op 26,2%. Dit het ʼn dag tevore op 31,6% gestaan.
Nog 457 Covid-19-verwante sterftes is bevestig. Dit bring die algehele sterftesyfer op 62 628 te staan.
Altesame 2 090 909 mense het al positief vir Covid-19 getoets, van wie 1 845 038 tot dusver reeds herstel het. In hierdie stadium is daar 183 243 aktiewe gevalle van Covid-19.
Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle (59%), gevolg deur die Wes-Kaap (10%), KwaZulu-Natal (8%), Noordwes (6%), Mpumalanga (5%), Oos-Kaap en Limpopo (4%), die Vrystaat (3%) en die Noord-Kaap (1%).
Nuwe gevalle per provinsie:
- Oos-Kaap: 575
- Vrystaat: 421
- Gauteng: 9 215
- KwaZulu-Natal: 1 302
- Limpopo: 595
- Mpumalanga: 711
- Noordwes: 986
- Noord-Kaap: 123
- Wes-Kaap: 1 573
- Totaal: 15 501
In hierdie stadium word 14 995 mense in hospitale vir Covid-19 behandel, die meeste daarvan in private hospitale landwyd.
- Private hospitale: 9 267
- Staatshospitale: 5 728
Altesame 164 874 mense is sedert die vorige verslag teen Covid-19 ingeënt. Dit bring die algehele getal inentings wat tot dusver gedoen is op 3 631 102 te staan.



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
Dalk werk maskers en sosiale afstandhouding tog…asook die sluit van restaurante, kroeë asook verbod op groot byeenkomste. Sodra die gekuiery stop stop die weghol infeksies. O en moet nie die verbod op drankverkope vergeet nie….
Dis jammer dat ons so baie ongehoorsames in die land het en dan wil baie nie eers die heel doeltreffendste voorsorgmaatreel (om die vaksiene te neem) nakom nie. In Brittanje het minstens 86% volwassenes die shot gevat. Nou word hulle beloon want alle inperkings gaan eersdaags opgehef word en jy hoef ook nie ‘n masker te dra nie. So met ander woorde hulle het gedoen wat nodig is en die mense beloon vir hul samewerking.
Gaan google die “Lambda strain”. Glo erger as die delta. Weer terug by die begin.
SA gaan elke drie maande hierdie paadjie stap as mense nie die vaccine wil vat nie.