Covid-19-statistieke: SA steek die 50 000-kerf verby

(Foto: Itumeleng English/ANA)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandag die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekend gemaak.

Tot dusver is 50 879 gevalle reeds in die land aangemeld. Dit is ʼn toename van 2 594 sedert Sondag.

Nog 82 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig wat die landwye totaal op 1 080 te staan bring. Altesaam 55 van die sterftes is in die Wes-Kaap aangemeld, gevolg deur 26 in die Oos-Kaap en een in KwaZulu-Natal.

Die ouderdomsgroep wat tot dusver die meeste sterftes aangeteken het, is mense tussen die ouderdom van 60 en 70 jaar (299 sterftes). Dit verteenwoordig 27,7% van die totale getal sterftes. Nog ʼn kwart van die sterftes (24,2%) wat aangeteken is, was pasiënte tussen die ouderdomme van 50 en 60 jaar.

Tot dusver het 26 099 mense van die virus herstel.

Meer as 22 983 toetse uit 943 059 is in die afgelope 24 uur- siklus gedoen.

Provinsiale statistieke:
Wes-Kaap: 33 568
Oos-Kaap: 6 341
Gauteng: 6 258
KwaZulu-Natal: 3 175
Vrystaat: 373
Noordwes: 580
Limpopo: 244
Mpumalanga: 183
Noord-Kaap: 118
Onbekend: 39

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief..

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Josef ·

Ek sal graag wil weet of die totale hoeveelheid daaglikse sterftes weens natuurlike oorsake (siektes) tans beduidend toeneem.

koos10 ·

Josef, kort en kragtig nee, want bykans alle sterftes word as COVID 19 aan gemeld. As ‘n persoon positief toets en sterf word COVID 19 op sertifikaat aangeteken.

Dirk Mostert ·

As ek Sondag ‘n onderskrif op ‘n SATV-kanaal reg gelees het, word privaat-hospitale in S.A. nou R16,000 per dag betaal vir elke Covid-19 pasient. Dieselfde reeling in die VSA speel waarskynlik ‘n groot rol in die aantal geregistreerde gevalle en sterftes. As jy positief toets kan jy positief (met griepsimptome) of negatief (sonder simptome) wees. ‘n Boerbok en papaja in Tanzanie is ook positief getoets. Harris Floyd was positief ten tye van sy dood. Hy tel waarskynlik as ‘n Covid-19 (verwante) sterfte. “Verwant” verskyn soms, maar nie altyd by sterftes in berigte nie.

Lorna ·

Ek weet nou nie so mooi nie
Dit is darem groot getalle wat nou oppop in Kaap
En nogals verwag dit sou in jhb of Pretoria die geval wees
Die dat ek nie die regering vertrou met die getalle
En mense dalk net verkoue of griep gehad en deur hul behandeling die hiermanaals in gestuur

Frikkie ·

Ek sal graag die statistiek wil sien uitgedruk as “Per Miljoen”. Ek sien op worldometers.info/coronavirus bied hulle die syfer. Tans is die wêreld se gemiddeld 52.5 per miljoen sterf aan COVID19. SA staan op 18 sterftes per miljoen. Dit kan dalk `n goeie toevoeging wees…”dalk/dalk nie”

Pieter ·

Wat is die punt van die 50,000 statistiek? Gaan almal dit nou heelyd sê, 100k, 500k, 1m, 2m, 5m, 10m ens? ±80% van ons 60miljoen gaan dit kry binne die volgende jaar of twee. Ek is seker die meeste intelligente mense is al vêr verby keelvol vir die ou storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.