Suid-Afrika het nou meer as 1 572 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 637 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bevestig dat 1 572 985 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 54 066 nadat nog 71 sterftes aangemeld is: 14 in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, drie in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, drie in Mpumalanga, 40 in Noordwes, twee in die Noord-Kaap en twee in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 1 499 110 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.
Suid-Afrika het tot dusver 10 481 576 toetse vir Covid-19 gedoen, 33 903 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 195 952 | 12,5% |
Vrystaat | 87 021 | 5,5% |
Gauteng | 421 261 | 26,8% |
KwaZulu-Natal | 336 142 | 21,4% |
Limpopo | 63 739 | 4,1% |
Mpumalanga | 77 544 | 4,9% |
Noordwes | 66 573 | 4,2% |
Noord-Kaap | 38 885 | 2,5% |
Wes-Kaap | 285 868 | 18,2% |
Totaal | 1 572 985 | 100% |
Sterftes en mense wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 11 507 | 184 234 | 211 |
Vrystaat | 3 819 | 80 689 | 2 513 |
Gauteng | 10 567 | 407 603 | 3 091 |
KwaZulu-Natal | 10 352 | 320 723 | 5 067 |
Limpopo | 2 256 | 61 178 | 305 |
Mpumalanga | 1 393 | 75 181 | 970 |
Noordwes | 1 706 | 62 257 | 2 610 |
Noord-Kaap | 882 | 34 949 | 3 054 |
Wes-Kaap | 11 584 | 272 296 | 1 988 |
Totaal | 54 066 | 1 499 110 | 19 809 |
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Daars 55 moorde elke dag in SA, so dis ‘n sterftesyfer veel groter as Corona sterftes, maar die hele landsekonomie word omgekeer, werkloosheid staan op 50%, almal dra maskers, NET vir ‘n simpel virus wat niks meer is as ‘n erge griep nie.
Dit sal nou aanhou opgaan, die Burger beweer gister 15 Mei PRESIES op die dag tref derde golf. Iewers moet die syfers gekook word sodat dit ‘n streng inperking kan regverdig, asook ‘n verdere verlening van die ramptoestand.
Niks meer as n erge griep nie.
Asseblief mense educate yourselves.