Suid-Afrika het nou meer as 671 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 903 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 671 669 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 16 586 nadat nog 188 sterftes aangemeld is: drie in die Oos-Kaap, een in KwaZulu-Natal, twee in Gauteng, vier in die Wes-Kaap en 178 in die Vrystaat.
Tot dusver het 604 478 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.
Suid-Afrika het tot dusver 4 152 480 toetse vir Covid-19 gedoen, 9 014 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
---|---|---|
Oos-Kaap | 88 975 | 13,2% |
Vrystaat | 46 349 | 6,9% |
Gauteng | 219 202 | 32,6% |
KwaZulu-Natal | 118 797 | 17,7% |
Limpopo | 15 309 | 2,3% |
Mpumalanga | 27 069 | 4% |
Noordwes | 29 078 | 4,3% |
Noord-Kaap | 16 397 | 2,4% |
Wes-Kaap | 110 493 | 16,5% |
Totaal | 671 669 | 100% |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
---|---|---|---|
Oos-Kaap | 3 113 | 84 574 | 1 288 |
Vrystaat | 1 016 | 31 641 | 13 692 |
Gauteng | 4 205 | 195 729 | 19 268 |
KwaZulu-Natal | 2 627 | 109 960 | 6 210 |
Limpopo | 386 | 14 290 | 633 |
Mpumalanga | 520 | 26 024 | 252 |
Noordwes | 355 | 25 870 | 2 853 |
Noord-Kaap | 197 | 13 225 | 2 975 |
Wes-Kaap | 4 167 | 103 165 | 3 161 |
Totaal | 16 586 | 604 478 | 50 605 |
Ek sien die Vrystaat se sterftes is nou opgedateer. Nou net die aktiewe gevalle. 13 600 uit 45 000 kan onmoontlik nog aktief wees. Iemand daar slaap op die job.
Ons sal onsself nou moet begin voorberei vir die tweede golf. Dit het reeds in Europa lande soos Frankryk en Spanje baie hard geslaan. In 1918 was dit ook die tweede golf wat die meeste skade aangerig het.