Covid-pasiëntprofiel nou jonger

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Mediclinic sê ook hy kan daarvan getuig dat Covid-19-pasiënte nié nou so siek word vergeleke met die vorige drie virusgolwe nie, hoewel die algemene pasiëntprofiel vir die vierde virusgolf jonger pasiënte en kinders onder die ouderdom van 12 insluit.

Dít terwyl topwetenskaplikes van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) volhou dat die nuwe Omikron-variant nié erger as ander variante blyk te wees nie. Hulle waarsku egter dat meer navorsing nodig is om die ware erns daarvan te bepaal.

Michael Ryan, uitvoerende direkteur van die WGO se program vir gesondheidsnoodgevalle, sê Omikron is waarskynlik meer oordraagbaar as vorige variante, maar dit is “hoogs onwaarskynlik” dat dit die entstof kan ontduik.

“Ons het hoogs doeltreffende entstowwe wat tot dusver hul doeltreffendheid teen al die variante bewys het wat ernstige siektes en hospitalisasie betref … Daar is geen rede om te verwag dat dit nie so sou wees nie,” meen Ryan.

Hy het wel toegegee dat dit moontlik is dat die bestaande entstowwe minder doeltreffend teen Omikron kan wees. Dié nuwe variant het meer as 30 mutasies op die stekelproteïen en kan selle binnedring.

Tuisbodem

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Tog sê Mediclinic minder Covid-19-pasiënte het in die stadium intensiewe sorg of ventilasie nodig vergeleke met die vorige drie golwe.

Die hospitaalgroep bevestig dat die vierde virusgolf Gauteng getref het en nou na die Wes-Kaap beweeg. Dié golf het egter nog nie ’n merkbare invloed op Mediclinic se hospitale in dié twee provinsies gehad nie en hospitale ervaar minder opnames.

Tertia Kruger, woordvoerder van Mediclinic Suid-Afrika, sê 25% van die hospitaalgroep se Covid-19-pasiënte wat tans opgeneem is, is ingeënt, terwyl slegs 16% van die pasiënte in sy waakeenhede al die entstof ontvang het.

Die pasiënte is dié keer jonger vergeleke met die vorige golwe hoewel die jonger pasiënte oor die algemeen nie kritiek siek word nie, sê Kruger.

Oor die water

Johnson & Johnson se entstof teen Covid-19. (Foto: Unsplash)

Die WGO het Dinsdag daarteen gewaarsku om Covid-entstowwe verpligtend te maak in Europa, terwyl die organisasie aangedring het op beter beskerming van kinders, die ouderdomsgroep onder wie gevalle hoog is.

Streeksdirekteur Hans Kluge het gesê verpligte entstowwe moet “’n absolute laaste uitweg wees” en slegs van toepassing wees wanneer alle ander haalbare opsies om inentingsopname te verbeter uitgeput is.

Die WGO het ook opgemerk dat die aantal gevalle in Europa “onder alle ouderdomsgroepe” toegeneem het. Die grootse toename word tans in die ouderdomsgroep van vyf tot 14 jaar waargeneem.

“Dit is nie ongewoon om vandag ʼn twee tot drie keer hoër voorkoms van Covid-19 onder jong kinders te sien as in die gemiddelde ouderdomsbevolking nie.”

Kluge meen die inenting van kinders moet bespreek en oorweeg word.

Bykomende bron: AFP 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anke ·

Met ‘n moontlikheid van oorerflike cholestrol van my kant af en oorerflike trombose van my man se kant, gaan ek maar bietjie vasbyt met my 12jarige dogter se inenting.

KB ·

Kan ons iemand anders as Medicilinic se kommentaar hoor, asb.? Wat van Netcare Ltd se Dr. Richard Friedland, en andere???

Marius ·

Meesters met spekulasie! Hoe weet hul die inenting werk tot ‘n mindere of meerdere mate terwyl hul nog besig is om navorsing te doen? Hoekom raai die WGO verpligte inentings af maar bevestig dit moet verplig word as syfers nie gehaal word nie? Niemand weet werklik veel van die variant af nie. Daar is ‘n slang in die gras…

RB ·

In ons direkte sakekring is daar 9 wat nou positief getoets het (sedert Vrydag).
Onder hulle is 8 ten volle ge-ent, 1 glad nie.

Die onge-ente was 2 dae in bed met simptome van griep. Daarna op en aan die gang. Werk 100% kapasiteit van huis af. Werk vir ‘n baas.

Die res is steeds siek, party erger as ander. Nie eers 1 onder hulle werk teen 100% kapasiteit nie. Halfdag op die meeste. Sakemanne en professionele persone met onder andere tuiskantore as ‘n opsie. Almal het sake wat hul graag wil afhandel voor jaar afsluit.

Niemand tans in hospitaal.
Laat mens dink nè!

Oom Kaspaas ·

Wel in ons geval is dit net mooi andersom … die 12 ingeentes het net 2 vir dag en ‘n half en 2 dae lyfseer en hoofpyn gehad, die ander glad nie eens simptome nie die 2 ongeentes was 2 weke af een bed lêend vir ‘n week …

RB ·

Daarsy oom Kaspaas, dis dus 6 van die 1 en halfdosyn van die ander!!
Daarom maak dit soveel sin om elkeen se reg op eie keuse te respekteer!

Elkeen het ‘n rede vir sy keuse.

RB ·

Jong, jy sal verbaas wees!!
In ons familie is daar omies wat baie diep bejaard is. Ek praat van 85+ wat net sê: oor my dooie liggaam. Ek gaan sònder daai ding hemel toe. Hulle moedig mekaar aan om sterk te bly staan by hul keuses.
Hulle kuier graag saam, sommer n week almal by die see of n groep na n wildsplaas! Almal blakend gesond.

As hulle ongejab wil hemel toe, dan gun ons hulle dit. Nie kinders of kleinkinders gaan hulle anders probeer oortuig. Elke dag is n gawe! Ons geniet en waardeer elke kuier wat ons en hulle deel met hulle wyshede, helderheid van verstand en opinies oor wêreldgebeure, -leiers en gebrek daaraan.

Tersia ·

Inentings help niks skrik wakker en besef vaccines is alreeds gemaak nog voor enige van die virusse vrygestel is. Dis n plandemie nie n pandemie

Andre ·

Eienaardig dat kinders aan die begin nie eers maskers nodig gehad het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.