Cradock heet nou Nxabo

(Foto: Facebook)

Die Oos-Kaapse dorp Cradock se naam is Vrydag amptelik verander na Nxabo. Die departement van sport, kuns en kultuur het dié en ʼn reeks ander naamsveranderinge in die Staatskoerant geplaas.

Die dorp Pomeroy in KwaZulu-Natal heet nou Solomon Linda en Mooiplaas in die Oos-Kaap se naam is verander na Khwenxurha. Morgansbaai, ook in die Oos-Kaap, is na Gxarha hernoem.

Maroela Media het in Mei vanjaar oor die beplande naamsverandering berig.

Die DA het destyds vasgeskop teen enige nuwe naamsverandering van bestaande plekke en meen die regering behoort eerder op Oos-Kapenaars se onmiddellike behoeftes te fokus.

“Wat is die nut daarvan om Cradock te hernoem wanneer dienslewering in die gebied tot stilstand gekom het?” het Nomvano Zibonda, DA-LPW in die Oos-Kaapse wetgewer, uitgewys.

Andile Nduma, woordvoerder van die provinsiale departement, het destyds aan Maroela Media gesê die voorgestelde verandering van Cradock se naam het ontstaan ​​nadat ʼn lid van die publiek vroeër ʼn aansoek om naamsverandering ingedien het. Die aanvanklike voorstelle was egter vir die naam om na Kaladokhwe of Inxuba te verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Antie Sarie ·

Dankie tog. Die plek he so agteruitgegaan dit verdien nie meer n mooi naam nie

twaalfboor ·

Ag man….. verander soveel name as wat julle na harte lus kry. Feit van die saak is julle kan niks self bou of opbou nie. Die arme Cradock is laaaankal nie meer die mooi naam beskore nie. Danksy die cANCer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.