DA eis ook dat Mandela teruggeroep word

Zindzi Mandela (Foto: Twitter)

Die DA het sy stem gevoeg by oproepe dat Zindzi Mandela, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, teruggeroep word.

Volgens die gedragskode mag ʼn ambassadeur geen siening kommunikeer sonder die uitdruklike toestemming van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking nie, het Darren Bergman, LP en skaduminister van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê.

“As ambassadeur word jou private sienings beperk deur die verpligting om die beste belang van Suid-Afrika te handhaaf en verder te bevorder. Daarom is die onlangse twiets van die amptelike Twitter-rekening van Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke óf deur die minister onderskryf óf in stryd met die gedragskode, wat ʼn grondige rede vir terugroep is.”

Mandela het haar onder meer uitgelaat oor grondhervorming en na wit mense verwys as lafaards en “stelende verkragter-afstammelinge” van Jan van Riebeeck.

Minister Naledi Pandor het gister aan eNCA gesê die departement het ʼn sosialemediabeleid waaraan alle ambassadeurs moet voldoen en dat haar departement sal ondersoek instel na Mandela se twiets.

“Wanneer ons dus vasgestel het of dit ʼn twiet van haar (Mandela) is, of dan wél haar opmerkings was, kan ons vasstel of die opmerkings in ooreenstemming met die sosialemediabeleid is,” het Pandor aan eNCA gesê.

Bergman het intussen ook gesê dit is erg kommerwekkend dat die departement vroeër aangevoer het dat hy Mandela nie in die hande kan kry nie omdat sy glo reis. “Dit is ʼn misdryf vir ʼn ambassadeur om die land van akkreditasie te verlaat sonder departementele goedkeuring en ʼn verdere oortreding om vir dae lank onbereikbaar te wees. Dit is gronde vir onmiddellike terugroep.”

Volgens Bergman het die DA dringende vrae aan minister Pandor gestuur om te hoor of Mandela se sienings ook die sienings van die Suid-Afrikaanse regering is.

Die DA erken dat die versoeningsprojek in Suid-Afrika oor die afgelope dekade tot stilstand gekom het, en volgens Bergman het dit tot gevolg dat baie burgers voel hulle het nie ʼn sê in demokratiese Suid-Afrika nie.

“Hierdie klimaat laat toe dat verdelende en skadelike politiek wortel skiet. Hierdie ‘ons vs. hulle’ mentaliteit verdeel ons en ondermyn die moeilike maar moontlike visie om een Suid-Afrika vir almal te bou.

“Ambassadeur Mandela se kommentaar op Twitter is jammer aangesien dit probeer om blaam te plaas op sekere dele van die bevolking vir die regering se totale mislukking om die ekonomie te laat groei en betekenisvolle regstelling te verkry.

“Die DA glo in alle Suid-Afrikaners se reg om grond en eiendom in eie reg te besit. Dit moet gekoppel word aan ʼn grondhervormingsbeleid wat die ongeregtighede van die verlede regstel.”

AfriForum en die VF het ook vroeër versoek dat Mandela teruggeroep word weens haar uitlatings.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

piet piet ·

Goeie probeerslag maar weereens te laat om te wys dat julle regtig wou.

Leon ·

Ons het nie ‘n demokrasie nie.
Ek dog dit is die regering se beleid wat sy getwiet het. Dit is hoe die regering huidig optree, so hoe kan sy dan aan iets skuldig wees wat regerings beleid is?

Johann M van Heerden ·

Sien DA ook nou ten gunste van ‘grondhervorming’ om ‘ongeregtigheid van die verlede reg te stel’. So bly ek het nie vir die DA gestem nie.

Landi ·

Wat net so ongelooflik…jammer nee ek kan dit glo, swartes mag sê en doen net wat hulle wil maar as n blanke persoon net iets skeef sê van swartes, verloor ons ons werke, ons families en vriende word “getarget” en jy moet eerder landuit want jy kry nie weer n werk in SA nie. Maar hierdie mense mag sê en doen net wat hulle wil

Strand loper ·

Verskoon haar asb sy het haar verspreek en sukkel om technology onder die knie te kry en bedoel die teenoorgestelde.

John ·

… ongeregtighede van die verlede, DA? Ons moet die ANC-takke nou nommers begin gee, anders raak die spul verstrengel en ons te ingelig. Mmusi sal dalk ook dadelik oppak as hy as ‘n minister aangestel word… in die hoop om via die agterdeur die groot kamèra se ligte te vang… Die DA gaan so op eentjie die Kaap vir die ANC omkeer en teruggee.

piet piet ·

Ek kan nie glo jy noem die DA in dieselfde sin as VF+en Afriforum die laaste 2 veg vir geregtigheid die DA net hulle en die wat vir hulle stem sal weet wat hulle doen.

wonder maar net ·

DA, eerder te laat as nooit nie…. wonder hoekom is die DA se studenteleiers nie nou so gou op die tweetknoppies nie?

Dries du Toit ·

Die DA is nie altyd te laat nie. Hulle was eerste om Elana Barkhuizen geskors gekry en toe dit blyk dit was ongeregverdig 2as hulle nie laat met omverskoning vra nie. Hulle het doodeenvoudig net nie omverskoning gevra nie

kolla ·

Hierdie berig het reeds twee dae gelede in ‘n ander publikasie in Engels verskyn.

elize ·

Sy sal niks oorkom nie. Sy sê wat die meeste ander dink.
Ek het nuus vir haar. Ek gaan nerens, sal net hier bly, in MY LAND. ‘n Paar woordjies van haar kant af gaan beslis nie maak dat ek weghardloop nie. Sy moet maar leer om met ons saam te leef.

Gert van Wierdapark ·

Mense jul verstaan nie amba(a)ssadeur Mandela se pos beskrywing nie! Sy is seker n reisende Ambassa-deur en seker tog nie ernstig kantoorpligtig/gebonde nie! Dalk is sy op pad Nkandla toe vir ‘n Brand-poel inspeksie! He-he-he.

Devill ·

Die regering is klaar besig om die hele besigheid onder die mat te vee.
Hoe moeilik is dit nou om haar te bel en te vra “Was dit jy gewees wat die twiets gestuur het?”
Nou moet daar eers kamstig bepaal word of dit wel sy was. Belaglike dubbelstandaarde! #blackprivilege

Lee ·

Daar sal absoluut niks met haar gebeur nie want as jy in Suid Afrika bly en jy is swart mag jy doen en sê net wat jy wil en jy sal wegkom daarmee. Moet net nie wit wees en so uitlating maak nie want dan kry jy sommer tronkstraf….

Dries du Toit ·

Ek sal graag wil weet of Denemarke n ambassadeur in SA het Sal graag met hom in verbinding wil tree. Ons moet weet wat is sy siening hier omtrent

Mel ·

Iemand het dievolgende gedeel op Facebook. ….Dis n tweet van @nhlanhla_bhelo Die Facebook poster is ?Made in KwaZulu-Natal………” I said in South Africa give the white man a period of time to get out of South Africa. Be merciful, dont just kill them all. Give them time to leave.” OurLand#ZindziMandela#YouthDay ……die antwoord wat geplaas is ” Give them 24 hours to get out of town. By sundown if they did nt get out of town we will kill everything that is white that ain’t right on sight” 6.28 PM June 15 2019 Randburg SA Twitter for Android.

Blue Butterfly ·

Pandor wil vasstel “of dit (wat Mandela getwiet het) in OOREENSTEMMING met hulle sosialemediabeleid is” – EKSKUUS! Daardie twiet het bure rassehaat bevorder en Pandor is nie seker of dit in OOREENSTEMMING met hulle “beleid” is nie.

Absoluut geheel en al TOTAAL belaglik!

Dennis ·

Politiek in SA is deesdae soos die sport. Jy raak altyd opgewonde en is hoopvol maar diep binne weet jy daar gaan niks gebeur nie!

Henry ·

Ek weet nie waarom mense so vreeslik kwaad vir die mens is nie.
Sy is ‘n uitstekende advertensie vir hierdie droewe land met sy droewe regime.
Dink net hoeveel geld en moeite sy vir Afriforum bespaar, wat derduisende moet spandeer om die buiteland in te lig oor die vergrype en sotlike dogma’s van die huidige regime.
Bevorder haar en gee haar ‘n lekker possie in ‘n invoedryke staat soos die VSA.
Wat se wonderlike werk kan Malema en die ander galbrakers verrig!!!
La’ waai meraai!!!

Bokbek ·

Stem nie saam dat Mandela teruggeroep moet word nie.WAT MAAK ONS MET HAAR???????????????

Blue Butterfly ·

Ek wil weet waar is die massas swart mense met morele en Christelike waardes om op te staan soos een man en te sê “NOT IN MY NAME”?

Waar is die swartmense?

Hoekom is HULLE so stil?

Of is sodanige swart mense bloot “a figment of my imagination”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.