DA gaan Piet Retief-hofsaak fyn dophou

Die mans vergader na die uitspraak met een van hul regsverteenwoordigers. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die DA se eenheid wat hofsake dophou, gaan die sogenaamde Pampoenkraal-hofsaak fyn dophou om te verseker dat die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die belang van geregtigheid ʼn behoorlike ondersoek na die gebeure doen.

Só sê Annette Steyn, die DA se woordvoerder oor landbou, na afloop van die borgtoguitspraak van Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Mzikayise Patric Yende (48) in die landdroshof op Piet Retief.

Die besluit om borgtog aan die mans toe te staan, is uit verskillende oorde met gemengde reaksie ontvang.

Hoewel talle mense verlig was oor die uitspraak, het dit betogers buite die hof opnuut woedend gelaat.

ʼn Groep mense betoog al sedert die vyf mans se eerste hofverskyning buite die hof. Hulle eis geregtigheid vir Mgcini Amos Coka en Zenzele Coka, wat op 9 April op Pampoenkraal in die Dirkiesdorp-omgewing doodgeskiet is.

Die vyf beskuldigdes staan tereg op aanklagte van moord op die broers.

“Ons vra dat die ondersoek deeglik uitgevoer word en ons doen ʼn beroep op die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, om versterkings te stuur om ʼn vinnige en diepgaande ondersoek na die voorval te verseker,” sê Steyn.

“Dit is van die uiterste belang dat die ondersoek heeltemal deursigtig is, want teenstrydige berigte oor wat gebeur het, is volop.”

Steyn sê ʼn deursigtige ondersoek sal uiteindelik ook rustigheid in die tans oproerige Piet Retief-gemeenskap bring.

Die vyf mans sal na verwagting weer op 30 Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Samuel ·

Ons hoop die plaaswerkers sal nou eers rustig wees en die polisie toelaat om hulle werk te doen. Ek wens die beskuldigdes sterkte toe en kalmte in hul gemoed.

Vonkprop ·

Eenheid wat hofsake dophou? Regtig? Hoeveel eenhede is daar in die DA wat goed dophou?

Werner ·

DA soek nou net stemme.Hulle teenwoordigheid sal nie eens n rimpel op die water maak nie.Hulle is in elkgeval bietjie laat.

Philip ·

Ek hoop die busvragte moeilikheid makers wat hulle voorgee as plaaslike werkers word minder dan kan normaliteit terugkeer sonder dat die polisie en geregshof die heletyd geintimideer word.

Astrain ·

Daardie boere moet wakker slaap, as ek so luister, kom daar nog plaasmoorde op hulle…wonder wie gaan hulle(die polisie) DAN beskuldig?

SomeOne ·

” landdros se daaris geen gronde” , maar nogsteeds word hul van alle klagtes aangekla, landdros hoe kry jy dit reg

Althes ·

Dit is goed as hofsake waar politieke inmenging en bevooroordeeldheid dopgehou word. Elke burger in SA het die reg om billik verhoor te word.

Anel ·

Waar is die balistiese toetse? Dan kan mos bepaal word wie se wapens het die lot dood geskiet? En wat word van selfverdediging? Mag net sekere lede hulle self verdedig? Ons regstelsel is ‘n sirkus wat net voorsiening maak vir sekeres. Ek begin dink ons moet die stelsel implimenteer dat slegs belastingbetalers mag stem.

James ·

Dis nou die DA wat skadebeheer probeer toepas, nadat die meesste regdenkende Afrikaners hul na die VF+ toe gewend het met die laasste verkiesing.

Hou maar lekker dop, ANC Lite.

Eragrostis ·

Die DA is opportuniste wat nou probeer stemme werf deurdat hulle vir die blanke deel van die nasie probeer wys dat hulle skielik belangstel in sake waar hulle eintlik verontreg is. MAAR, wat van al die vorige sake waar die DA hul rug teen die blanke gedraai het, en daardie sake stilletjies onder die mat gevee is in die hoop dat almal dit sal vergeet, maar steeds niks daaraan gedoen het nie? Dis nou gevalle soos toe die DA jeugleier, Luyolo Mphithi, sommer Elana Barkhuizen se naam bekend gemaak het en haar as ń rassis bestempel het op Schweizer-Reneke. Tans is hy steeds die DA jeugleier; Toe Mmusi Maimane rassistiese uitsprake gemaak het teenoor blankes nadat Ashwin Willemse valse beskuldigings gemaak het op SuperSport; Toe Helen Zille eerlik en objektief was toe sy genoem het dat daar ook erkenning gegee moet word aan kolonialiste aangesien dit hul inisiatief was dat daar o.a. infrastrukture aangebring is in SA. Die DA het Zille summier uitgekryt en voor ń tugkomitee skuldig bevind.

Drico ·

Klink of DA klaar kant gekies het…en dit klink nie vir my of dit aan die boere se kant is nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.