DA gekap oor brief vir verkiesingswaarneming

(Foto: GCIS)

Die DA se versoek aan die internasionale gemeenskap om die komende verkiesing waar te neem, het ʼn politieke herrie ontketen.

In ʼn brief aan Antony Blinken, Amerikaanse minister van buitelandse sake, vra die DA vir internasionale hulp “om die integriteit” van die verkiesing te verseker en “te beskerm teen enige pogings om die demokratiese proses te ontwrig”.

Die DA voer aan die komende verkiesing is die belangrikste nog sedert die aanvang van demokrasie in 1994 en dat die ANC vir die eerste keer minder as 50% van die steun kan kry.

Die DA voer ook verder aan dat die nuutgestigte uMkhonto weSizwe- (MK-)party van oudpres. Jacob Zuma ʼn risiko kan inhou vir die vreedsame aard van die land se politieke diskoers.

Die ondersteuning wat Suid-Afrika van lande oor die wêreld heen ontvang het met sy oorgang na demokrasie in 1994, is volgens die DA nou net so nodig soos wat dit destyds was.

“Dit is ons standpunt dat namate die regerende elite meer desperaat word om steun te behou voor die komende verkiesings, hulle dalk bereid sal wees om hul eng politieke belange bo ons land se breër belange en grondwetlike waardes te stel. Hier sien ons ʼn toenemende bereidwilligheid by die ANC om alliansies te sluit met boosaardige internasionale rolspelers, wie se regimes gekenmerk word deur tirannie, terreur en onderdrukking,” lui die brief.

Naledi Pandor, minister van buitelandse sake, het die DA se versoek as “verstommend” beskryf. “Om so ʼn brief te skryf … is nogal verbasend en ʼn neerhalende houding en stelling oor Suid-Afrika,” het Pandor aan die SAUK gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het die DA daarvan beskuldig dat hy die land wil “verkoop” en gesê internasionale waarnemers monitor altyd die verkiesings.

Emma Louise Powell, DA-LP en die party se woordvoerder oor buitelandse sake, meen die reaksie op die DA se brief wys egter dat daar ʼn senuwee raakgeboor is.

“Dit is duidelik dat hulle iets het om weg te steek, gegewe hul woeste reaksie op wat ʼn standaardversoek wêreldwyd is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jack ·

Ons het LANKAL gesê dat enige verkiesing in Afrika moet deur deur NIE afrikane gemonitor en behartig word.Indien nie sal daar altyd insidente van korrupsie wees.Al kom jy dit voor die tyd agter of na die tyd.Hierdie mense kan nie met enige iets vertrou word waar integriteit belangrik is nie.So DA vra maar rond en hoop maar want soos wat die OVK nou aangaan sal ek nie ‘n regverdige en selfs geloofswaardige verkiesing in die vooruitsig stel nie.Verwag kiesersbokse met stemme wat gaan opduik in dame,slote,onder brue,op ashope ens.

Anel ·

As hul niks gehad het om weg tevsteek nie , sou hulle die versoek verwelkom het. Of hulle is dalk vies omdat hulle nie eerste so ‘n versoek gerig het nie. Met die a en c weet mens nooit nie. Al wat mens weet is dat hulle nie vertrou kan word nie.

Helien ·

Die ANC was nog nooit eerlik nie. Ons moet bid en Vader vra, om vir ons die regte mense te stuur. Om ons mense gesond te maak, en die land weer heel te maak.

Griesel ·

“… en ʼn neerhalende houding en stelling oor Suid-Afrika,”

Wat sê jy my nou? Sou dit nooit kon dink nie.

Christo ·

Ek sidder om te weet wat by plattelandse stembusse gaan gebeur en wat met enige stemhouer gaan gebeur as dit die lokaal velaat

Witwax ·

Ek stem, hulle moet kom dop hou hier. Herdie verkiesing gaan nie regverdig wees nie.

Michael ·

Ek sou ook vir Israel gevra het om onafhanklike waarnemers te stuur die anc kan en moet nie vertrou word nie.

Tinus ·

Die ANC is mos hierdie eerlike organisasie, nie een minister is korrup nie en nie een van hul lede was betrkke by staatskaping nie. Engeltjies wat altyd die beste vir hul vriende, soos die Palestyne, soek. Hoe kan ons hulle nou so wantrou?

Andries ·

EINA! Hoe seer maak di waarheid toe ni?
N Adjunk minister onder wie se wag miljarde Rand “verdwyn” het, betaal n “boete” van ni eers R200 000 (maand salaris) – klink my na n baie besondere – “winskoop”
Hoe kan regering enigsins verwag dat kiesers Ni besorgd oor di komende verkieding sal wees ni?

Papsak ·

Dankie DA doodreg laat julle iemand ansers wil in kry om regverdigheid te laat geskiet met verkiesing bly laat hulle net nie iemand van hier kry om toesig te hou oor verkiesing anders word daar weer gekroek met stemme want dit gebeur nog elke verkiesing of stembriewe raak glo weg doodreg laat waai met iemand anders net nie iemand van die anc nie !!!!!!

Marthinus W ·

Is Amerika n demokrasie? Is hulle verkiesings vry en regverdig? Ek glo nie. Donald Trump boer die afgelope ses maande meer in die hof as in sy toilet – net omdat hulle hom nie wil toelaat om aan n verkiesing deel te neem nie. Ek sien hierdie brief van die DA as n manier om ons land te verkoop aan Amerika. Dis eintlik n vorm van sedisie. Dis n klap in die gesig van mljoene SAners wat hard werk om n volwasse, liberale demokrasie hier t evestig. Die kruks van die saak is dat die DA dink hulle sal die land beter kan regeer. Dis een ding om n provinsie te regeer; n ander om n land te regeer. [Hoekom het hulle Jhb en Pretoria verloor, as hulle kamstig so goed is?]

Alex ·

Maak die waarheid die ANC nou baie seer? Is hulle bang hulle word uitgevang bedrog pleeg tydens die verkiesing? Ag shame…

Anon ·

Marthinus W, na watter demokrasie verwys jy dat jy voel dis ‘n klap in almal se gesig wat hard werk? Ons is vêr van ‘n demokrasie en is dit slégs op skrif en nie in praktyk. Die D.A is beslis ‘n beter vooruitsig as ANC of EFF en glo my, hulle skrewe bring aandag na dinge wat aandag móét geniet. Besef jy hoeveel van die jongmense hang EFF aan, het jy gesien hoeveel hulle gegroei het? Dink jy werklik ons gaan ‘n demokrasie kan verseker as ons nie nou al vooruit dink nie? Wat Pretoria en Johannesburg se verlies vir DA betref, kan jy mos vir jouself dink wat aangaan.

Sê maar net ·

Pandor, julle het baie om weg te steek en lewe in ‘n gekkeparadys, op die “gravy train”….Ek hoop en bid die versoek van die DA, word toegestaan. Uitstekende plan.

Jan Jacobs ·

Blinken en Biden kook hulle eie verkiesings, nou wil die da wolf skaap wagter maak.

Jacobus ·

Marthinus W van watter demokrasie praat jy van om hier te vestig? Die land is veronderstel om die afgelope 30 jaar al demokraties regeer te word. Daar is geen verskil om n provinsie ordentlik te regeer as om die land te regeer nie, kyk maar na die oudits wat elke jaar gedoen word waar die DA beheerde provinsies loshande wen. Jy leef nog altyd met oogklappe aan.

JohanR ·

Veral met die ANC sou ek ook vra dat iemand van die buiteland ‘n ogie hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.