Die Mail & Guardian het Vrydag ʼn berig op sy voorblad gedra getiteld “Uproar over Maimane’s ‘lessons’ with FW”. Die berig het Vrydagoggend vinnig tot ʼn herrie op sosiale media gelei nadat Maimane en die DA se woordvoerders die berig as onsin afgemaak het.
“Terwyl rassespanning in die land toeneem, weier die DA-leier om kommentaar te lewer op wydverspreide bewerings in die party dat hy ‘leierskaplesse’ ontvang van apartheidsera-president De Klerk,” berig die weeklikse koerant op sy voorblad.
Maimane het egter teruggekap op Twitter en gesê die berig is loutere onsin. “As leier van die opposisie, ontmoet ek gereeld met voormalige leiers en staatspresidente. Ek het oudpres. De Klerk een keer in 2014 ontmoet, net soos ek onlangs met oudpres. [Thabo] Mbeki ontmoet het. Dit is nie ʼn storie nie.”
Volgens die Mail & Guardian se berig het vier bronne in die DA se binnekring glo bevestig Maimane het verskeie kere met De Klerk ontmoet.
Verashni Pillay, redakteur van die Mail & Guardian, het intussen ook op Twitter gesê hulle volstaan met die berig en diegene wat nie daarmee saamstem nie, is welkom om die persombudsman of die howe te nader.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
60 Kommentare
Die moddergooiery. Maar waar ‘n rokie is …..
Ag dis seker nou weer storie van die ANC. En hulle kry “leierskap” klasse van Mugabe. FW was nou nie veel van leier nie so weet nie wat DA so vreeslik by hom kan leer nie.
Hy is op die regte pad , praat met mense wat weet hoe om n nasie te lui nie soos sommige mense nie . Hy het nog baie om te leer maar om met mense te praat wat iets weet kan hy net better .
Hierdie storie illustreer duidelik hoe laag die vlak van politieke debat in hierdie land gedaal het. Die media speel ongelukkig ‘n groot rol daarin. Is daar niks meer belangriks wat in SA aangaan nie. Hoe kan enigiemand met ‘n bietjie verstand hulle tyd op sulke twak mors.
Die DA sal, as dit waar is, al sy blanke kiesers verloor. Die blanke is KEELVOL vir FW. hy moet hom besig hou by sy aftree-oord se tuine!