Willem de Klerk, seun van oudpres. FW de Klerk, is Dinsdagaand in die ouderdom van 53 oorlede.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "FW de Klerk"
Vryspraak: Sommige Afrikaners se ‘Nuwe Seisoen van Berou’
Die enigste probleem is: ons het dit al gedoen en om by herhaling vir dieselfde ding om verskoning te vra, maak nie net die aanvanklike verskoning verdag nie, dit ondermyn ook die geloofwaardigheid van elke verskoning daarna.
Podlitiek: Zille verlaat Twitter en FW laat verskeie bitter
In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span Helen Zille se besluit om haar van die sosiale mediaplatform Twitter te onttrek asook hoe ons na ons land se geskiedenis moet kyk na aanleiding van die afgelope week se debat oor die opmerkings deur FW de Klerk.
Nuuskommentaar: Tegnologie vervang dikwels feite met fopnuus
Hoekom vind baie mense dit onmoontlik om die waarheid te glo en eerder fopnuus te aanvaar?
FW gekap oor ‘halfgebakte’ verskoning
Politieke partye is steeds vies vir oudpres. FW de Klerk al het hy om verskoning gevra vir sy gewraakte stelling oor apartheid.
‘De Klerk moet Nobelprys teruggee’
Die Jong Kommunisteliga wil sommer hê De Klerk moet van strafbare manslag aangekla word.
ANC veroordeel FW de Klerk-stigting se uitlatings oor apartheid
Die ANC het ʼn verklaring deur die FW de Klerk-stigting veroordeel wat “ontken dat apartheid ʼn misdaad teen die mensdom was”.
De Klerk-stigting reageer op EFF-aanval
Die FW de Klerk-stigting het EFF-leier Julius Malema se aanval op die voormalige president veroordeel as “boelietaktiek om die demokratiese prosesse te ontwrig”.
Staatsrede: SA demokrasie bereik draaipunt
Dit was ʼn aand waarop die middelpunt van die Suid-Afrikaanse politiek onteenseglik na links geskuif het.
Apartheid, FW en die ANC: Vier mites aan die kaak gestel
Die eerste mite, is dat De Klerk willens en wetens die “volk” uitverkoop het, ʼn verraaier was (en is) en ten minste onverantwoordelik opgetree het.
EFF vs Ramaphosa: Dis oorlog!
Die EFF het ook ʼn vurige aanval op oudpres. FW de Klerk geloods.
Beste FW, sê dan ten minste ‘Oeps!’
Die MRK se bevinding dat die EFF-leier, Julius Malema se uitlatings dat “die keel van die wit man afgesny moet word” en dat hulle “ten minste nie nou al vra vir die slagting van wit mense nie” het ʼn paar vrae laat ontstaan.
Om ‘ja’ of ‘nee’ te gestem het
Wat myself betref, het ek nou uiteindelik iets konkreets om myself teen nee-stemmers te verweer, deur te kan bewys dat ek bevark is. Of kan ek? Referendums in Suid-Afrika is van vroeg af deur politici misbruik, skryf Herman Toerien.
In grys se duisende skakerings…
Ons Suid-Afrikaners is dikwels geneig om die wêreld as ’n swart-wit-plek te sien, ’n plek waar jy voortdurend absolute goedheid teenoor absolute boosheid kry. Uiteraard moet jy die kant van absolute goedheid (wat meestal jou eie kant is) kies teen die kant van absolute kwaad, oftewel die ander kant.
FW de Klerk uit hospitaal ontslaan
Die oudpresident het Saterdag ʼn operasie ondergaan.
FW geopereer, sterk aan in hospitaal
Hy sal na verwagting in die loop van die komende week ontslaan word.
FW de Klerk en die TV-debuut
“Ek peper hom met die vrae. Maar hy is koelkop en laat hom nie van stryk bring nie. Hy stel Sasol en Suid-Afrika se saak klinkklaar.”
Nuuskommentaar: Kom FW se erkenning ’n kwarteeu te laat?
In ’n artikel het oudpres. FW de Klerk die mening uitgespreek dat sake by die onderhandelings vir ’n nuwe grondwet nie so flink verloop het nie, en dat FW se onderhandelaars deur dié van die ANC getroef is.
Nuuskommentaar: FW en die stryd om Afrikaans
Die gereelde kritiek van FW de Klerk en die FW de Klerkstigting op die ANC, het onlangs kritiek van die ANC ontlok. Maar kan die Afrikaner sy belange legitiem bly opeis sonder dat die FW de Klerkstigting, as laaste bastion van die onderhandelinge van Afrikanerbelange by Kodesa, nie ook gesag daaraan gee nie?
‘De Klerk sou in die tronk wees as ek president was’
Julius Malema, leier van die EFF, het Maandag ná sy verskyning in die Bloemfontein-landdroshof gesê oudpres. FW de Klerk sou in die tronk gewees het as sy party aan bewind was.