DA: ‘Ramaphosa moet kies’

John Steenhuisen, leier van die DA. (Foto: DA/Twitter)

Kaderontplooiing is staatskaping, en pres. Cyril Ramaphosa sal in die staatsrede moet kies tussen landsbelang aan die een kant, en ANC-eenheid aan die ander kant, meen die DA-leier, John Steenhuisen.

Hy het Maandag in ʼn aanlyn toespraak wat die DA die “ware staatsrede” noem grootliks kritiek op die ANC uitgespreek.

Pres. Cyril Ramaphosa lewer as verkose staatshoof die eintlike staatsrede Donderdagaand.

Steenhuisen het gesê mense moet ophou onderskei tussen ʼn “goeie ANC” en ʼn “slegte ANC”. Ramaphosa het, so het die DA-leier uitgewys, reeds in 2018 die Mufamadi-verslag oor strafregtelike optrede in die Staatsekerheidsagentskap ontvang, waaronder die onthullings oor die rol van die destydse direkteur-generaal van staatsveiligheid, Arthur Fraser, en die voormalige minister van staatsveiligheid, David Mahlobo.

“Eerder as om hulle af te dank, het pres. Ramaphosa hulle beloon, welwetend wat in die verslag onthul is. Fraser is direkteur-generaal van korrektiewe dienste gemaak, en Mahlobo ʼn adjunkminister,” het Steenhuisen gesê.

Hy het die probleme met betrekking tot staatskaping en swak regering teruggespoor na die ANC-beleid van kaderontplooiing, en uitgewys hoe dit uitwaaier na die krisis by staatsbestuurde ondernemings.

“Pres. Ramaphosa was van 2014 tot 2018 voorsitter van die ANC-ontplooiingskomitee en daarna president van die land. Van die swakste aanstellings is deur hom gekoördineer,” het Steenhuisen gesê, en op ʼn meritokrasie – waar meriete die enigste maatstaf is – aangedring.

Die DA-leier het gesê die ekonomie kan nie langer deur die Covid-19-pandemie ingehok word nie. Die DA sal dus hierdie week ʼn gedetailleerde beleidsplan vir elke sleutelportefeulje in die kabinet daarstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Werner ·

Weet die DA is stadig om n ding te snap maar ou Cyril het die ANC gekies hoor hy het so gese

Samuel ·

Daar is mense wie se begrip nog stadiger is as die DA s’n.

Mariana ·

Land vs ANC, geen keuse, hy sal altyd ANC kies, nes die voor hom.

SomeOne ·

daars nie ‘n manier wat hy sal kies nie, hy sal nie sy party aan die kortste end laat trek nie

Samuel ·

Ek het begrip vir Steenhuisen se redenasie, maar mens kan verseker wees dat CR níé die land se belange bo die ANC s’n sal stel nie. Daarteenoor, sal die VF+ of DA landsbelange bo partybelange stel? Ek twyfel.

Boerkind ·

Wel die kanse is darem seker 99% beter… Of hoe? Daar is mos ‘n track record??

My siening ·

Kies cyrel anc of SA of is jy bang vir die wat jy beskerm, hulle gaan jou seer byt en die land nie anc glo jou nie meer een oomblik nie!

Boerkind ·

John Steenhuisen… jy weet wat om te doen – BREEK WEG van die skandale (ANC / EFF) – jy weet moes woorde help nie – hulle het GEEN morele kompas en standaard nie – GEEN!! Die Wes Kaap moet weg van daardie klomp ^&* en ‘n eie regering vorm… Tyd raak min!

Baardman ·

En die beleidsplanne gaan net so aanvaar word…. dream on.

gpsa ·

Die eed wat hy afgele het was om landsburgers te dien en te beskerm, nie om die ANC te beskerm nie. Dan beteken die eed mos niks?

john ·

die ANC is dan die groot melk koei sal altyd verkies word bo die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.