DA se John Steenhuisen kom in Oekraïne aan

Die DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Courtney Africa/ANA)

John Steenhuisen, leier van die Demokratiese Alliansie, het Sondag in Lwif in die weste van Oekraïne aangekom vir ʼn ses dag lange toer van verskeie dele van die land – hoofsaaklik rondom die hoofstad Kiëf.

“Ek wil myself vertroud maak met die situasie in ʼn land wat al meer as twee maande lank onder beleg is deur die Russiese weermag,” het hy in ʼn verklaring gesê.

Hy sal deur die loop van die week verskeie vlugtelingekampe besoek en met verskeie burgemeesters, goewerneurs, sakeleiers, studente en gewone Oekraïense burgers vergader om “eerstehands die impak te sien van die Russiese inval en voortgesette besetting van dele van Oekraïne”. “In die era van vals nuus en propaganda is dit die enigste manier om werklik te weet wat gebeur.”

Steenhuisen sê sy voorganger en bielie van Suid-Afrikaanse liberalisme, Helen Suzman, het dié slagspreuk aangehang. “Sy het gereeld hierdie raad aan ander gegee: ‘Gaan kyk vir jouself. Moenie aanvaar wat die pers vir jou sê nie. Moenie aanvaar wat ander mense vir jou sê nie. Gaan kyk vir jouself.’ Dit is die doel van my besoek. Ons is dit aan die mense van Oekraïne verskuldig om die ongefiltreerde waarheid te vertel oor dit wat daar gebeur sodat die wêreld verenig kan staan en hierdie ongeregtigheid tot ʼn einde te bring.”

Hy sê dit is ook belangrik om in gedagte te hou dat ons in ʼn “super-verbinde wêreld” woon waar ontwrigtings in een deel rimpels oral elders veroorsaak. “Rusland se besetting van Oekraïne is nie ʼn Europese probleem nie, dit is ʼn wêreldwye probleem. Dit uitkring-effek van dié oorlog op ons eie brandstof, mielies, kookolie en kunsmispryse sal arm Suid-Afrikaners diep tref.

“Ons durf nie voorgee dat hierdie oorlog niks met ons te doen het nie. En ons durf nie voorgee dat dit lofwaardig is om ‘neutraal’ te bly in hierdie situasie nie. Wanneer ons duidelike en onteenseglike bewyse het van ongeregtigheid, is ons dit aan die slagoffers verskuldig om kant te kies en iets te sê.”

Steenhuisen het onderneem om oor die volgende ses dae gereeld terugvoer te gee oor sy besoek soos wat sy skedule dit toelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

annie ·

Dalk stem een of twee meer vir hom ná hy hoop die vernaamheid van Zollywood-aanhangers smeer aan hom af met sy besoek. Miskien moes John gewag het om gelyktydig met die Pous en die Queen op te daag. Zolly op sy filmtrollie as sy party se The Servant of the People is iets om te aanskou veral as jy dit nie waag om uit Kaapstad te move om ander politieke basisse in jou eie land te besoek nie. Is Helen ook saam vir oudiënsie voor the Man of the Moment? As hy dalk tyd kry. Sy film kom eerste en $$$$…

Thom ·

Die ” akteur “, volgens jou , is besig om die oorlog teen diie magtige Rusland te wen maar jy wou natuurlik gehad het dat hulle geen weerstand moes bied nie ___ foutjie van jou en jou moordenaar-held !

Marthinus W ·

Elenski wen die oorlog op twitter en sosiale media; Rusland het die militere oorlog gewen. Die twitterati wil dit net nie erken nie; dis hulle wat die werklikheid in die gesig moet staar. As Steenhuisen terug kom, sal ons verwag dat hy hom gaan vergewis van die plaasmoorde hier by ons.

Thom ·

” Rusland het die militêre oorlog gewen ” ___ droom voort.

Thom ·

John , die meer as 3000 dooie burgerlikes , verkragte vroue en 150, 000 Russiese soldate in ‘n land waar hulle niks belang het nie , sê meer as genoeg.

Andre ·

Soos SA wat in buurlande betrokke was om sy eie veiligheid te probeer verseker het.

Papsak ·

John julle doen niks vir SA nie maar julle hardloop om ander lande te help en te beindruk ag weet jy patete

Joe Olivier ·

Dis interessant dat hy vir Helen Suzman aanhaal wat gesê het “kyk dinge vir jouself uit”. Nou wonder ek maar net hoekom sy nooit vir haarself gaan kyk het hoe lyk Afrika waar die witman uitgeskop of vermoor was nie, voordat sy so graag ons dieselfde pad help stap het nie. Ek sal nooit die liberales verstaan nie.

Witbaard ·

Nou presies wat wil jy daar uitrig? jy het geen seggenskap daar nie. Hou liewer in jou eie land vakansie as jy wil, dan spaar ons belastinggeld.

Robert ·

Hier is belangriker sake op tuisbodem. Maar hy gaan nou vir sy WEF maatjies kuier.

VaalDonkie ·

Hy gaan in elk geval rondgelei word deur zelenski se mense wat hom net gaan wys wat hulle wil he hy moet sien.

wildtuin ·

Wil hy nes die Hollywood crowd homself bemark? Gee eerder ernstig aandaag aan SA se dringende vraagstukke. Ek se reguit Rusland is nie die enigste vark in die verhaal nie, daar is ander ook, Oekraine is vasgevang in ‘n magstryd tusseen 2 magsblokke in die wêreld, waarin daar vere gevoel word vir Oekraine. Ek glo VSA, Briitanje en die weste stel meer belang daarin om Rusland te verswak en dus dat die oorlog uitgerek word, hiermee sê ek nie Rusland is engeltjies nie.

Lillian ·

Probeer hy nou stemme werf? Julle het jul aanhangers gefaal en doen niks juis in SA vir jul eie mense maar nou mors jy geld om oorsee te gaan rondhang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.