DA verkla Blade by Verenigde Nasies

Dr. Blade Nzimande. (Foto: GCIS)

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Maandag ’n klag by die Verenigde Nasies se Organisasie vir Opvoedkunde, Wetenskap en Kultuur (Unesco) aanhangig gemaak teen die Suid-Afrikaanse regering en die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande.

Die DA versoek met die klagte dat die VN ingryp om Nzimande en die regering te dwing om Afrikaans sowel as die Khoi-, San- en Namatale as volwaardige inheemse Suid-Afrikaanse tale te erken in die nuwe Taalbeleidsraamwerk vir Hoër Onderwys.

Volgens UNESCO se klagteprosedure moet die Suid-Afrikaanse regering binne drie maande reageer op die DA se klag dat Nzimande se klassifisering van hierdie tale as “uitheems” artikels 26 en 27 van die Universele Verklaring van Menseregte verbreek. Hierdie artikels stipuleer dat almal die reg op opvoeding het, dat hoër onderwys vir almal beskikbaar moet wees op grond van meriete, dat onderrig gebruik moet word om “begrip, verdraagsaamheid en vriendskap tussen alle nasies, rasse of etniese groepe [te] bevorder” en dat almal die reg het om vrylik aan die kulturele lewe van hul gemeenskap deel te neem.

“Die DA glo dat die haatlike klassifisering van Afrikaans sowel as Khoi-, San- en Namatale as ‘uitheems’ al hierdie waardes verbreek,” sê Leon Schreiber, die DA se kiesafdelingshoof in Stellenbosch. “Die doel van Nzimande se Taalbeleidsraamwerk is om ‘inheemse tale as tale van die akademie, onderrig, leer en kommunikasie aan Suid-Afrikaanse universiteite’ te ontwikkel en versterk. Die uitsluiting van sekere tale uit die definisie van ‘inheemse tale’ beteken dus dat hierdie tale uitgesluit word uit die beleid se pogings om Suid-Afrikaanse tale te ontwikkel en versterk.”

Schreiber voeg by pres. Cyril Ramaphosa het ook reeds erken dat Afrikaanssprekendes “bang en bekommerd” is oor die implikasie van die wanklassifisering. Die rede hiervoor is dat die klassifisering van Afrikaans sowel as Khoi-, San- en Namatale die indruk skep dat die sprekers van hierdie tale op die een of ander manier “uitheems” of “vreemd” is aan Suid-Afrika, en dus nie werklik hier hoort nie.

“Hierdie poging om sekere landsburgers as ‘vreemd’ te klassifiseer druis lynreg in teen artikel 26 se stipulasie dat onderwys gebruik moet word om ‘begrip, verdraagsaamheid en vriendskap’ te bevorder.”

Laastens sal die Taalbeleidsraamwerk ook daartoe lei dat die regering minder hulpbronne beskikbaar maak aan tale wat hulle beskou as “uitheems”, sê Schreiber. “Daardeur sal die sprekers van Afrikaans sowel as Khoi-, San- en Namatale ontneem word van die hulpbronne wat hul benodig om die kulturele lewe van hul gemeenskappe te onderhou – in direkte teenstelling met artikel 27 van die Universele Verklaring van Menseregte.”

Die DA is genoop om hierdie klag te lê nadat dit duidelik geword het dat die regering weier om hierdie wanklassifisering reg te stel. Die DA het reeds drie maal aan Nzimande geskryf met die versoek om die definisie reg te stel. “Ons het ook ’n klag by die Menseregtekommissie ingedien, ’n openbare petisie oorhandig en aan pres. Cyril Ramaphosa daaroor geskryf. Die regering het gekies om hierdie pleidooie te ignoreer – wat ons met geen ander keuse laat as om die internasionale gemeenskap te nader om hulp nie.

Ons versoek aan die VN beklemtoon ook die dringendheid van die saak.”

Die nuwe Taalbeleidsraamwerk tree in Januarie 2022 in werking, en die DA hoop dat die internasionale gemeenskap die party sal help om die regering te dwing om voor daardie datum Afrikaans sowel as Khoi-, San- en Namatale as volwaardige inheemse tale te erken wat ook geregtig is op ondersteuning en erkenning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Danie ·

En dit gebeur in SA terwyl ek onlangs met n persoon gesels het wat in Botswana woon wat sê dat Afrikaans geklassifiseer is as n inheemse taal in Botswana.
Ons politici het ekskreta vir breins.

Shakespeare ·

Die regering is baie bang vir Afrikaans sprekendes want hoekom probeer hulle hul bes om ons almal te degradeer en uit te roei ???? 50milj teen 4milj ?? Verfoeilike lafhartige klomp idiote.

Corne123 ·

Ag asb tog wat gaan dit help? Kom ons wees eerlik met mekaar wie gaan SA help niemand klagtes word orals gelê en wat kom daarvan net mooi niks dit hoekom dit gaan soos dit daan ins SA

piet ·

Die DA sal iets regkry, hulle het darem ten minste ‘n beduidende ondersteuningsbasis en is die amptelike opposieparty.

Kerneels ·

Ai Corne, ek het altyd my kinders geleer: as jy nie eens probéér nie, het jy klaar verloor.

anniekiewiet ·

Waar het die anc hulle al gesteur aan wat die res van die wêreld van hulle dink. Die regering gebruik die buitelande net vir hul eie kommunistiese agenda, soos dit hulle pas. Mooi geleer by die ou kommunistiese lande, maar te onnosel om die besef van kommunistiese mislukkings in te sien en te erken.

annie ·

Niks in SA gebeur of word beplan sonder ‘n ander rede nie. Indien Afrikaans en sekere ander tale as uitlandig verklaar word dan het die sprekers ook nie gelyke burgerregte nie en hul besitting hier bekom, daarvolgens nie hul eiendom nie. Ons weet wat dit beteken. Wat mens dan sou wou vra is hoekom praat soveel swartmense Engels? Beteken dit dat hul aan Britte plaaslike eiendomsreg toeken op grond van die benutting van hul taal en swartes weer Britse burgerskap bekom op grond van Britte se Afrika-verblyfsreg?

Tanja ·

Ek het nog altyd gewonder waarvoor staan diè Dr. voor Blade se naam?

Kokerboom ·

Deur volgehoue druk toe te pas gaan die kaders een of ander tyd knak. Verhoog net intensiteit konstant

Yvonne ·

Hulle ken net van vernietiging van enig iets wat nog werkbaar is…..en hy geniet nog steeds die luuksheid wat hy op n skinkbord gekry het….pfff

piet ·

Hoe vermetel en arrogant kan jy wees om van SA se eerste tale soos Khoi en San te onken. Lank voor hier enige swart taal hier gepraat is,

Grassie ·

Met ‘n geharde kommunis, die aartsvyand van die Afrikaner, in beheer van tersiëre onderwys in ons land glo ek nie die DA gaan enige sukses behaal nie.

Zilla ·

Die enigste ‘uitheemse’ taal is Engels. Tog word dit op ‘n ‘pedestal’ geplaas en almal gedwing om dit te leer, praat en onderrig daarin te ontvang

gatgogga ·

Al gaan daar dadels van kom, dit is nodig om sulke onregmatighede knaend op rekord te plaas. Ons kan so ‘n rekord dalk nog vorentoe nodig kry.

Swerwer ·

Hoe verwag jy dat waar opvoeding ontbreek het, geregtigheid sal geskied. Eienaardig dat hul nog nie Engels ook as ‘n uitheemse taal beskou nie.

JohanR ·

Hierdie kommunis sal NOOIT en NOOIT en NOOIT die Afrikaner taal dood maak nie! Ek praat, lees en skryf in Afrikaans elke dag. As jy Afrikaans wil doodmaak dan moet jy mense soos ek, en miloene ander doodmaak. Hulle noem die genocide ou Nzimande!

Spearhead ·

Nou wonder ek. Is Engels nie ook ‘n uitheemse taal nie? Engels het na 1652 hier aangekom.
Wonder maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.