DA verloor bestuur van dié Wes-Kaapse munisipaliteit

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Die ANC het ʼn munisipaliteit in die Wes-Kaap voor die Demokratiese Alliansie weggeraap.

Die ANC het genoeg stemme gewerf om beheer oor te neem van die Matzikama-munisipaliteit (Vredendal) in die Wes-Kaap.

Die DA-koukus in Matzikama het ʼn mosie van wantroue ingedien teen sy burgemeester, Rhenda Stephen. Stephen het na bewering bedank en die burgemeesterspos is vakant gelaat. Die nuwe burgemeester is die ANC se Hennie Nell, wat teen die DA se Johan van den Hoven gewen het.

Die DA se omstrede “aanspreeklikheidsklousule”, wat drie maande gelede in Pretoria aanvaar is, het tot mosies van wantroue gelei teen leiers by DA-rade. Die beleërde Kaapstadse burgemeester Patricia de Lille het ʼn mosie van wantroue oorleef nadat dit Woensdag teruggetrek is. In Knysna het DA-burgemeester Mark Willemse ook ʼn mosie van wantroue oorleef wat deur lede van sy eie party teen hom ingedien is. Die mosie kon nie ʼn kworum bereik nie, grootliks as gevolg van opposisiepartye wat nie opgedaag het om te stem nie.

Die DA se federale uitvoerende komitee het die nuwe klousule verdedig en gesê dit verseker dat leiers aanspreeklik gehou kan word.

Die ANC het die nuwe burgemeester in Vredendal verwelkom en gesê die DA is “gebreek” en “verloor steun”.

Intussen het die IVP ʼn ANC-wyk tydens munisipale verkiesings in KwaZulu-Natal gewen. Die IVP het genoeg stemme gewerf om die Mthonjaneni-munisipaliteit (Melmoth) se bestuur oor te neem. “Die IVP het 57.19% van die stemme gewerf,” het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Donderdag gesê.

In Noordwes het die ANC sy wyk 19 by Mafikeng-munisipaliteit behou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Siek en sat ·

DA julle beter julle sokkies optrek as julle in die toekoms iets in hierdie land wil bereik. ANC breinspoel mense met beloftes wat net nooit waar gaan word nie en dan werf hulle stemme.

Etienne Prinsloo ·

Ferdi, put your money where your mouth is, stem ANC met die komende verkiesing. Maar moet nooit weer die ANC kritiseer nie. Jy weet mos, hulle gee so baie vir die paddas in die pot om.

Boerseun ·

Nou hoekom moet hy ANC stem? Nêrens het hy gesê hy gaan ANC stem nie.

riaan ·

Stem saam! DA voel vere vir blankes veral in Tshwane!! hulle is ook te arrogant om te leer.

Willem ·

Die DA is sy eie grootste vyand. Die party strompel voort van die een selfgeskepte krisis na die volgende.

Afrikaan ·

Teen die tempo wat Maimane eiehandig die DA afbreek, is dit geen wonder. En hierdie is net die begin!

Wysheid ·

Dis wat gebeur n party teen homself begin opstaan.
DA begin nou sy ware kleure wys!

Rupert Ashford ·

So die DA is nou besig om sukses te behaal in sy oorgang van ‘n liberale Suid-Afrikaanse party na ‘n ” African Party” ala die freedom charter. En die “aanspeeklikheids klousule” was grootliks gemik teen een persoon was dit nie? Wonder wat doen sy deesdae nadat hulle haar uitgewerk het? Oepsie…?

Die waarheid ·

Dit wil vir my nou begin lyk of Maimane in daardie pos geplaas is deur iemand met die opdrag om die DA te vernietig. Net soos Ramaphosa was almal in die begin gaande oor hom en mettertyd verander hy alles sodat die DA uitmekaar val. Die tragiese is dat die blankes wat hoe poste beklee in die DA al die goed opeet vir soetkoek net terwille van geld. Nee wat die aanslag is in volle swang op alle alle terreine en die paddas relax nog n bietjie in die lou lekker water.

Annette Groenewald ·

Moenie nou van alle tye die DA verstoot nie, dis mense soos julle wat munisipaliteite laat verloor! Want almal dink dieselfde, staan bymekaar soos die ANC, maak nie saak wat wie gedoen het nie, hulle sal mekaar bly ondersteun!!! Mahimane moes nooit die leisels oorgeneem het nie, maar daaraan kan mens niks doen nie! Nie nou nie!

Riaan ·

Nee Annette! Ek is een van die wat die DA “verstoot” nadat ek in vorige verkiesings vir hulle gestem het. die rede vir my “verstoting” is dat Solly Msimange en sy gang in Tshwane onbevoeg en rasisties is. Ek as blank word as ‘n maklike “cash cow” gesien om miljoene nie-betalende and inwoners te sponsor. Klagtes oor die rekeninge krisis in Tshwane (wit gebiede sonder pre-paid meters) word geignorrer deur Msimanga, Masola (munisipale bestuurder), Banda (Hoof finansieele beampte) en selfs lede van die Burgersmeesters komittee soos Mare-lise Fourie en Cilliers Brink! Hoekom moet ek dan aanhou DA stem as die DA NIKS vir my voel NIE?

Rupert Ashford ·

Riaan, jy moet verstaan jy is in Afrika. Die beste “African Party” gaan nogsteeds net dit wees, ‘n “African Party”. Moenie verwag dat Pretoria ooit weer Pretoria sal wees nie, kyk na die getalle. By die stembus moet jy kies tussen “lesser of a few evils”. Onthou hierdie ouens moet ook weer dink aan die volgende verkiesing, en dit het ook die VF-plus vir ons gewys. Dis Afrika en elke keer as jy gaan stem is dit in die eerste plek ‘n mini-sensus.

Stoffie ·

Die DA is besig om soos Kortbroek se NP vinnig te verdwyn .. Dalk kry Mmusi ook ‘n lekker parlementspossie by die ANC en los hy die paar DA ondersteuners hoog en droog soos wat Kortbroek gemaak het. Eers liberaliseer hulle ‘n party .. foeter hom goed op . maak rassistiese uitlatings teenoor sy eie ondersteuners, vat mense onnodiglik aan .. gaan soek dan ‘n werkie by die ANC en smile breed terwyl die kiesers hulle stemme gemors het. DINK ASB MOOI voordat julle weer DA stem, die DA gaan verdwyn .. niemand het ooit gedink die NP of NNP sou verdwyn nie, en so saam met Kortbroek het die NP/NNP in die stof verdwyn.

Br ·

Stem saam, hierdie is maar net die begin vir onse DA, julle gaan nog baie wyke afstaan, en dit kan julle net voor jul eie deur lê. Ek sal nooit weer DA stem nie, hulle is so besig on binne hul eie party te veg en vergeet waaroor hul eindlik daar is. Nee wat DA ek het jul lankal gegroet.

Deurmekaar ·

Nou wat nou? Wie ondersteun mens as die DA val. Da is besig om Jenga teen homself te speel en begin een blokkie op ‘n slag uit te trek uit die DA toring. Wie wen as die toring val? ANC speel nie eers saam nie

Deurmekaar ·

Nou wat nou. Die DA is besig om Jenga teen homself te speel en begin een blokkie op ‘n slap uit die DA toring uit te trek. En wie wen as die toring val? Die ANC speel nie eers saam nie. Mens wil saam staan maar wie ondersteun mens nou?

Adam ·

Die DA gee lankal nie meer om vir sy Blanke kiesers nie Al waar voor ons goed is is ons geld aan die einde van die maand terwyl die ryk agter geblewendes nog steeds bly waar hulle 24 jaar gelede gebly het want krag en water en heffings is gratis Gaan kyk maar by al die dorpe waar hulle in beheer is Stem gaan maar Cope volgende jaar

Theo ·

Kom ons maak die VF Plus STERK, ten minste stem ons /jy vir jou eie mense, wat n vegter is vir minderhede, Afrikaans, Afrikaanse Skole en wat nie bang is om die ANC tot verantwoording te roep in die Parlement tov plaasmoorde en grondhervorming. Het die DA al ooit vir die behoud van Afrikaans en skole bepleit? NOOIT Word wakker die DA soek net ons Afrikaner stem, maar voel vere vir ons.

Deon ·

Ek en al my vriende het al oorgeloop VF toe, nou moet hulle net selfbeskikking uitvoer dan is ons daar.

Gerhardt Bergh, Saldanha ·

Ja, Die DA se dinge is maar deurmekaar. Baie van ons het gedink hier kom darem een of ander tyd omswaai. Alweer maar net eie gewin . Ek glo nie die DA of ANC gee regtig vir die mense in ons land om nie.

Gerhardt Bergh, Saldanha ·

Ag, Hierdie sogenaamde DA en ANC is net eie gewin. Die ander partye het in elk geval geen kans nie. Maar stem maar eerder vir een van hulle om nie in die twee se band te dans nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.