Die leiers van Brasilië, Rusland, Indië, Rusland, China en Suid-Afrika (Brics) het Donderdag hulself verbind om strategiese vennootskappe te verstewig deur vrede, ʼn regverdige internasionale orde, volhoubare ontwikkeling en inklusiewe groei te bevorder.
Lees meerAlles vir Donderdag 26 Julie 2018
9/11-slagoffer 17 jaar later uitgeken
Die familie van ʼn 26-jarige analis kan uiteindelik berusting kry nadat sy oorskot byna 17 jaar, ná die aanvalle op 11 September 2001 by die Wêreldhandelsentrum, geïdentifiseer is.
DA verloor bestuur van dié Wes-Kaapse munisipaliteit
Die ANC het ʼn munisipaliteit in die Wes-Kaap voor die Demokratiese Alliansie weggeraap.
Soektog na vermiste sesjarige eindig tragies
Die polisie in Mpumalanga is op soek na die persone wat ʼn sesjarige meisie, Noluthando Masango, wat op 21 Julie 2018 verdwyn het, ontvoer en vermoor het.
Verwaarloosde baba kry uiteindelik geboortesertifikaat
Die departement van binnelandse sake het uiteindelik ʼn 18 maande oue baba geregistreer, onder druk van ʼn bevel in die kinderhof.
Honderde behandel ná brand by myn uitbreek
Meer as 100 mynwerkers van Gold One se Modder East-myn in Springs, oos van Johannesburg, word vir rookinaseming behandel ná ’n brand by die myn uitgebreek het.
ToekomsVenster: Volhard in die gebed!
Dank pas by gelowiges. Oorvloedige dank.
Dertien dinge oor die Wimbledon 2018-toernooi
Miljoene tennisliefhebbers was van 2 tot 15 Julie voor die televisie vasgevang om die Wimbledonse tennistoernooi te volg. Hier is ‘n paar interessante feite oor die toernooi:
SA Express sprei weer sy vlerke
“ʼn Sleutelboodskap aan alle operateurs en lugvaartpersoneel is dat finansiële volhoubaard te alle tye versigtig gebalanseer moet word met die noodsaaklikheid daarvan om deurentyd aan aanvaarbare vlakke van lugvaartveiligheid en sekuriteit te voldoen.”
Die wêreld in foto’s – 26 Julie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.
Verkeersligmammas bedel met kinders in die arms
Dit is voorwaar ʼn alledaagse gesig: dié van ʼn bedelende vrou met ʼn baba op die rug, by ʼn verkeerslig. Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Gauteng-Oos kry voortdurend klagtes oor sulke vroue wat baba-op-die-rug by verkeersligte bedel.
Trump sal strategie met Rusland beter moet verpak
Trump se lomp hantering van die beraad met Poetin en die histeriese reaksie van die politieke regeerdersklas daarna wys dat Amerika ’n groter probleem het – hulle het nie ’n duidelike Rusland-strategie nie.
35 vas ná amok op N12
“Een van die winkeleienaars se hand is beseer toe hy probeer het om homself te beskerm teen betogers wat hom met voorwerpe bestook het toe hulle sy winkel bestorm het.”
Man by winkelsentrum geskiet toe polisie hom wou vastrek
“Toe die polisie die man genader het, het hy ʼn vloeistof oor hulle gegooi en gesê dit is benseen.”
Kapenaars gewaarsku oor swaar reën, storms
“Inwoners word gemaan om môre-oggend vir ekstra reistyd voorsiening te maak aangesien die paaie moontlik deur die reënval geraak kan word.”
Boekresensie: Kamp vir monsters
As jy daarvan hou om jouself bang te lees, dan is hierdie boek net vir jou! Slegs die heel dapperes sal die boek klaar lees…
Erasmus ʼn lynstaanbate, maar beseerde Brink sal gemis word
Die Lions het, soos hul teenstanders die Waratahs, net een verandering aan hul span aangebring vir Saterdag (15:05) se halfeindstryd op Ellispark.
Overvaal: Departement kry bloedneus in grondwethof
Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het einde Januarie aangekondig die departement gaan die konstitusionele hof direk nader ná die hooggeregshofuitspraak oor Hoërskool Overvaal. Gewelddadige betogings het vir ‘n week lank buite die skool gewoed.
Klubrondomtalie: Bulle se Carlton kry nuwe baas
Die Blou Bulle se Carltonbeker het Saterdag ʼn nuwe baas gekry.
Video: Man verskyn ná moord op 5-jarige
Die 5-jarige se klere is eers gevind en kort daarna is haar liggaam gevind. Sy is herhaaldelik in die bors gesteek.