DA wil weet wie is SAL se voornemende beleggers

(Argieffoto)

Die Demokratiese Alliansie doen ʼn beroep op die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, om inligting bekend te maak van die privaat vennote wat glo belangstelling toon om in die uitgediende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL).

Adjunkpres. David Mabuza het Donderdag, in reaksie op ʼn parlementêre vraag deur die DA se hoofsweep, Natasha Mazzone, gesê die regering is met die privaat sektor in gesprek om seker te maak die SAL is nie meer afhanklik van reddingsboeie wat deur die belastingbetaler gefinansier word nie.

Dit kom ná Gordhan vroeër vandeesmaand gesê het die regering se gesprekke met privaat vennote is in ʼn gevorderde stadium.

“As daar inderdaad partye is wat belangstelling toon, het die regering ʼn verpligting om die besonderhede bekend te maak van enige ooreenkomste wat moontlik aangegaan word,” het Alf Lees, DA-LP en lid van die staande komitee oor openbare rekeninge, in ʼn verklaring gesê. “Veral in die lig van die immorele R10,5 miljard in staatsgeld wat op dié ydelheidsprojek spandeer is.

Mabuza het Donderdag effektief bevestig dat die sogenaamde “nuwe” SAL eenvoudig ʼn kleiner weergawe van die “ou” SAL gaan wees, voeg Lees by.

“Volgens adjunkpres. Mabuza sal nog ʼn nuwe stel SAL-raadslede oor die volgende paar dae deur Gordhan vir die ‘nuwe’ SAL aangestel word. Hierdie ‘nuwe’ ANC-verkose SAL-raad sal dan weer die volgende ‘nuwe’ stel ANC-kaders met politieke verbintenisse as uitvoerende lede vir die SAL aanstel. Dit sal net ʼn herhaling wees van dit wat al oor en oor gebeur het en wat die belastingbetaler al meer as R30 miljard en meer in reddingsboeie gekos het.”

Lees sê enige persoon wat ʼn aanstelling in die “nuwe” SAL-raad of “nuwe” SAL- uitvoerende komitee aanvaar, sal dit waarskynlik doen tot selfverryking, omdat daar geen persoon, met rasionele denke, buite die ANC, is nie wat nog steeds glo dat:

– Die “nuwe” SAL enige kans sal staan om ANC- politieke inmenging vry te spring;

– Dit moreel regverdigbaar vir die ANC is om nóg R14 miljard op die SAL te spandeer, soos minister Gordhan in November aangekondig het. Dit is geld wat van noodsaaklike dienste geneem is, soos die polisie, onderwys, gesondheid, en ander noodsaaklike dienste.

“Selfs al is daar privaat beleggers, sal dit ʼn wonderwerk verg vir enige ANC-verbonde raad of uitvoerende komitee om die SAL om te keer sonder politieke inmenging en onafwendbare wanbestuur. Die uitgediende lugdiens sal waarskynlik ʼn albatros om belastingbetalers se nek bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Frederik C ·

Die privaat beleggers waarvan gepraat word, is seker die staatskapers….

Persheks Adri ·

Wie gaan so breindood wees om te belê? Ek sidder om te dink…

Stefan ·

Hulle lieg, daar is geen privaat belegger wat belangstel solank as wat die staat betrokke is nie.
As daar privaat beleggers is wat in ‘n lugdiens sou belangstel gaan dit mos baaaie beter wees om van vooraf ‘n nuwe een te begin sonder al die bagasie en staats inmenging wat saamkom met die saa.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ontbind die ou SAL en sit tenders uit vir ‘n hele nuwe private lugdiens. Die bates kan aan die nuwe lugdiens verkoop word om skuld van die ou SAL te delg.

Eend Bessinger ·

Dis tyd om voor te begin, privaat. Die bates kan steeds iets beteken, maar dis tyd vir ‘n splinternuwe baadjie EN lewe.

quartus ·

Ons, die belastingbetalers, is die sogenaamde “beleggers”, ons weet dit nog net nie

Dup ·

Die “nuwe lugdiens” se naam gaan seker ANC AIRLINES wees en die kaders en comrades gaan almal besigheidsklas vlieg op die belastingbetalers se onkoste.

Grassie ·

Ek is bekommerd dat die voornemende belegger dalk die staatsdienspensioenfonds is. Ek kan aan geen ander staatsbeheerde instansie dink waar daar nog ‘n paar rand oor is om te plunder nie.

Pieter ·

Julle ANC bly maar net een groot sirkus als wat julle aan vat verander in gemors

Saartjievandiebosveld ·

Die arme pensionarisse gaan die borge wees….

JohanR ·

Die privaat vennote het ook nie geld nie. Alles is verlore terwyl die ANC in 5 maande die land heeltemal op gebogger het. Ons kan Kersfees 2020 rerig sing “I’m dreaming of a Black Christmas”. Kan ek weer se….Covid-19 did not destroy the economy of South Africa, the ANC did!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.