Daling in kospryse bereik nie verbruikers

(Argieffoto: pixabay)

Brandstofpryse daal die afgelope drie maande en wêreldwyd word die prys van voedselkommoditeite laer en steeds sien Suid-Afrikaanse verbruikers nie ʼn ooreenstemmende daling in kospryse op kleinhandelvlak nie.

Die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group (PMEJBD) se indeks van huishoudelike bekostigbaarheid, wat kospryse van 44 supermarkte en 30 slaghuise op verskeie plekke in die land dophou, wys dat die gemiddelde koste van ʼn huishouding se kosmandjie nou op R4 805,86 staan.

Die mandjie is nou R30,28 duurder (0,6%) as ʼn maand gelede, maar R586,39 duurder (13,9%) as dieselfde tyd verlede jaar.

Die organisasie sê weens ʼn gebrek aan deursigtigheid, kan hy nie bepaal waar in die plaaslike waardeketting inflasie so hardnekkig hoog bly nie.

“Die vraag is of die bedryf die laer koste aan die verbruiker deurgee of nie,” sê die PMEJBD.

Die Reserwebank het die repokoers verlede week met 75 basispunte verhoog en aangedui dat die stap gedoen word om kosinflasie te verlaag.

“As kleinhandelaars inderdaad nie die laer koste deurvoer nie, gaan ʼn verhoging in die rentekoers bloot meer lyding vir die Suid-Afrikaanse verbruiker veroorsaak. Dit gaan ons almal armer maak, werkloosheid moontlik verhoog en die ekonomie verder laat inkrimp – sonder om ʼn uitwerking op die verlaging van voedselprysinflasie te hê.”

Die organisasie sê pleks daarvan om rentekoerse te verhoog, moet ʼn assessering gedoen word om te bepaal waar in die waardeketting inflasie hoog bly en dan daar in te gryp.

In September was daar volgens PMEJBD se opname ʼn styging in die prys van wit brood, uie, wors, tamaties, lemoene en vleisaftrekselblokkies.

Kossoorte wat 3% duurder is, sluit in bruin brood, aartappels, melk, maas en kerriepoeier. Gevriesde hoenderstukke is 2% duurder.

Goeie nuus is dat die prys van kookolie, wat die afgelope paar maande die hoogte ingeskiet het, vandeesmaand met gemiddeld van R20,68 (-9%) per 5 liter-bottel gedaal het. Die gemiddelde prys van ʼn 5 liter-bottel olie is nou R210,86.

Die gemiddelde koste van kernvoedselitems in ʼn huishouding se mandjie – kossoorte wat geprioritiseer word en eerste gekoop word – bly betreklik hoog.

Luidens Statistieke Suid-Afrika se jongste syfers staan kerninflasie tans op 7,6%, terwyl voedselinflasie op 11,5% staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

MARELIZE ·

Voortdurende stakings, eise om hoër lone, gebruik van diesel/petrol om Eskom se beurtkrag te oorkom… is dit regtig ‘n vraagteken?

Hennie Biebouw ·

Ons wéét waarkom die kospryse nie daal nie. Die vier groot kleinhandel rolspelers besit ook die “middelman” entiteite wat gebruik word om die produsente tot in die afgrond in dwing met hul “take it or leave it” koopkrag, en dan bloot die verbruiker, wat moet eet, dood te wurg met prysvastelling en obsene profyt.
Dis nie nuus nie, die resep is regoor die wêreld presies dieselfde.

Thomas ·

Gaan kyk maar na Shoprite/Checkers se wins vir die jaar – daar lê die antwoord.

Hennie Biebouw ·

Hulle gaan vir jou vertel die wins was nie uit kos nie, maar uit hul medisyne en apteek. Covid you know….

Delia ·

Ek lees R29 mil per jaar is die CEO van n groot kettingwinkel se salarispakket gewees. Kan dit waar wees??

Alma ·

Kyk net bietjie as n ding op “special” is, bv koffie. Die special prys R75, eintlike prys R115. Moet my nie vertel hulle gee jou n special teen hul kosprys nie, so op die special se prys is daar ook nog wins. Is dit werklik nodig dat hulle R40 wins op een blik moet maak? Ek verstaan daar is baie onkostes wat n winkel aanbetref, maar regtig die pryse is belaglik!

Windhond ·

Daai vet katte wat die room afskep in beheer van daai selfde supermarkte wat jou trollie vir trollie -net om die hoek belowe – dit is waar julle kan begin kyk – mens hoef nie n chopper pilot te wees om dit te kan uitwerk nie

Waarnemer ·

Ons sal dit nie sien nie want eintlik verdwyn die geld in die kaders se sakke.Die 10 milj wat van China af gaan kom gaan ook soos miis voor die son verdwyn.

Pietertjie ·

Dis niks nuuts of nuus nie, dit gebeur nog altyd. Vandat ons geld-eenheid aan die Amerikaanse petro-dollar gekoppel is en ons aan die nukke en grille van die “wêreldmarkte” uitgelewer is.

Marius ·

Wie moet ons bedank – ANC .
So bly die regering se ondersteuners aan kortste end trek – met alles.
“Shame on you”

Danie ·

Nonsens! Ek is n aartappel boer en teen huidige aartappel pryse kan ek nie eens my insette dek nie. As jy weer in winkel kom, kyk wat jy vir aartappels betaal (veral diegene wat los aartappels per kilo koop) en weet dan dat hierdie boer hierdie week net R4.5 per kilo kry…

Pieter ·

Danie, as ek mag vra, nou hoekom verkoop julle nie direk aan die publiek nie? Ekt al so baie by aartappel boere aangeklop en gehoor of ek direk by hulle kan koop, en almal se antwoord, as jy nie paar honderd sakke koop op n slag nie nie stel ons nie belang nie. Nou hoe nou?

piet ·

Aartappelpryse het nou afgekom nadat dit nie te lank gelede nie verskriklik opgeskiet het. Nou die dag ‘n winskopie by Checkers gewees, R29 vir 7 kg sakkie maar dit was net ‘n naweek special.

Gaitsigubib ·

Wel jou prys is in die kol, so ek maak die gevolgtrekking dat jy afgemerk word deur iemand wat teen Boere is. Ek dink jy is n goeie boer wat jou prys is nie te sleg nie (ek meen in vergelyking met myne). Ek kan vir die afmerker lafaard se, ek hoop jy verstik aan die volgende aartappel!

Lourens ·

Dis tyd om die groot kettingwinkels te boikot en ons produkte by die kleiner besighede te koop, of selfs direk by die boere.
Maar dan moet die boere en klein besighede dit ook vir ons aanloklik maak om eerder by hulle te koop. Dit help nie hulle vra dieselfde pryse as Shoprite/PnP/SPAR nie.

Di ·

STEM! Boere moet begin hulle produkte direk aan die publiek verkoop. Weet dit sal nie maklik wees maar glo dit kan dalk beter oplossing wees vir die boer sowel as die publiek.

Delia ·

Mag hulle. Ek het al gehoor regering verplig dat die produkte mark toe moet gaan

Wildemien ·

As dit maar net toeganklik was. As jy in die stad bly is dit nie so maklik om gou by die boer om te gaan nie. Die kleiner besighede is ongelukkig net so gierig – gaan kyk maar wat kos enigiets “proudly South African”. Ek kan bv nie eens ‘n table runner by hierdie “kunstenaars” bekostig nie!

Piet ·

Ek verstaan jou sentiment. Maar maak dit self en vergelyk dan jou prys met die kunstenaar se prys.

Terence ·

Nee, die middelman onderhandel die beste pryse vir homself, maar stel nie belang om daai besparings verder in die ketting af te laat beweeg nie. Gierigheid, een van die sewe dodelike sondes.

Manie ·

Vir seker, kyk ook gerus wie is die grootste aandeelhouers in die maatskappye.

piet ·

Hier gaan mense doodgaan in die land van honger. Die staat sal voedselkoepons moet verskaf.

Voilet ·

Hul maak groot winste uit ons mens uit. Kos behoort nie eers so duur te wees nie. Hul koop bv olie aan vir R20 en verkoop dit al vir R90

Gaan praat bietjie met n boer oor hoeveel hy aan winkels verkoop bv met n skaap. Die boer verloor hier deur en die winkels lag al die pad bank toe met hul hoe verkoop pryse wat hul vra.

Kyk bv pampers premium doeke…R190 n pak gewone prys..op n special is dit R110 n pak….kom jul agter hoeveel wins maak hul??

Andries ·

Dink jul regtig die kafee/ supermark eienaar sal sy pryse verlaag. Nooit gesien nie aangesien hy die profyt in hul sakke sal druk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.