Darren Scott en sy vrou gaan skei

Darren Scott en sy vrou, Sarah-Kate. Foto: Facebook

Darren Scott en sy vrou, Sarah-Kate. Foto: Facebook

Die bekende radio-omroeper, Darren Scott, het aangekondig dat hy en sy vrou gaan skei.

Scott het gesê hy en Sarah-Kate het na ʼn 12 jaar lange verhouding, waarvan hulle ses jaar getroud was, besluit om skei. “Hierdie besluit is gemaak met die belangrikste faktor in gedagte, en een waaroor ons albei absoluut saamstem: ons twee seuns. Hulle is al wat saak maak in hierdie ding.”

Volgens Scott is Mark en Matthew, hul seuns, op ‘n ouderdom waar die teenwoordigheid van beide hul ouers deurslaggewend is, en daarom sal hy en Sarah-Kate deel van mekaar se lewens bly. “Ons het dié twee pragtige, wonderlike seuns saam in die wêreld ingebring en dit is ons enigste fokus.”

Scott het gesê hy en Sarah-Kate sal voortgaan om mekaar te respekteer en het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle as gesin ook te respekteer. “Verstaan asseblief dat dit ʼn baie moeilike tyd vir ons familie is en was, om verskeie redes. Ons vra julle om begrip te hê daarvoor dat ons ons kinders wil beskerm en hulle die normale en gelukkige grootwordjare wil gee wat hulle verdien.”

Volgens Scott het hulle besluit om die nuus oor die egskeiding in ʼn verklaring aan te kondig, aangesien hulle die besluit geneem het om in die openbare oog te wees en dus die goeie en slegte kant daarvan moet aanvaar. “Ons is nie aan die kant van daardie bekendes wat ‘privaatheid’ eis wanneer ‘n ongemaklike storie kop uitsteek nie, aangesien ons die media in ons binnekring aanvaar en voordeel getrek het uit die voelgoed-stories.”

Die aankondiging kom kort nadat Scott die nuus gedeel het dat hy weer kanker het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

"J A " ·

mag die son op julle skyn
mag die mooi mooier word
mag die pyn verdwyn
sterkte vir elkeen

Eileen ·

Aai tog, skei is deesdae so ‘n maklike uitweg. Mens sou dink dat deur alles wat die gesin al gegaan het, dat hulle hieroor ook sou kom. Die duiwel is baie besig.

Susan ·

Dis baie hartseer. Na Darren se groot operasie het hy sy mense nodig. Miskien sien sy nie daarvoor kan nie? Dis nie ‘n maklike tryd nie.

Genis ·

Moenie my nou drop nie Louise. Ek dink Koos Kombuis het die Afrikaanse vertaling van “It’s a fine time to leave me Lucille”. Ja dis waar. Sterkte julle.

Louise Suttie ·

Ek stem saam, slefte tyd om die man te los!! Sies Sarah-Kate!

Tascha ·

Hoe wil dit dan nou voorkom asof die madam net vasgehou het totdat sy Mev Wêreld titel gewen het? Ag nee man dit klink vir my die huwelik was ook maar net ‘n publisiteit foefie en nou ly die onskuldige kinders maar weer daaronder.

MM ·

Ek stem 200% saam met jou sy was by hom vir die “fame” nou kan sy aan beweeg.
Skop terwyl hy le.

Yolande ·

Die niemand se plek om te oordeel nie. Ons weet nie wat presies in hul huwelik & gesin aangaan nie. Dis tussen twee verantwoordelike grootmense wat ‘n moeilike besluit moes maak.

Christine ·

Terwille van kinders bly jou grootste offer te wees om jou huwelik te red. Dit temeer met kanker waarmee jou huweliks maat moet stry.

Annie ·

Nee Christine

Om ter wille van kinders aan n huwelik te klou wat nie werk nie rig meer skade aan as wat julle besef…hierdie 2 mense het n volwasse besluit geneem vir hulle eie redes…kinders is soms gelukkig as die ouers nie saam is nie as wat daar gedurig n baklei en gestry in die huis is

BoereBikerBaby ·

ai en dan baklei hy weer nog teen kanker ook? en ja mense gee gans te vining op op te skei. Ons ouers is deur dik en dun en saam na meer as 45jr. vandag se mense skei vir niks.

EMK ·

Hul het seker redes, maar as hul fokus, soos hy noem, hul kinders is en hulle die kinders “normale en gelukige kinderjare” wil gee, vergeet dan asb van jul eie redes en bly bymekaar. Hoe kan hulle NORMAAL grootword as die ouers gekei is – wat is normaal aan dit? Ai ek weet darem nie. Mens probeer tog weer en weer en WERK aan dit wat verkeerd is.

mirna maré ·

Absoluut! Kinders normaal grootword so??? Te veel bewyse dat dit nie slaag nie.
Die meeste Celeb-huwelike loop maar hierdie pad, wankelende karakter en swak geloof.

Annie ·

Ek en my kind se pa is geskei en glo my…my oudste 2 kinders en ons kind saam is baie meer gebalanseerd en gelukkig as wat ouers se kinders is wat “ter wille van die kinders” vas klou.

My dogtertjie is 10 en is n gelukkige gebalanseerde kind wat STEEDS liefde en aandag van ALBEI partye ontvang…net omdat n mens geskei is beteken dit nie dat een ouer skielik minder begin gee nie.

EMK ·

Annie – jy is een van min uitsonderings. Ek sien om my net ongelukkigheid, kinders wat wens hul ouers is saam ens. ‘n Kind verdien om ma en by by hulle te hê en te weet hulle kom eertse. Vriende van my is so 3 jaar gelede geskei, die dogters was al st 9 en 1e jaar op universiteit en hul sukkel steeds om dit te verwerk. Die oudste het heeltemal ‘n sloerie geword, wil nie juis leer en is sommer net opstandig. Mens moet oor en oor probeer en regtig WERK daaraan dan kan dit werk.

Louise Suttie ·

*klap* Hennie!! Nice one, voor sy deel was van Darren se lewe het niemand ooit van haar geweet nie. Fame and fortune methinks…….

mariaan ·

Mens kan nie by iemand bly ter wille van die kinders nie. As daar konflik tussen die ouers is, tel die kinders dit op. Dis goed dat hul op goeie voet uitmekaar gaan eerder as om vuil wasgoed in die openbaar te was. Sterkte aan beide en aan die kinders ook.

christine ·

Ai, sterkte daar, ek wag ook op uitslae ens. En ja dit is nie maklik, maar nou moet ons sterk staan in die geloof en regtig op Jesus vertrou vir volkome gesondheid. Ai kinders niemand mag n’ ander veroordeel nie, maar staan by mekaar julle sal sien dit alleen sal alles oorbrug. Sterkte daar en ek dink aan julle in my gebede.

Gerda ·

Ek hoor so gereeld : “respekteer ons pritaatheid” maar n week later blaker hulle self “als” uit in Huisgenoot … Natuurlik teen betaling

Karel Kat ·

Ja, en so raak die ou klomp verkramptes tog te opgewonde….. tik laat die spoeg spat die ou hoogheiliges – meantime back at the ranch bly van hulle net getroud ter wille van die kinders ……

Delia ·

Ag toe nou ou Karel Kat….ek sien jy tik ook maar dat die spoeg spat!

Annie ·

Netso Karel Kat en word daar soveel skade aangerig omdat kinders die konflik optel…en op die ou end word dit rond geloop ook deur die onderskeie party…dan sê ek ook…skei en kry klaar…doen dit soos volwassenes en respekteer mekaar na die egskeiding

JoeV ·

Wie is Drren Scott? Maar baie geluk hoor, julle is nou nuus!!

sarie van heerden ·

Ek praat uit ondervinding. Vir jare was ek getroud met ‘n baie siek kankerpasient en ken ek elke hospitaal in Pretoria maar NOOIT sou ek so sufkop wees om hom te verlaat en dit terwyl hy pas na ‘n operasie nog in die hospitaal is nie. Ek het geen begrip vir hierdie vrou nie en ek sou my kop in saamte laat sak as ek sy is. SIES as voorbeeld vir jou kinders!

emma ·

Ag sarie hou op teem en veroordeel.ken jy hierdie mense persoonlik? Weet jy wat is hulle omstandighede?Bly eerder stil en gaan doen iets nuttigs

Annie ·

Haai jinne Sarie..goue sterretjie vir jou dan omdat jy jouself so op geoffer het en dit nodig vind om hier te spog met jou prestasie.

Wie is enigeen van ons om te oordeel? Niemand weet wat die redes is nie maar tog is almal altyd so vining om vinger te wys…en onmiddelik word dit nou aangeneem sy is die vark in die verhaal? En selfs al is sy…weereens…wie van ons mag oordeel?

Andre ·

…en so skei duisende ander mense ook daagliks in Suid Afrika. Niks uniek rondom hierdie situasie nie.

Henk ·

Werklik? En dit is nou nuus – presies waarom? Daar skei miljoene mense elke jaar. Het Maroela Media dan nou ook net nog ‘n Afrikaanse “Peoples Magazine” geword?

charmaine ·

Kinders kan nie n huwelik aanmekaar hou nie ook nie red nie dis nie hulle verantwoordelikheid nie. Maar dis soms beter om te skei as om kinders in n ongelukkige huis groot te maak. En ja dis jammer.

Maar so dra ons almal maar n kruis dit is hoe ons hom dra wat n verskil kan maak.

Louis ·

Soos sommige reeds aangedui het…..geen kind kan normaal grootword in ‘n egskeiding nie. Dis ‘n mite. Baie geluk aan die wat dink hulle kry dit reg en dit werk. Egskeidings veroorsaak en skep baie dieperliggende emosionele probleme by kinders wat gewoonlik nie op die oppervlak sigbaar is nie…..dis gewoonlik eers baie later wanneer hierdie probleme in mense se lewens begin manifisteer…..die wonde en begasie is dan baie groot.

Sollie ·

Kan nie glo – hierdie berig kry meer kommentaar as die een oor ‘n bergfietsryer wat op Tafelberg aangeval is of oor die ouers wat dag en nag na hul dogtertjie wat weggeraak het soek! Waar is ons prioriteite?

Lynt ·

Touché. Dis nou ‘n berig wat op bl 3 in koerante gewoonlik opduik of hoofnuus in die Tabloids.

REGINA ·

Dis duidelik soos daglig dat sy nie tydens haar kroning as mev. SA of daarna as eerste prinses in die Internasionale mev. Wereld-kompetisie wou verkondig dat hul reeds ernstige huweliksprobleme het en feitlik op skei staan nie! Natuurlik sou sy dan nie kon wen nie! Deel van die kompetisie was sekerlik in diepte onderhoude oor haar huweliks- en gesinslewe? Wat ek moeilik verstaan is hierdie leuens dat alles “honky dory” is, maar n week later verkondig dieselfde tydskrif hul staan lankal op skei? Besluit die mense deesdae dan oornag om te skei? Die publiek is nie onnosele gekke wat langer sulke leuens as soetkoek gaan opeet nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.