ʼn Takbok wat haar opwagting gemaak het tydens ʼn fotosessie van ʼn een maand oue babaseuntjie het vir ʼn onvergeetlike foto gesorg.
Lees meerAlles vir Maandag 2 November 2015
‘Alle e-tolrekeninge onwettig’
Sanral se toerusting wat vir die Gautengse e-tolstelsel gebruik word, voldoen volgens die Vryheidsfront Plus nie aan wetlike vereistes en voorskrifte nie.
Moord op Stella-plaas: Twee polisiebeamptes ook vas
Twee polisiekonstabels het Maandag in die Vryburg-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn 45-jarige man op ʼn plaas naby Stella verlede week. ʼn Boer, sy vrou en vyf ander verdagtes is vroeër in hegtenis geneem in verband met die voorval.
Regsaksie teen Volksrust-naamsverandering beplan
“Die regering beskou hulself te dikwels as verhewe bo die wet, en dit kan nie geduld word nie.”
Rhodespark-aanval: Man in hof
Die man wat in hegtenis geneem is in verband met die skokvoorval waartydens twee pare op 17 Oktober in Rhodespark in Kensington in die ooste van Johannesburg aangeval is, het Maandag in die hof verskyn.
Moordbeskuldigde en minister se seun was vriende, hoor hof
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Chumani Nqakula, die seun van Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, vermoor het, het Maandag in die hof verskyn.
ToekomsVenster: Lewe in oorvloed
Hy kom dus as ‘n Herder wat vir sy skape die pad terug na die kraal, na God se kraal, wys. Hy wys nie net die pad nie; Hy is ook die deur of die ingang na die kraal.
[Video] Jong seun speel dat die biesies bewe
ʼn Video van ʼn jong seun wat die “Fantaisie Impromptu” van Frédéric Chopin speel, is volgens sy pa se Facebook-blad meer as 48 192 keer gedeel en 1 037 491 keer gekyk.
Noordwes-man kritiek ná aanval op plaas
ʼn 57-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy en sy vrou Vrydagaand op ʼn plaas in die Elandskraal-omgewing naby Mooinooi, buite Rustenburg, deur sewe gewapende rowers oorval is.
Wegholbrande teister noorde van Pretoria
Nagenoeg 60 plase en kleinhoewes is sover geraak deur wegholbrande wat sedert die naweek in die De Wildt-omgewing, noordwes van Pretoria, woed.
Jhb-egpaar soek ‘dag en nag’ na vermiste dogter
ʼn Egpaar van Turffontein in die suide van Johannesburg soek die afgelope tien dae “letterlik dag en nag” na hul 13-jarige dogter ná haar verdwyning.
Goeie nuus: Boer vol lof oor werker se goeie daad
“Ek sê altyd, niks in die wêreld is so sterk soos ʼn opregte jammer en ʼn vriendelike houding nie. Jy kan maar arm wees, maar as jou gesindheid reg is, is jy ryker as die meeste ander.”
Polisiemanne wat rower glo doodskiet gee hulself oor
Die vier polisiebeamptes wat glo op kringtelevisie-beeldmateriaal ʼn vermeende rower in Krugersdorp koelbloedig doodgeskiet het, het Maandagoggend hulself by die Krugersdorp-polisiestasie oorgegee.
Verhandelinge in MTN-aandele opgeskort
Die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) het die verhandeling van MTN se aandele opgeskort.
Seun slaan glo ma dood oor kos
ʼn 31-jarige man van Noordwes het Sondag in die vroeë oggendure na bewering sy 63-jarige ma doodgeslaan omdat daar glo nie kos in die huis was nie.
[Foto’s] Pendoring 2015
Vanjaar se geleentheid was veral spesiaal omdat dié organisasie sy 20ste bestaansjaar vier.
Bergfietsryer op Tafelberg aangeval
ʼn Bergfietsryer van Kaapstad is Sondagoggend op Tafelberg deur twee mans aangeval, aangerand en van sy bergfiets en selfoon beroof.
Darren Scott en sy vrou gaan skei
Die bekende radio-omroeper, Darren Scott, het aangekondig dat hy en sy vrou gaan skei
Honderde babas in Gauteng-hospitale agtergelaat
ʼn Gemiddeld van 11 babas word elke maand in Gauteng-hospitale agterlaat.
Nuuskommentaar: Dinge word warm vir witwees – persepsie of werklikheid?
Die laaste apartheidswet is lank voor 1994 deur die vorige regering uit die wetboek verwyder. Tog is rassistiese wetgewing in volle glorie terug op die wetboek, en het ’n bepaalde diskriminerende uitwerking sodat twee rubriekskrywers wat vir liberale standpunte bekend is, nou oor die onaangename (vir wit) uitwerking daarvan skryf.