‘Alle e-tolrekeninge onwettig’

Argieffoto

Argieffoto

Sanral se toerusting wat vir die Gautengse e-tolstelsel gebruik word, voldoen volgens die Vryheidsfront Plus nie aan wetlike vereistes en voorskrifte nie.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer, het gesê alle gelde wat tot nou toe ingevorder is of ingevorder gaan word, is of word op ʼn onwettige wyse gedoen. Volgens Alberts moet Sanral eers aan die vereistes van die Wetlike Metrologiewet (Wet 9 van 2014) voldoen voordat hy geld van motoriste mag invorder.

Volgens Alberts het hy op navraag by die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRVS) bevestiging gekry dat die e-toltoerusting nooit gesertifiseer is soos die wet vereis nie. “Die NRVS het ook bevestig dat daar nooit aansoek gedoen is om sertifisering nie. Die oortreding van die wet kan ernstige gevolge vir die oortreder inhou en ʼn maksimum vonnis van tien jaar gevangenisstraf of ʼn boete, of albei, kan opgelê word. In hierdie geval blyk dat verskeie aspekte van die wet oortree is.”

Alberts het gesê Sanral se versuim om aan die wetsvereistes te voldoen konstateer terselfdertyd ʼn oortreding van vyf artikels van die Nasionale Wet op Verbruikersbeskerming. Volgens Alberts het die VF Plus vandag ʼn klag by die Verbruikerskommissie ingedien.

“Die VF Plus vra die Verbruikerskommissie om ʼn beslissing te maak dat alle rekeninge onwettig verklaar word tot tyd en wyl die spesifikasies van Sanral se e-toltoerusting die goedkeuring van die NRVS wegdra. ʼn Bevinding moet ook gemaak word dat Sanral alle gelde wat reeds aan e-tol betaal is, aan die verbruikers terugbetaal.”

Volgens Alberts is dit van die grootste belang dat hierdie saak, wat tienduisende padgebruikers en die land se totale ekonomie direk raak, so gou moontlik opgeklaar word en dat dringende regstellende stappe geneem word. “Die VF Plus versoek ook die Verbruikerskommissie om ʼn bevel by die Verbruikerstribunaal hieroor te kry indien nodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Frik Lotz ·

Goed gedoen deur die VF Plus. Dit wys die party dra mense se belange op die hart en skroom nie om te veg vir hul regte nie. Wel gedaan! Dis tyd dat almal VF Plus steun en hul sterker maak.

Johan ·

Dit is nou vir jou n tamalekie die Ha Ha
Die mense wat betaal het sal nooit hulle geld weer sien nie.

GES ·

Hier kom groot moeilikheid. Ek het op ‘n stadium gehoor dat geld by die staatspensioenfonds geleen is vir die oprigting van die stedelike tolhekke. Volgens wat ek in die pers gelees het, loop die hele besigheid op ‘n masiewe verlies.
Is my inligting korrek? Gaan dit stastspensioene nadelig raak? Dit sal baie waardeer word as Maroela kan help in die verband. Dit is vir staatsamptenare maar ‘n baie teer saak.

Helizna ·

Toemaar, jou staatspensioen gaan vir die opbou van die land se heersers se paleise. Jy hoef nie meer daaroor te worry nie, want dis nou uit jou hande en nie meer jou probleem nie. Dit behoort nou aan iemand anders.

Bobaas Jaap ·

Stories wat rond loop het die Anc hulle mense se pensioen geld gebruik on e-tol te finansier. Dis hoekom die Anc nie meer geld het om hulle rekeninge te betaal nie.

Fanie ·

GES, dit behoort glad nie die Staatspensioenfonds te raak nie- die bedrag was persentasiegewys baie klein. Die Staatspensioenfonds is nog baie gesond en goed befonds, anders as die meeste Westerse lande wat se fondse nie befonds is nie, maar ‘pay as you go’ fondse is. Daarom is Europa in die moeilikheid, want vandag se werkers betaal pensioene aan vandag se oues, en met hul krimpende bevolkings weet niemand wie hulle s’n gaan betaal nie.

Chris ·

Die formule van uitbetalings het reeds verander jy kry heelwat minder uit, sonder eenige kennis aan lede van die GEPF

Tobie ·

Vra vir die ninja turtle wat die staatspensioen se totale waarde is. “Uh 1 mielion and toe handred and vieftie thousand mielion and vieftie sevan…..” skree net stop op n hoe bedrag… Dis soos daai inbel kompetisies op die radio.

GES ·

Ek het lanklaas so lekker gelag. Ons volkie se humorsin maak dat ons nie gaan lê nie. Dankie Tobie vir mense soos julle.

H.S.Fourie ·

Alles goed en wel. Ek het van die begin af ‘n skyfie en betaal my rekening want ek ry lekker op die Tol paaie. Waarom skrik die VF+ nou eers wakker?

PauldB ·

HS F, Ai tog mnr DA. Vir jou oningeligtheid net dit: Vf+ is al van die begin af teen die stedelike tol besigheid en form deel van Outa. Meskien moet jy net die feite eers reg kry.

Pieter V ·

Hs jy moet maar lekker ry en lekker geniet want vir daardie geld moet n mens baie baie lekker ry.

Frik Lotz ·

Die VF Plus het nie nou eers wakker geskrik nie, maar beveg die e-tol stelsel al vir baie lank. Ondersteun eerder die VF Plus se aksies as om negatief te wees.

HenkL ·

Ek betaal niks en ry net so lekker soos die arme mense wat wel betaal. Hulle het darem wakker geskrik, maar daar is swape wat nooit sal wakker skrik nie.

Loeis ·

Adv Alberts van VF+ het lankal reeds gese dat die wyse waarop die wet op e-tol geskryf is, dalk onkonstitusioneel is. ‘n Regsverteenwoordiger van die regering het met hom saamgestem (en is die swye opgele). Regsaksie neem ongelukkig baie lank om te voer.

HS Fourie, as jy nie van bg bewus is nie, dan moet jy jouself dalk van die feite gaan vergewis. Mens kan nie anders as om die afleiding te maak dat jy eintlik ‘n politieke stelling hier probeer maak nie. Weereens, gaan vergewis jouself van die feite.

Dirk Smit ·

VF+ het ‘n interdik gesoek, maar die Sondag het die president ‘n nuwe regter aangestel wat die Maandag die interdik geweier het.

GES ·

Ek het ook nie ‘n probleem om tolgeld te betaal nie maar dan wil ek nie meer belasting betaal nie. ‘n Mens betaal letterlik dubbeld vir dienste gelewer. Kom ons noem ‘n paar op. Motorlisensie + tolgeld, polisie + sekuriteitsfirma, staatshospitale + mediese fonds en so kan ons aangaan. Ek hoop ek is verkeerd. Help my reg asb.

Dirk Smit ·

GES lank gelede was daar ‘n saak teen Ou Mutual, as ek reg onthou, is geld uit ‘n pensioenfonds geleen, as ek reg onthou nog die Krok’s se maatskappy, en toe´ die mense hul pensioen soek toe trek Ou Mutual sy skouers op. Dié het toe ‘n appelhofuitspraak gekos vir die mense om hul pensioengeld te kry. Die beste in my opinie is om vir ‘n ander party as ANC te stem en e-tol te bestry terwyl die GPF nog omgedraai sou kon word, want om e-tol te regverdig met die GPF as Antjie Somers is geldwassery.

Fj ·

Wees bly iemand skrik wakker en hou op om so negatief te wees,sê liewer dankie.

eTol is Geen Demokrasie ·

In ‘n Demokrasie is die regering veronderstel om die “wil van die meerderheid” of publiek te bevorder. Die tolpaaie is in Gauteng gebou sodat Zionistiese bankiere rente op lenings kan verdien. ‘n Klein groepie bankiere wil massiewe winste maak ten koste van alle inwoners van Gauteng. Dit is nie demokrtasie nie.

Jan maak n Plan ·

Dit gaan my bietjie verstand te bowe dat daar wragies mense is wat E-TOL betaal. Al wen die VF+ die saak en al word E-TOL geskraap sal julle nooit weer julle geld sien nie. ‘n Ander ding wat my pla is dat die staats pensioen fonds op die E-TOL projek gebruik is maar so ook word dit by MTN ingesteek. Ek wonder waar is dit nog in gesteek en hoeveel is oor. Ek hoop regtig die ouens loop nie dieselfde paaitjie as die Spoornet werkers nie.

neelsie ·

Dankie aan die VF Plus .
Julle is die enigste betroubare party!
Anc sit in “jam”- straat met al die bedrog.
E-tol is net verryking van die wat reeds baie het.

Carla ·

Die E-tol is so ‘n klug! Ek en my man gebruik gereeld dieselfde paaie. Nie een van ons het ‘n skyfie nie maar net ek kry rekeninge….hy het nog nooit ‘n rekening gekry nie….wys jou net hoe bleddie deurmekaar is daai lot!

Nico ·

Ek stem saam die e-tol of die tol stelsel is ‘n klug. Ek en my vrou het so drie weke terug opgevlieg Pretoria toe om ons aangenome seuntjie te gaan haal. Ons het ‘n motor gehur en met die N1 terug gery Kaap toe. Ek was geskok om die toetand van die paaie te sien veral deur deur die Vrystaat. Ek was 15 jaar terug laas daar en dit is regtig kommerwekkend om dit so te sien en dan is dit nog op die tolpaaie ook. Iets sal erens moet gebeur want ons land is regtig in die moeilikheid. Ek is nie negatief nie maar as jy met tussenposes by plekke kom dan sien jy wat verkeerd is en dis skokkend.

André ·

VF+ is van die mense wat darem iets (eintlik ‘n magdom) doen om te wys hier is mense wat darem nog wil en positief probeer bly oor ons fantastiese land wat net reg bedryf moet word.
Dankie aan julle!

CJ ·

Goeie werk dat hierdie bestry word. Maar kom ek se jul, kyk hoe vinnig herskryf ons regering die wette sodat dit hulle pas en ons steeds moet betaal.

Elresa van der Merwe ·

So wat gebeur met al die duisende rande wat ek reeds betaal het? Ek ry deur 8 tolhekke ‘n dag?

Dirk Smit ·

Elresa die kans dat jy jou geld weer gaan sien is weglaatbaar, want dié is reeds in die gatsakke van tans bevoordeeldes deur die E-tol-Ponzi-skema in. Wat in my opinie nodig is is vir e-tol om stopgesit te word sodat jy en mense soos jy nie tot in lengte van dae verder rampokkereer word soos dit reeds die geval is nie.

Hannelie ·

Hierdie E-toll is van die begin af ‘n korupte storie!!!

Ja vra ek ook, wat gebeur met die duisende rande wat alreeds betaal is deur die e-tol verbruikers???

Jan (JJ) ·

Jammer om te hoor van die klomp wetsgehoorsame “suckers” wat reeds betaal het! As jy nie wil hoor nie moet jy maar voel! As hierdie parasiete eers jou detail het gaan jy gemelk word tot jy bankrot is! En as die sisteem eers werk en aan die gang is gaan hulle die tariewe 2 keer n jaar verhoog soos met die ander tolheķke. Staan eerder saam en laat ons alle tolheķke vernietig saam met die korrupte en kriminele regering!

Andre Z ·

Mense, daar is baie kommentaar wat ons hieroor kan lewer. In plaas daarvan, kom ons DOEN bietjie iets omtrent die probleem. ‘Jan maak ‘n plan’ het in sy kommentaar genoem dit gaan sy verstand te bowe dat daar nog mense is wat e-tol betaal…nou ek stem 100% met hom saam…en dit is die antwoord: HOU OP BETAAL of MOET NET NOOIT BEGIN BETAAL NIE. Dis dit. Solank as wat ‘n paar mense aanhou betaal en sodoende die stelsel (al is dit op krukke) aan die gang hou sal dit ‘n probleem bly. Hoe gouer daar geen betaling is nie, hoe gouer kan e-tol val.
Dankie aan VF+ vir julle uithou en aanhou.

Barry ·

Ja nee kyk..as jy wil betaal vir iets wat absoluut onwettig en ongrondwetlik is..JAMMER OM TE HOOR!Wat van almal staan bietjie saam en laat hulle val.Jou geld wat,jy reeds betaal het..gaan kyk maar watse mooi nuwe en luukse moters kon jou mede lands burgers vir hulle nou aangeskaf het met julle hulp.

marciemoo no cash cow ·

Die wat n skyfie het en gelde betaal het moet nou ruggraat groei en dit dadelik staak. Staan saam met ons teen die klug van E-tol. Die ANC moet maar solank hulle gordels intrek.

OpenTollRoad Previous Employee ·

Ek het twee jaar op die projek gewerk en ek kan maar net smile……het toe al geweet “die kite gaan nie vlieg nie”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.