Nuuskommentaar: Dinge word warm vir witwees – persepsie of werklikheid?

afrikaner vraagtekenDie laaste apartheidswet is lank voor 1994 deur die vorige regering uit die wetboek verwyder. Tog is rassistiese wetgewing in volle glorie terug op die wetboek, en het ’n bepaalde diskriminerende uitwerking sodat twee rubriekskrywers wat vir liberale standpunte bekend is, nou oor die onaangename (vir wit) uitwerking daarvan skryf.

“’n Moeilike tyd vir witwees” lui die opskrif onlangs van ’n bekende rubriekskrywer. Die moontlike verrassing is dat dit ’n rubriek van Max du Preez is.

“Politieke houe op wit slaansak” is die opskrif wat Volksblad kies vir ’n rubriek van André le Roux wat onder die titel, “EFF gee nou die pas in SA aan”, op Netwerk 24 gelaai is.

Dit is of onlangse gebeure, soos die EFF se opmars en blatante rassisme by die Johannesburgse Aandelebeurs die wille weghollens uit baie mense, onder wie lede van die Seunse Weenkoor, losgeskud het. Nuwe geluide, wat ’n week of wat gelede ondenkbaar in daardie geledere was, word nou gehoor.

Veral Le Roux trek hom egter steeds in die hoekie in waar amptelike statistieke gebruik word om te bewys wittes het steeds byna almal werk, en swart mense veel minder, en die gevolglike neerslag op die stand van die ekonomie.

Die statistieke mag wel akkuraat wees, maar neem byvoorbeeld nie in ag hoeveel wittes deur pendelhuwelike in die buiteland werk, en ’n gesinslewe grootliks uit Skype bestaan nie. Dit neem nie in ag hoeveel gegradueerdes by wyse van spreke kasregisters beman omdat werk waarvoor hulle aansoek doen vir ander rasse uitgehou is nie.

In die verlede het talle wit boere tydens droogtes uitgeboer omdat droogtehulp in sommige gevalle uitsluitlik vir opkomende boere bestem was.

Die lys is oneindig lank.

Maar is dit wat waargeneem word? Die uwe het onlangs ná ’n prosedure by ’n dokter by ’n KFC-tak in ’n tradisionele wit gebied in die motor bly wag terwyl vroulief die smulkossies gaan kry het. Dit was baie besig, en die motors in die inrybaan het buffer aan buffer gestaan. Iets val op en ’n bietjie eie statistieke word gehou. Uit die volgende tien motors was die insittendes van nege almal swart. Dit was almal deftige rygoed, sommige luukse Duitse sedans, viertrek en so meer. Die enigste motor tussenin met wit insittendes was ’n ou Corolla, die bakwerk blink oorgedoen maar duidelik ’n tuisgemaakte werkie, en elke keer dat die karretjie vorentoe ry, skop dit ’n olie-deurdrenkte wolk rook uit. Hoe later dit geword het, hoe groter en deftiger het die persentasie motors met wit insittendes ook geword soos die mense van die werk af teruggekeer het.

Vanuit ’n statistiese oogpunt is dit gevaarlik om veel uit so ’n skermgreep te neem. Vanuit ’n politieke hoek lyk dit egter anders. Dit is wat wit mense gewoonlik met hul eie oë sien wanneer hul bevoorregting teen die kop geslinger word. In hul eie woongebiede sien hulle naas die groepe werkloses wat sekere strate as “werkverskaffingsburo’s” inspan, ook die samedromming by die drankwinkels. Hulle sien selde die blokke en blokke armsalige plakkershutte wat soos paddastoele opskiet en uitbrei.

Byna almal is ideologies blind, of minstens selektief ideologies blind. ’n Mens hoor byvoorbeeld byna nooit iets oor die stremmende uitwerking van groot gesinne om uit armoedesiklusse te ontsnap nie, of hoeveel van die bestaande werksgeleenthede deur onwettige immigrante opgeneem word nie. En wat is die rol van werkskuheid?

Hoeveel armoede is geskep deur die regering se grondhervormingsplan? Daar waar mense stukkies grond kry waarop nie ekonomies haalbaar geboer kan word nie, en sonder die nodige mentorskap om die kans op sukses wat nog kon bestaan, behoorlik te ondersteun.

’n Groot deel van die probleem is dat die ANC alles deur ’n rasbril betrag. In die proses word daardie dele van die ekonomie wat wel tot produktiewe groei kan lei, met ekonomiese struikelblokke van die mees rassistiese soort belaai, en ander ryp gedruk. Dit skep weer ’n teelaarde vir “fronting” en ander vorme van korrupsie, en dat maatskappye hul aktiwiteite na die buiteland “diversifiseer”. Kortom, sou ’n ekonomie met ’n gesonde enjinkamer en behoorlike buitelandse investering nie almal in die geheel beter gedien het as ’n rasbenepe ideologies-besmette “ekonomies”-maatskaplike ingenieurswese nie?

’n Omgewing waar nie eens skuins opgekyk word wanneer ’n wit gesin self in die Power City-plakkerskamp buite Mosselbaai beland, en ná ’n groot oorstroming saam met die inwoners in die tou van ’n sopkombuis gaan staan wat deur ’n supermark gehou is, maar hulp geweier is omdat hulle dan wit is.

Is dit vreemd dat die Solidariteit Beweging met ’n plan B vorendag kom?

Max skryf in die verwysde rubriek so: “Solidariteit/AfriForum is ook waarskynlik die doeltreffendste belangegroep in die Suid-Afrikaanse burgerlike samelewing vandag. Hulle is vindingryk, energiek, hardwerkend en gefokus. Hulle het die afgelope paar jaar ’n paar klinkende oorwinnings behaal en doen uitstekende werk in afgeskeepte plaaslike owerhede.

“Maar onder baie swart Suid-Afrikaners het hulle ’n beeld van selfsugtige, selfs rassistiese Afrikaner-nasionaliste wat na die ‘goeie ou dae’ verlang. Gaan hul strategie uiteindelik teenproduktief wees?”

Hy gaan voort om die ander ideaal in die woorde van wyle dr. Nico Smith te stel, en vra dan ten slotte: “Wat van ’n nuwe strategie met elemente van albei benaderings?”

Le Roux se slotsom is effens anders wanneer hy NP van Wyk Louw aanhaal: “The native is not only in South Africa, but of South Africa. The native question cuts across the whole of our life, social and economical. The white man’s task in South Africa is to adjust his environment to the individual, and any scheme of education for the European, which leaves out the black man, must be futile.” (Van Wyk Louw, deur J.C. Steyn.)

“Dit was in 1928. Nou is dit 2015.”

Die feit van die saak is egter dat solank ras as die bepalende faktor behou word, so lank gaan veralgemenings die individuele gevalle raak. Daar was byvoorbeeld al pogings om wit, manlike persone met gestremdhede uit te sluit van regstellende aksie, wat dié beleid blatante rassistiese affirmative action sou maak. Dan word mense uit ’n sopkombuistou verwyder – nie oor hul nood wat minder is nie, maar hul velkleur.

En dan het ’n mens nog nie eens begin om die ANC se taktiek om Afrikanerskap outomaties na die rassevlak te neem begin beredeneer nie.

Dit gaan ’n interessante spel afgee. Twee tradisioneel Afrikaanse kampusse, Stellenbosch en Potchefstroom, beweeg nou skynbaar in die rigting van parallelmedium-onderrig as “oplossing”.  By Kovsies, waar dié beleid al jare gevolg is, word nou aangedring op eentalige Engelse klasse alleen, en onder meer aangevoer die parallelle klasse skei studente op grond van ras.

Grondwetlike regte is ’n bysaak.

Ironies om te dink die laaste apartheidswet is lank voor 1994 deur die vorige bewind afgeskaf.

Iemand het dit in oorvloed teruggebring.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

23 Kommentare

Dee ·

Die titel van die berig wat ek voor hierdie een gelees het lui dat honderde babas in Gauteng-hopitale agtergelaat word. En dìt is bloot Gauteng want miskien is hierdie ‘n Transvaalse koerant. As jy dink dat dit nie aansluit by die tema van hierdie kommentaar nie, dink weer.

Rynhardt ·

Ons moet net onthou dat Max du Preez nog nooit iets goed oor die Afrikaner/Boervolk geskryf het,want hy is pro-Anc.Tans word hy deur Die Burger saam met mede liberale maatjies(“huursoldate”) gebruik om afrikaner “bashing” voort te sit!Hy en media24 het nog nooit die volgende gevra nie:”Hoeveel Afrikaners sit sedert 1994 sonder werk danksy die Anc se beleid van regstellende aksie nie”. Daar word ook niks gese van die blanke plakkerskampe in Johannesburg en Krugersdorp nie,nog minder van die blanke kinders wat blind is nie?Ekskuus,hulle is wit!Verder het media 24 en Du Preez nog nooit die Anc getakel oor die volgende nie:”Hoeveel wittes is sedert 1994 tot 2015 vermoor nie?” Ekskuus,dit is nie polities korrek vir hulle nie!Verder takel Du Preez en media24 nie die Anc oor die ekonomie wat vernietig is volgens die riglyne van die Vryheidsmanifes nie!Hoekom?Alles is die blankes se skuld van wie hy en sy liberale meesters by media24 nie hou nie!Hy en sy liberale meesters weier ook om die volgende groot uit te spel:”Die afrikanervolk het geen toekoms nie,maar De Klerk sit in n R30miljoen piphuis.Hoe is dit moontlik?” Dit is wat die liberale media lelik systap,maar latwr gaan die waarheid die skynheiliges begin inhaal!

Maria ·

Herman Toerien kan nou die grootste Afrikaanse skrywer wees met al die baie grade, maar as hy so n fout in n berig maak , soos ” Seuns Weenkoor” dan lees ek nie verder nie, hoeveel foute is daar dan nog in sy berig?

TvA ·

Ai Maria, kan jy nie die tong-in-die-kieswoordspeling sien nie?

Bert ·

Hy verwys na die Seunse Weenkoor. Soos onlangs deur Tim du Toit beskryf.

Chris v R ·

Maria ,Maria. Indien jy die koerantberigte en kommentare die afgelope paar weke gevolg sou jy geweet het dat die uitdrukking “Seunse Weenkoor” verwys na n groepie liberale joernaliste oa Max du Preez ea. wat voordurend askies se dat hule afrikaans is en hulle beste probeer om die Afrikaner te verkleineer

Herman Toerien ·

Tim du Plessiis het inderdaad die term onlangs weer afgestof na Johan van Wyk dit jare gelede in ‘n ander betekenis gebruik het. Op die oomblik is daar meer as 200 Google-trefslae hieroor in verskillende publikaasies en dit lyk of dit nou vastrapplek in die Afrikaaanse idiomatiese skat gekry het.
Die eerste keer wat Maroela dit gebruik het, is dit omvattend omskryf en verduidelik. Omdat dit so wyd posgevat het is geoordeel dit sou lesers se kennisvlak beledig deur weer en weer te verduidelik wat daarmee bedoel word. Veral omdat dit in eie reg baie verduidelikend is.

Henry ·

Ja Herman dit is inderdaad ‘n stokoue uitdrukking.
Dit was reeds in die laat sewentiger jare in vrye en wye gebruik op die Tukkie kampus asook in talle van Pretoria se kuierplekke. Trouens, my Pa en sy Kerkraad pelle het dikwels na hulself as die Seunse Ween koor verwys, wanneer die broers aan’t twis geraak het.

Kwagga ·

Dink volgende artikel kan gerus gaan oor hoeveel blanke plakkers kampe daar is. Waar hulle almal gelee is en hoe groot die kampe is. Sal eerder eerder my eie mense wil help aan gesien ons die swartes help met ou klere en kos pakkies. Aan gesien swartes wit mense so haat hoekom sal ek hulle help?

Loeis ·

Mandela het in sy eerste toespraak as president gese hoe geen ras ooit weer oor ‘n ander sal basspele in hierdie land nie.

Dit was ‘n baie mooi storie, en wat die buitewereld wie hom so ondersteun het wou hoor. Die ANC het al hul mooi stories oor demokrasie hul eintdoel was anders.

Terloops, ek het bg al in ‘n ander koerant geskryf, en toe is my kommentaar verwyder (dit was net te waar).

Dalk moet ons ou FW vra wanneer sy teenwigte gaan inskop.

As Maroela Media my sal vergun, lees gerug die volgende, dit vind goeie toepassing:
http://praag.co.za/?p=34836

marlene ferreira ·

Ons is die enigste wit stam in Afrika. Kan ons nie net aanvaar word soos die Zulu’s, Tswanas ens nie. Ons het mos nie gister hier uitgeval nie. Ons geskiedenis gaan sover terug soos meeste van die swart stamme

Kwagga ·

Regering gebruik blankes se belasting geld om hulle te verarm. Blankes sal net harder moet werk, slimmer en meer kreatief te wees. Ondersteun blanke plakkers kamper met jul ou klere en kos pakkies. Blankes doen baie vir swart gemeenskappe masr rassisme word in ons gesigte gegooi.

Winston ·

Puik artikel Herman. Weereens mooi raakgevat. Het Dan Roodt ook gelees op praag.co. Dit is vir n slag die waarheid en behoort ons uit ons wensdenke te ruk tot ontwaking.

Koos ·

Ja indien ons werkloosheid en inkomste wil vergelyk moet persone se kwalifikasies ( tiepe en vlak), ervaring in ag geneem word.

George Bekker ·

Die rede waarom die regering van die ou Nasionale Party vernietig moes word is duidelik oor die wereld verkondig: diskriminasie op grond van kleur. Die party (ANC) wat op grond van hierdie hoogheilige standpunt 21 jaar gelede die bewind verower het maak hom daagliks aan hierdie misdaad skuldig. Moet dit nie elke dag verkondig en elke dag nuwe voorbeelde hiervan gepubliseer word nie?

Loeis ·

Presies. Tog swyg die groot Afrikaanse media dit dood, met spesiale erkenning aan Maks se werkgewer.

GES ·

Ek het geen twyfel in my gemoed dat witweesuitdagings lankal nie meer ‘n persepsie is nie maar ‘n harde ongenaakbare werklikheid. My ervaring is dat dit op feitlik ‘n daaglikse basis geskied. Wat baie tragies is, is om te sien hoe jongmense geaffekteer word wat sogenaamd vry gebore is (na 1994). In hierdie klimaat is dit onmoontlik om nasie te bou. Die gaping word net groter. Selfbeskikking was dalk nie so ‘n diaboliese gedagte nie soos die seunse weenkoor dit wil voorhou. Die huidige bestel bied geen blywende vrede nie.

Johan 2 ·

100% nes jy skryf…vir my is dit erg om te dink dat “Afrikaners” soos ou Max die nuwe ras wetgewing help implimenteer het. Hul is ook die eerstes om nou landuit te vlug soos talle voorbeelde.

Johannes Meintjes ·

“Witwees” is net so ‘n rentmeesterskap voorreg as “swartwees” of om van ‘n ander kultuurgroep te wees. Wedersydse respek en fokus op vooruitgang kom betreurenswaardig en baie ernstig tekort in ons eiegeregtige en eiesinnige samelewing. Daar is te veel skadelike invloede wat verskille uitlig, teen mekaar afspeel en misbruik, i.p.v. om gesamentlike doelwitte duidelik en eweredig te bevorder. Terwyl samewerking tussen kultuurgroepe van baie groot waarde kan wees, bly die rassebril tot groot skade in SA.

sarie van heerden ·

Daagliks hoor ons hoe te velde getrek word teen witmense en besware na hul kant geslinger word. As ‘n witmens enige vorm van beswaar oor aantyging na die ander kant stuur word hy van rassisme beskuldig. Swartes kan jou in parkeerterreine vloek en beledig maar wee jou as jy as witmens iets daarteen doen. Hierdie dinge kweek rassisme.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.