Seun slaan glo ma dood oor kos

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 31-jarige man van Noordwes het Sondag in die vroeë oggendure na bewering sy 63-jarige ma doodgeslaan omdat daar glo nie kos in die huis was nie.

Maj. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Ratloung in Mahikeng plaasgevind.

“Daar word vermoed dat die seun vroegoggend saam met sy meisie by die huis opgedaag en op kos aangedring het. Die ma het glo nie kos gehad nie en die seun het haar na bewering daaroor doodgeslaan,” het Makau gesê.

Die polisie is ontbied en hy is by die huis in hegtenis geneem. Die man sal na verwagting Dinsdag in die Mahikeng-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ina Smith ·

Eerlik jammer maar dis nou 1 manier om te sorg dat jy 3 maal per dag kos kry en ‘n dak oor jou kop,medies en alles vaarvoor ander mense moet werk en ten duurste moet betaal .

Bleskop ·

Waar is die dae wat hierdie barbare aan die pen gery het.

Nou gaan sit hy op ons onkoste in die tronk, soos jy se Ina, kry drie maaltye ‘n dag, medies, dak oor sy kop, en die beste van alles, wanneer die verkiesing weer kom het hy ‘n “Human Right” om the vote, dit na hy iemand anders se reg gevat het om te leef, haar klein kinders te sien groot word, haar ou dag te geniet, te stem, en die res van haar lewe te geniet.

Bring terug daai “aan die pen ry”

Dries ·

Dit is net weereens die bewys van barbarisme, wat ons as beskaafde wesens, gedwing word om mee saam te lewe.

yster 74 ·

Dis al nuus in die land. Moord, roof en verkragting. Jou eie ma. Janee laat in die nag geword.

Winston ·

Raak al goedkoper. Om te moor. Motors wapens selfone kos en sommer oor ek lus het om te moor

Tina Du Toit ·

Ja nee Yster, stem saam met jou. Daar gaan nie eendag verby waar daar nie ‘n moord gepleeg word nie.

Thys ·

Tina daar word 50 per dag gepleeg in die land. Hoof moord land in die wereld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.