Johannes Christiaan de Jager is Dinsdag gevonnis vir die moord op twee tieners en die verkragting van een van die tieners.
Dié voormalige motorwerktuigkundige is in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot drie keer lewenslank gevonnis.
Waarnemende regter Chuma Cossie het bevind dat daar nie enige noemenswaardige of buitengewone omstandighede bestaan om af te wyk van die minimum voorgeskrewe vonnisse nie.
Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.
De Jager (49) is verlede maand skuldig bevind aan die moord op die 18-jarige sekswerker, Hiltina Alexander in 2008 en Charmaine Mare (16) in 2013. Al die misdade is in Kaapstad gepleeg. Hy is ook skuldig bevind dat hy Alexander verkrag het.
De Jager is ses jaar tronkstraf opgelê nadat hy Mare se liggaam opgekap het en drie maande vir die diefstal van haar selfoon.
Hy het gegrinnik toe hy die vonnis opgelê is en het ontspanne voorgekom. -SAPA
Lees ook:
De Jager vandag gevonnis
De Jager het tieners vermoor
De Jager getuig oor uitdagende klere
De Jager lewer vandag getuienis
De Jager se DNS onder slagoffer se naels
Prostituut- en tienermoord: De Jager erken hy sny tiener op
Prostituut- en tienermoord: Verhoor begin vandag
Prostituut- en tienermoord: Man weer in hof
Man in hof wat Kaapse tiener glo vermoor, in stukke opkap
Goedso, gaan grinnik maar verder in jou sel.
Na al die wreedhede het hy nog steeds die vermetelheid om te grinnik? Verrotte siel.
Grinnik maar jou vark. Ons sal kyk hoe grinnik jy verder in die tronk. Nuus loop en ons sal kyk hoeveel “vriende” jy in die tronk maak.