De Lille en die DA terug hof toe

Leier van die Good-party Patricia de Lille en haar ondersteuners by die hooggeregshof in Kaapstad (Foto Chantall Presence/ANA)

Die hooggeregshof in Kaapstad het Woensdag ʼn aansoek deur Patricia de Lille, leier van die Good-party, uitgestel vir ʼn interdik teen die Demokratiese Alliansie in ʼn poging om die party te verhoed om aan kiesers te sê dat sy verlede jaar as burgemeester van Kaapstad afgedank is.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het die DA vroeër opdrag gegee om binne drie dae in die publiek om verskoning te vra nadat hulle aan voornemende kiesers tydens ʼn verkiesingsveldtog gesê het De Lille is afgedank as Kaapstad-burgemeester. De Lille het die hof genader toe die DA geweier het om dit te doen.

De Lille het verlede jaar uit haar amp bedank ná ʼn uitgerekte hofstryd met die DA.

Die DA het gesê hy sal nie om verskoning vra nie, aangesien die party glo die OVK het buite sy mandaat opgetree en slegs ʼn hof kan die party opdrag gee om om verskoning te vra. Die DA het die kieshof genader om die OVK se uitspraak te hersien.

Die saak sal Vrydag weer in die hof voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

So Karrng die DA en me De Lille aan en rig hul saam nog stem-skade aan die Goeie “Good” wat hul al saam in die Wes-Kaap vermag het. Vuilspel in politiek moet maar ‘n TV skeidsregter kry! He-he-he!!!

N Lourens Reitz ·

de Lille en Leon en Mbeki moet soos Kobus Bester van RSG se program kommentaar maak nl: gaan knip jou vlerke en gaan rus.

Adam ·

Baie goeie vraag. Helen Zille, ‘n ervare politikus, het 3 leiersfigure by die DA “ingesmokkel” oor die laaste klompie jare nl. Mazibuko, De Lille en Maimane en hulle het sonder twyfel meulstene om die DA se nek geword. Die enigste oorblywende een is Maimane en hy is die DA se weergawe van Kortbroek van Schalkwyk met die enigste verskil dat sy “verwoesting” teen ‘n stadiger pas geskied. De Lille is al van voor haar assosiasie met Khoisan X (ook bekend as Bennie Alexander) van die PAC, bloot ‘n moeilkheid- en verdagmaker.

Edd ·

Hoe laat jy dir hele land weet jys afgedank? Maklik, vat die wat jou afgedank het hof oor hul so sê ?

Boerboel ·

Antie De Lille was nou al by so baie partye .
Na die verkiesing as haar party sleg doen sal sy dit seker noem No Good! en weer oorloop na n’ ander party.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.