De Lille kap terug ná oproepe om afdanking

Die minister van openbare werke, Patricia de Lille. (Foto: GCIS)

Die minster van openbare werke het teruggekap en sê sy het ʼn verrotte departement geërf wat al ʼn hele wyle ʼn “stropersparadys” vir sommige was.

“Noudat die stropers se kraantjie toegedraai word, noem mense dit inmenging,” het Patricia de Lille gesê.

De Lille het vandeesweek teruggekap ná hardnekkige bewerings dat sy onder meer onregmatige opdragte aan amptenare gee, die afdanking van amptenare help bewerkstellig, inmeng by projekte – ook die omstrede Beitbrug-grensdraadprojek – en dat sy op bewerings van korrupsie, wanbestuur en nepotisme moet antwoord.

Die DA het reeds ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om De Lille die trekpas te gee.

Sy is boonop in ʼn bitter twis met die departement se geskorste direkteur-generaal, Sam Vukela, gewikkel. Vukela het De Lille reeds hof toe gesleep oor haar besluit om tugstappe teen hom te doen oor ʼn verslag waarin bevind is miljoene rande is onregmatig op begrafnisse bestee.

“Dit is jammer dat sommige mense ingryping as inmenging sien omdat die plundery onderbreek word. Daar is ʼn verskil tussen ingryping en inmenging. Ek is nie verras deur die veldtog teen my nie, omdat mense bang is daar gaan bevestig word dat hulle die staat se koffers gestroop het.”

De Lille sê sy wil aanspreeklik gehou word en gaan selfs harder werk om die departement skoon te maak.

“Niks gaan my stuit nie. Ek gaan die departement skoonmaak en misdadigers in die tronk laat sit. Misdadigers hoort in die tronk, nie in die staatsdiens nie.”

Oor die DA se bewerings teen haar sê De Lille die amptelike opposisie het tot dusver al sy sake teen haar in die Kaapstadse hooggeregshof verloor. “Hulle is steeds bitter en spring op enigiets wat hulle kan in ʼn poging om my reputasie te vernietig nadat hulle dit nie kon regkry terwyl ek die burgemeester van Kaapstad was nie.”

Sy sê die DA is duidelik kop in een mus met sommige amptenare in haar departement.

“Die DA verstaan nie dat ons bly in ʼn land waar die wet gevolg moet word en dat enige bewering getoets en behoorlike prosesse gevolg moet word nie.”

De Lille sê die DA verstaan nie die begrip van die oppergesag van die reg nie en dit is om dié rede dat soveel DA-lede die party verlaat het.

“Ek het niks om te vrees nie en sien daarna uit om getuienis te lewer wanneer en waar ek ook al gevra word om dit te doen, of dit nou voor die Openbare Beskermer (OB) of ʼn hof is. Ek doen ʼn beroep op diegene met bewyse teen my om na vore te kom daarmee.”

De Lille voer aan sy het na haar aanstelling as minister ʼn nalatenskap van wanbesteding van belastingbetalers se geld op staatsbegrafnisse geërf. “Ander kwessie wat ek moes hanteer was die onregmatige aanstelling van senior amptenare, onder wie mense sonder die nodige kwalifikasies, die Nkandla-kwessie, asook bewerings van korrupsie met regerings-huurooreenkomste.”

Sy sê een van die eerste dinge wat sy gedoen het, was om gevolgbestuur in werking te stel en stelsels te implementeer om korrupsie op te spoor en te voorkom, asook om aanspreeklikheid in die departement te verseker.

De Lille sê die Staatsdienskommissie (SDK) het die afgelope maand gevra of enige stappe gedoen is teen amptenare wat betrokke was by die onregmatige, verkwistende en vrugtelose besteding van miljarde rande. Sy sê die spesifieke kwessie hou verband met uitgawes wat in die 2019-’19-boekjaar aangegaan is – toe Vukela nog die DG van die departement was.

Die ouditeur-generaal (OG) het terselfdertyd vrae gehad oor die koste van drie begrafnisse, “dieselfde drie begrafnisse wat een van die gronde was vir Sam Vukela se skorsing,” sê die minister.

Sy sê die DG, as rekenpligtige amptenaar, moet verseker daar word aan wetgewing voldoen en moet onder meer geldelike verliese probeer voorkom.

ʼn Voormalige adjunk-DG, Dhaya Govender, het De Lille by die OB verkla. De Lille sê Govender se kontrak het in Desember verlede jaar verstryk en is nie hernieu nie. Die minister het wel onderneem om haar volle samewerking aan die OB in ʼn moontlike ondersoek na die kwessie te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Scalla ·

Sy was mos direk betrokke met die miljoene wat gemors was op die span van draad, face die mislukking antie!

Nie Verbaas ·

Het ʼn verrotte departement geërf wat al ʼn hele wyle ʼn “stropersparadys” vir sommige was. Hoe lank is sy al in beheer en hoekom het sy niks daaraan gedoen nie. As niemand n woord oor die heining gerep het nie het sy nou nog soos vantevore voort gestoom het. Sy het geen verskoning nie.

Danie ·

Weet julle wat. Ons witmense moet eintlik dankbaar wees vir wat aan die gang is in Suid Afrika. Ons word vir jare der jare beskuldig van rassisme en dat ons wit kapitalistiese honde is maar nou sien die wereld dat ons rassistiese wit honde goed was vir die mense van afrika voor 1994. Die wereld sien nou hoe word Suid Afrika opgevreet en hoe hierdie land sal vergaan deur die vergrype van die swartman. Ja ek sal ook seker gemartel en vermoor word maar dit is net n liggaam wat hy neem my siel kan hy nie vat nie.

Cornelius ·

n Absolute narsistiese persoonlikheid. Sy is altyd reg en almal is altyd verkeerd.

Pampoen ·

Is dit nie dalk ‘n kwessie van suur druiwe vir die DA nie?

My siening ·

Hoekom het by die stropers aangesluit, jou keuse Pattie!

JohanR ·

Die een se bek is altyd soe groot soos die Hugenote tonnels….. jou tyd is verby Auntie!

Blikkies ·

Sy dreig nou al jare die waarheid gaan uitkom en sy het bewyse teen al die korruptes en elke keer as sy op die rooi mat moet staan se sy dit is die stropers en stelers wat teen haar werk. As sy nou so seker is van haar saak, wys asseblief die skuldiges uit met bewyse….sy moes dit al lankal gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.