‘Departement hou ons gyselaar’ – egpaar wat wil emigreer

Argieffoto bloot ter illustrasie.

’n Kliniese navorser van Pretoria gaan weens ’n gesloer by die departement van binnelandse sake waarskynlik nie betyds by haar nuwe werk in Nederland kan begin nie. Dít ten spyte daarvan dat sy ’n jaar vooraf vir die nodige dokumente begin aansoek doen het.

Nicolette Delport het vroeër vanjaar ’n geleentheid losgeslaan om vanaf 1 November in Amsterdam te gaan werk. Sy en haar man, Clemon, het ter voorbereiding van hul nuwe lewe in die vreemde reeds hul huis en motors verkoop. Clemon moes boonop reeds kennis by sy werk gee.

Die egpaar wag egter nog op ’n onverkorte geboortesertifikaat wat reeds in November verlede jaar aangevra is, asook hul huweliksertifikaat wat die departement nou kwansuis nêrens op sy stelsel kan opspoor nie.

Nicolette sê dis asof hulle “gyselaar” gehou word.

“Dit voel asof ek vasgevang is in ’n land wat my nie wil hê nie, maar my ook nie wil laat gaan nie.”

Delport het in November verlede jaar van die werksgeleentheid in die vreemde te hore gekom en toe reeds aansoek gedoen vir haar en haar man se onverkorte geboortesertifikate. Dié dokumente word benodig om aansoek te doen vir ’n visum.

Daar is aanvanklik aan die egpaar gesê dat die dokumente in ses tot agt weke uitgereik sal word.

Clemon se onverkorte geboortesertifikaat het vyf maande later in April vanjaar gekom, terwyl Nicolette nog op haar geboortesertifikaat wag.

Die egpaar is boonop in April in kennis gestel dat hulle ’n meer onlangse afskrif van hul huweliksertifikaat sal benodig en hulle het aansoek gedoen dat die onverkorte sertifikaat weer gedruk word. Daar is toe aan die egpaar gesê dat hul huweliksertifikaat nie meer op die stelsel is nie en dat dit óók agt weke sal neem.

Volgens Nicolette kon daar geen verduideliking gegee word oor waarom hul huweliksertifikaat nie op die stelsel is nie.

Verskeie besoeke aan ’n kantoor van binnelandse sake (en ure lange toustanery) later wag die egpaar steeds op die uitstaande geboorte -en huweliksertifikaat.

Die egpaar het selfs ten duurste ’n agent aangestel om namens hulle hul aansoeke op te volg. Ook die agent kon g’n hond haaraf maak nie, terwyl die tyd naderkruip vir die egpaar om die land te verlaat.

“[Binnelandse sake] verhoed my om ’n beter toekoms vir myself en my gesin te skep.

“My familie kom van Zimbabwe. Ons is daar uitgejaag toe ek ’n baba was en ons het na Suid-Afrika gekom vir ’n beter lewe. Ons het dit nie gekry nie en dis hoekom ons nou ’n beter lewe in Nederland gaan soek,” vertel ’n raadop Nicolette.

Maroela Media het ’n navraag aan die departement van binnelandse sake gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Nie Verbaas ·

Jammer om te sê maar waar BEE ANC lede werk gebeur daar 99% van die tyd net bietjie meer as niks. Hulle is hopeloos.

Andrew ·

Die europiers sal hulle eerder n volksvreemde migrant op n boot in-neem as een van hul eie afstammelinge. Hoeveel asiel soekers het hoegenaamd reis of geboorte dokumente?

Lesly ·

Dis maklik. Vlieg na Frankryk en huur/koop ‘n rubber bootjie en kom na England.

Stian ·

Laat weet my as u na Nederland wil emigreer. Ek sal probeer help. Ek sal moontlik werk kan reël.

piet ·

Stian – Ek het iewers gelees dat die maklikste manier om daar in te kom, is om ‘n Hollandse nooi te trou. Jy kan selfs hier in SA met haar trou, dan gaan sy terug. Jy wag hier tot jou dokumentasie uitgesorteer is en gaan dan oor. Baie koste-effektief. Dan skei jy net oor so ‘n jaar of twee (as jy wil), maar jy’s in. LOL

Cherokee ·

Piet, daar is wèl ‘n uiters moeilike fase in die proses wat jy noem. Dit is om jou vrou se toestemming te verkry.

Bart-Man ·

Ek is 45. Het nooit geweet jy moet n geboorte sertifikaat hê nie. Nou soek ek dadelik myne. Ek wil nie gyselaar gehou word oor papierwerk nie.

Blikkies ·

MM moenie julle asems ophou vir n antwoord vanaf Binnelandse sake nie. Ek wag nou al langer as 4 jaar vir terugvoering oor my geboorte sertifikaat? Ek wou nie emigreer nie , maar het dit nodig vir ander redes.

Misky ·

Wou presies dieselfde sê Blikkies en geen antwoord sal verskaf word nie. Ek sukkel nou al langer as ‘n jaar om my en my seun se id kaarte te doen. Oral waar jy kom, soek instansies id’s, maar wat nou en dis onmoontlik om te kry

miavos ·

ASSEBLIEF!! Kan hulle nie net PROBEER om hul slegte reputasie te verbeter nie??

Tiptol ·

Hulle het nie die vermoë om verleë te voel nie. Pla hul glad nie.

Toy ·

Absoluut moedswillig en treurig, sies kry hulle nie skaam oor hul swak diens nie. Dis ‘n skande.

Marigold ·

Ons sit in presies dieselfde bootjie wat die huweliksertifikate betref, vir ñ jaar nou al. Ek sit met afskrifte van ingediende dokumente en betaalstrokies maar hulle kan dit glo ook nerens op die sisteem vind nie. Ek hoop van harte julle kom geholpe, hulle speel regtig met ñ mens en jou kinders se toekoms

Danie ·

Ek kry so hol kol op my maag elke keer as en die woord Home Affairs hoor…….
Selfds 3de wêreld lande se binnelandse sake is vinniger en meer doeltreffend as SA
Ek is skaam om n ZA paspoort te dra!!!

marius ·

Niks anders as om hul misnoee oor hul eie hopelose onbevoegdheid en onvermoeens om enigsins suksesvol te wees op wittes uit te haal nie . Dis die waarheid .

Charmain ·

Dis n absolute nagmerrie om enige dokumente uit n staatsdepartement te kry. My man het 18 maande gewag vir sy volledige geboortesertifikaat en amper 10 maande vir die Police Clearance certificate!!

Hardekwas ·

Dis vreemd. Ek het my polisie klarings sertifikaat binne 2 dae gekry.

Elinette ·

Ja, maar hulle wil ons nog altyd in die see in jaag, nè?

Hennie ·

Jou gevoel is reg, hulle wil jou wit vel soos mayonnaise smeer op toast! Hulle WIL jou lewe hel maak, jou wys wie is “baas”!

Casper ·

Nou kan julle verstaan hoekom ek na 37 jaar by hierdie departement besluit het om op 60 met pension af te gaan.Hulle eet eers ontbyt van half 8 tot hulle klaar is want covid”vereis “dit.Hulke moet middagete vat sommer vir ‘n uur.Daar is geen dienstros nie.Hulle moun as hulle nie PMDS kry nie,hulle strike oor verhogings maar werk daarvoor aikona.Ek stel voor julle skakel die minister of direkteur-generaal se kantoor.

Misky ·

Indien die Departement van Binnelandse sake enigsins ‘n “DIENS” aan die publiek wou verskaf het, sou hulle lankal ‘n plan gemaak het. Dis mos werkskepping vir hulle kaders. Bou ekstra kantore in elke dorp en sodoende kry meer mense werk en ons die nodige dokumente. Ons hande is afgekap en ek is al raadop!!!!!

Elize ·

Ek sal graag wil weet wat die Dept se antw is want dit is presies dieselfde met ons. Ek het in Nov 2019 aansoek gedoen vir my dogter wat tans in Dubai bly vir haar geboortesertifikaat, haar man en 2 kinders sin asook hulle trou sertifikaat. Ek het binne ‘n paar weke haar man en kinders sin gekry maar hare en die trousertifikaat kry ek nie. Hulle kan dit glo nie in die argiewe vind nie. Ons was seker al 15 keer by die kantore in Akasia. Ons het al aan elke Direkteur en supervisor emails gestuur. ons het al verskeie ander vorms ingevul maar ons hoor net niks van hulle nie en elke keer as ons daar opdaag dan se hulle net hulle het nogniks van hoofkantoor ontvang nie.
Maroela Media ek sal baie bly wees as julle kan help.

Philip ·

Die knape tree reg van die begin af as n kollektiewe werksmag in al die staatsdiens se onderskeie departemente . MAW die skuld vir swak dienste word deur niemand aanvaar nie dit word eerder van bakboord na stuurboord rondgestuur totdat die publiek moed verloor of met hofsake begin dreig.Ek het dit al ondervind met alles waar die ANC hulle kloue ingeslaan het daarom stort alles om ons in duie.

Oom Hennie Pennie ·

‘n Beter lewe is slegs in Jesus Christus. As jy Hom as jou Saligmaker en Verlosser aangeneem het dan kan jy enige plek versorg wees.,

groenboer ·

Ek wonder of hulle nie dalk ‘n regsbeen het om op te staan as hulle by Nederland aansoek doen om vlugtelingstatus nie…

Hoekom ·

Ons verwag te veel vanaf ‘n regering wat niks beteken nie.

Hardekwas ·

Ek is jammer om myself weer te herhaal, maar moet net weer sê, ons bly in n agterlike, boef geinfekteerde, kriminele paradys van n piesang republiek.

Alida ·

Ons seun het so jaar gelede werk gekry in België, maar hy moes binne 2 maande daar begin. Daar was nie genoeg tyd vir die unabridged geboortesertifikaat wat hy binne 6 maande na sy aankoms daar moes toon nie. Hy het toe duur betaal en n agentskap gekry om die aansoek en Apostille vir hom te doen, en hy het dit toe na so 4 maande in België ontvang. Ons moes ons huweliksertifikaat vir n ander rede kry en het toe ook dieselfde agentskap gebruik. Het dit binne 4 weke gekry. Ek dink die agentskappe gebruik n deel van hulle astronomiese fooie om werkers by binnelandse sake te betaal, en sonder daai betalings (lees omkoopgeld) kom jy nêrens met n gewone aansoek nie.

Wynand ·

Ons het in 2018 aansoek gedoen vir ‘n “unabridged” geboortesertifikaat asook ‘n huwelikssertifikaat (getroud in 2002). Ons wag tot vandag toe nog alhoewel ons telkemale navraag gedoen. Nadat daar niks van gekom het nie, het ons weer aansoek gedoen en weer betaal, maar nog geen sertifikate nie.

Ansie ·

Hopeloos onbevoegde amptenare soos deesdae so baie in die staatsdiens gebeur, maar baie vinnig om te staak om hulle sin te kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.