Departement sê video’s van LUR is gedokter

Sindiswa Gomba (Foto: ANA)

Die provinsiale departement van gesondheid het gesê die twee video’s van Sindiswa Gomba, LUR van gesondheid in die Oos-Kaap, waarin sy glo ’n wind in die een laat en ’n rassistiese opmerking in die ander maak, is geredigeer.

Die onderskeie video’s is vandeesweek wyd op sosiale media versprei nadat Gomba Maandag ’n televisieonderhoud met SABC News gedoen het. Die betrokke onderhoud is gevoer kort nadat Kubaanse dokters na die Oos-Kaap gestuur is om gesondheidwerkers by te staan wat oorval is met Covid-19-gevalle.

In die een video kla die LUR glo dat die provinsie nie “wit” Kubaanse dokters soos Noordwes ontvang het nie. Nog ʼn video is later versprei waarin Gomba gedurende ʼn TV-onderhoud oor haar woorde struikel  en blykbaar ʼn wind in die proses laat. Sy vra dan om verskoning aan die persoon wat die onderhoud voer.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die departement, het egter Dinsdag in ʼn verklaring gesê dié video’s is gemanipuleer en word deur die departement veroordeel.

Volgens Kupelo het Gomba in werklikheid om verskoning aan die premier gevra omdat die dokters nie korrek aangetrek was vir die geleentheid nie; hulle het daarna wit doktersjasse gekry.

“Om die video te wysig om by ’n sekere narratief te pas, is kwaadwillig en is bedoel om die LUR as ’n rassis voor te stel wat nie verder van die waarheid kan wees nie,” het Kupelo gesê.

Wat die tweede video betref, het Kupelo gesê die kameraspan kan daarvan getuig dat Gomba nie gedurende die onderhoud ʼn wind gelaat het nie, maar om verskoning gevra het nadat sy haar verkeerd uitgedruk het.

Volgens Kupelo is die klankeffek in die video wat op sosiale media versprei is, geredigeer.

Die departement bestempel die video’s as ʼn aanval op die LUR se karakter in ’n poging om haar uit haar amp te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Raadslid ·

As ‘n poep begin nuus raak dan het ons groter moeilikheid as wat ons dink…..

Fedup ·

You owe me a cup off coffee. I burst out laughing and now my coffee is spilled.

JohanR ·

To poep or not to poep that is the question! The wind in the willows! Gone with the wind! Sy het net ‘n doek nodig dan kan sy President Nkosazana Dlamini Zuma wees. Waar kry die ANC hulle? Noudat sy ‘n groot wind gelaat het, het sy seker nou ‘n groot kans om eendag president van Suid Afrika te word?

Anoniem ·

Nou het ek alles gehoor (behalwe die wind). Ek het lanklaas so lekker gelag. Soos iemand gesê het …. “blêrrie vorspot!!”

Kanjynoumeer ·

Hahahahaaa, maar dit is glad nie onwaarskynlik nie. Dood moet n oorsaak hê. Heheheee

Fedup ·

Oh please gomba. Your friends invited and welcomed your cuban friends with open arms. Now you want you complain about their colour? Doctered video’s my big toe.
Oldest excuse in the book.
And what did you eat to make you trumpet like that?

Riekie ·

Hoekom sê sy dan sorry? Hoekom is alles altyd kamstig gekook om hulle verleentheid te verbloem?

Ellie ·

As dit dan nie die regte uitsending was (met die poepklank) nie, kan julle asb dan die oorspronklike video uitsending plaas?

Pieter J ·

Moet sê ek geniet dit nogal as mense so die spot dryf met hierdie spul wat hulself so belangrik ag.

Genis ·

Dit is eindelik so n skande… wat n spul vermaaklikheids onbevoegde klomp kaders

4ntj13 ·

Die poep klink teen die mikrofoon. Miskien die kameraman wat geluide gemaak het teen ʼn onwetend aan mikrofoon? Of dit was werklik iets baie erger as ʼn poep!

Jaco ·

Hoe kan sy as ‘n rassis voorgestel word as sy juis wit dokters wou hê? Sover ek weet kan sy anyway nie rassisties wees nie, want in SA is rassisme met rassisme as wit mense lelik is met swart mense.

Andre ·

As daar nie ‘n mikrofoon by haar boude was nie, was dit ‘n monster poep!!!!

Mariana ·

Ja nee wat bohaai oor windjie. Wat maak dit tog nou saak of sy een gelos het of nie. Wie kan sê dat hulle nog nooit so ‘n onwelkome of sommige gevalle welkome knor gelos het op die mees onverwagte tyd en plek nie. Of dit nou in die middel van ‘n winkel was of selfs in die kerk nie. Dit kom ons almal oor op een of ander stadium. En kyk ons lag heerlik oor dit. Dit is een van die natuurlikste dinge van menswees.

Rose ·

Party Suid-Afrikaners is baie kreatief, ek het behoorlik gehuil soos ek gelag het, was vrek snaaks.

Sarel ·

HA HA HIE HIE rerig!!Die Komedie van die dag! Tjorts….oops

Bernard ·

Die ou imperialistiese sêding: When in a hole, stop digging.”

Vonkprop ·

Ek is in die videobedryf en die mikrofone wat gebruik word is baie sensitief. Dit kan klank optel in alle WINDrigtings. Ek sal graag die oorspronklike beeldmateriaal wil sien. Hoekom giggel sy dan as sy jammer sê? In dieselfde asem, as iemand sy storie ken kan jy baie regkry in redigering. Laat die winde van verandering waai.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nou verstaan Daan nie. Kupelo seg dan sy het dit “uitgedruk”. Praat hy in raaisels of ruik ons iets?

Annelie ·

LEER BY DIE PRESIDENT SISTA!!!! Mnr. Ramaphosa kon sy masker-verleentheid met n uiters goeie sin vir humor regstel…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.