Departement verwerp video oor ‘entstofsterftes’

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Misleidende video wat tans die ronde op sosialemediaplatforms doen en waarin beweer word dat mense wat teen Covid-19 ingeënt is weens die entstof sterf, het talle mense op hol gehad.

Die departement van gesondheid sê egter die video is geskep om die gebruik van ʼn ongeregistreerde oor-die-toonbank-produk, genaamd Nature’s Choice, Activated Charcoal, te bevorder as die oplossing om hierdie sterftes glo te verhoed.

Foster Mohale, woordvoerder van die departement, sê daar is geen sterftes wat met Covid-19-entstowwe verband hou nie, “behalwe die drie gevalle waaroor die departement vroeg verlede jaar berig het”.

“Lede van die publiek word versoek om hierdie misleidende sosialemedia-inhoud te ignoreer. Die video het die potensiaal om aansienlike verwarring, woede en angs te veroorsaak, veral onder diegene wat hul geliefdes weens die Covid-19-pandemie verloor het.”

Hy sê daar is geen bewyse wat daarop dui dat die Covid-19-entstof nou lewens eis nie.

“Mense word versoek om hierdie stemboodskap te ignoreer en hulle van die gebruik van Nature’s Choice, Activated Charcoal te distansieer om sterftes weens Covid-19-entstof te voorkom.

“Hierdie produk is nie geregistreer by die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) nie – wat die veiligheid, doeltreffendheid en gehalte van alle medisyne wat in die land versprei word, vasstel en reguleer,” sê Mohale.

Volgens die departement word die produk genaamd Activated Charcoal gewoonlik ná alkoholmisbruik en die inname van gif gebruik.

“Sommige mense drink dit om winderigheid te verlig. As ʼn persoon op behandeling is, kan geaktiveerde houtskool aan die aktiewe bestanddeel bind en die doeltreffendheid van medikasie verminder. Misbruik van geaktiveerde houtskool kan ook inmeng met die opname van voedingstowwe in die dieet.

“Die departement raai mense aan om enige oor-die-toonbank- en ongeskeduleerde gesondheidsprodukte met omsigtigheid en met raadgewing van ʼn geregistreerde gesondheidswerker te gebruik,” sê Mohale.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Diepoppie ·

ai tog.. Weer mense wat die land wil ophol jaag oor twak.. As dit die waarheid was moes derduisende mense al twee jaar terug gesterf het sodra hulle die ent gekry het..

Raadsman ·

Dit is ‘n wereld wye feit met bewyse dat mense dood gaan a g v die covid inspuitings ogelukkig kan niemand nou iets daaraan doen nie. Dit help nie die departement skop daar teen nie, plaas dat hulle die Nature’s Choice, Activated Charcoal medikasie ondersoek of dit wel werk, nou skiet hulle dit af sonder ordentlike navorsing oor die produk. So kan mense gehelp word.

Vriendelike Frikkie ·

Daar gaan die sameswerings weer. Kan die mense iets anders kry om hulle aandag af te lei nie? Soos om in die tuin te gaan werk of om blokkiesraaisels in te vul nie? Die Dunning-Kruger effek loop sterk hier.

Ore ·

Wel, ek stem saam maar ook nie. Vreemd dat kinders skielik aan hartaanvalle beswyk en so ook vroue. Mense wat ‘n gesonde leefstyl gehandhaaf het het skielik agv pulminêre emblosme beswyk. Laat mens maar net wonder

Vettiemaragartos ·

@ Vriendelike Frikkie ek stem ongelukkig nie met jou saam nie. Ek dink die volstruis se kop in die sand is meer hier van toepassing.

Michael ·

Mense sterf in hul duisende wereldwyd weens die inspuiting. Talle jong kinders sterf aan hartaanvalle en ander siektes wat voor 2020 byna nooit onder kinders voorgekom het nie. Mense kry siektes waarvoor medici geen verklaring het nie want hullle mmag nie die regte oorsaak bekend maak nie. Natuurlik sal die departement beweer dis alles onsin want hulle is miljoene betaal om die volk met die inspuitings te verongeluk

Mari ·

Gaan kyk op Youtube die onderhoud wat Dr John Campbell met die Amerikaanse kardioloog Dr Peter McCullough het. Die Video se tema is: Myocarditis paper.

Christine ·

Wow…… ok. Net drie mense…..mmmm – net omdat Natures Choice nie deur die mediese raad goedgekeur is nie en die regering nie daaruit geld maak nie beteken nie dis nie goeie medisyne nie. Ek laat my nie vir een oomblik vertel die regerings van hierdie wêreld is pro-lewe en het jou gesondheid op hulle harte nie, inteendeel. Dit was maar net die begin van grootskaalse indoktronasie van die nasie…… verstommend hoe mense aan hulle neuse rondgesleur is. Ek is ‘n atleet – wens julle sien hoeveel in ons kringe net nie meer kan doen wat hulle voorheen gedoen het nie om nie te praat van dié wat net neergeslaan het nie. But, to each his own – moet net nooit dink hierdie of enige ander regering sal ooit aanspreeklikheid aanvaar vir die sg “sudden death syndrome ” nie…… nie tot Jesus kom nie.

Kokkies ·

daar is geen sterftes wat met Covid-19-entstowwe verband hou nie, “behalwe die drie gevalle waaroor die departement vroeg verlede jaar berig het”. Hoe weerspreek hy homself. So ek kan ook sê ek was nog nooit in n ongeluk nie, behalwe die keer wat n kar my van my motorfiets af gery het.

Gaitsigubib ·

Gee wonder die ANC is so sterk in die land nie. As jy iemand vra waarom hulle iets doen se hulle “want Oom Cyril het so gese en hy sal mos nie vir my jok nie”. Ek dink mans het deesdae te min testosteroon, dis dalk die waarom hulle so maklik soos skape gely kan word. Die WHO kan nie wag om hul voorstelle wat huidiglik ter tafel gele word te implimenteer nie. Die wereld populasie van vandag hou van imperkings en regulering en vreet alles soos soetkoek op.

Wakkerslaper ·

Dit is nonsens dat die COVID entstof ‘n klomp mense doodmaak… sien die volgende artikel, verlede week gepubliseer in Vaccine, ‘n erkende weteskaplike joernaal.

“COVID-19 vaccines and adverse events of special interest: A multinational Global Vaccine Data Network (GVDN) cohort study of 99 million vaccinated individuals.”

In kort: soos VERWAG, het ‘n baie klein proporsie van die 99 MILJOEN mense wat die entstof ontvang het gesondheidsprobleme ervaar (bv. hartprobleme). Die resultate is in lyn met ander studies wat dieselfde gewys het en dit is NIKS vreemd nie. Die risiko’s met die entstof was ook van die begin af bekend gemaak – niemand steek niks weg nie! Soos met ALLE medisyne is daar ‘n klein waarskynlikheid vir newe-effekte in sommige persone, maar dit is baie seldsaam.

Gaitsigubib ·

Jy is reg Christine dit MOET so wees want Openbaring 13:17 in ons bybel se: “sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het”. As kind het ek geglo, wie sal toelaat dat hulle n merk op jou aanbring om te kan koop en verkoop, nadat jy hierdie gelees het, maar ek was klein, onskuldig en naief.

Deon ·

Al die gevalle word nie aangemeld nie. Ek het twee jaar na nie die ent twee hart aanvalle gehad en moes vier omleinings kry. Ek het nooit grook nie, fiks en my LDL laag. Dokters het dit toe aan ent tegeskyf.

George ·

@Christine, nou wys bietjie jou bewyse. Watter klub is jy atleet? Weet jy hoeveel kan nie na hul covid opgetel het doen wat hulle nie kon nie, meer. SDS is n eeu oue ding, soos wiegiedood, of is dit ook covid?

Jan Jacobs ·

George ongelukkig, Kan almal nie die waarheid sien nie, party is net nie wakker slapers nie en vriendelike vriende kan nie geglo word nie.

Charl Albertus ·

Ek het nie die video gesien nie maar ek vermoed daar is genoeg bewyse om te sê dat baie mense geaffekteer is deur die ent. Daar is selfs ‘n ongelooflike toename in onverklaarde sterftes. Van die sports helde wat dood is is seker meer bekend. Maar daar is baie wat onbekend is. Selfs net die hofsake oor die wêreld spreuk boekdele.

Jacobus ·

Slaap maar gerus lekker voort. Natuurlik met die biljoene insentiewe wat betaal is lyk sake sommer rooskleurig. Vir die rasieleier van die vaksiene kan mens net jou kop skud. Lees meer Boet en nie net die sosiale media en “ontken alles” HSM. Daar is mense wat betaal word om te lieg en te ontken.

Anon ·

Dit is verstommend dat mense glo daar is nie waarheid aan nie. Dit is deur een van die wêreld ae top viroloeë voorspel en dit is wêreldwyd deur top medici bewys. Dink die Departement van Gesondheid dat ek persoonlik ENIGE vertroue in hulle blind ondersteun van die mens gemaakte Covid-19 vertrou? Doen huiswerk mense, dink logies en rasioneel en gaan gind die waarheid want dit is wat dit is.

Theo ·

Ek kan met sekerheid se nadat ek die ent ontvang het is ek met tye baie benoud en het nie Covid gehad nie.

RissiepitAnna ·

@ Gaitsigubib – Wat vir my die ergste was, is dat mense geglo het dis die sogenaamde merk van die dier. Ek weet nie of ek moet lag of op en af spring nie, mense dis regtig nie die merk van die dier nie.

Christine ·

Liewe George en kie, ek behoort nie meer aan ‘n klub nie – ek beoefen my sport op my eie terme veral toe ek hoor jy moet óf gespuit wees óf vir ‘n COVID toets betaal om aan sekere goed te kon deelneem (ek wonder wie het daar so lekker geskep). Tweedens gaan AL die bewyse van baie geleerde mense in elk geval nie ‘n verskil maak aan jou of dié wat die regering se medisyne gevat het nie want jy het reeds besluit. Sterkte met jou keuses – al die keuses op die lewenspad. Nou moet ek gaan werk. Liefde!

Ian ·

Die 75% wat nie teen covid gespuit is nie en nie maskers gedra het nie en hulle nie aan die media histerie gesteur het nie, het absoluut niks oorgekom nie.

Bolandse Nooi ·

Wag, nou moet ek eers “check” … leef ek nog??? Ja-nee, daar is nog ‘n hartklop … ek leef dus nog al is ek 50+, geweldig oorgewig, ‘n diabeet (met komplikasies), hoë cholesterol en hartvatsiekte en het ek het nog ELKE JAAR sedert 2020 my COVid-19 inspuiting en “booster” gekry. Ek het in 2019 laas verkoue gehad … ek toets nog elke keer negatief as ek die dag besluit om wel vir COVid te toets … Hmm, ek wonder wat doen ek reg en ander verkeerd, synde daar dan nou soooooo baie mense doodgaan aan allerlei “onbekende” siektes en hartaanvalle na hulle die ‘jab’ gehad het.

Helien ·

Sjoe is ongelooflik hoe mense dink en voel oor die Vaccine. Ons het almal die reg om
te dink en te doen. In Afrika is daar baie min mense dood. Afrika het geweier om om die Vaccine te neem. Mense gaan kyk op YouTube hoeveel mense dood is. Daar is baie Drs wat oor die Vaccine praat. In Amerika begin die Drs hof sake. Die mense wat die Vaccine geneem het, is nie meer dieselfde nie. Gaan doen julle eie navorsing. Ongelukkig vertrou ek nie ons Regering nie.

Josua ·

En steeds wil mense die entstof goed praat, wys jou wat onkunde aan mense doen. Die mense wat so ” Brag” dat julle wel die entstof gekry het wil ek vir julle sê, gaan dankie die Here in die hemel dat julle nie die “ware jacob” vry gespring het maar daarop sal ek nie uitbry nie want hoe gouer die mense hof toe gesleep word in SA wat dit op mense af gedwing het hoe beter . Ek kan getuig van mense in my eie familie en friende kring wat hul lewe verloor het agv die entstof. Ongelukkig die slegte nuus is dat mense wat wel ingeent was val almal wat nog binne die 5jaar tydperk waar moontlike newe effekte kan ontwikkel. Ek kan getuig van n SA dokter wat bloed ontleding doen en kan ek julle belowe mense staan in rye om hul bloed skoon gemaak te kry, so vir jou my vriend wat geswig het wil ek jou vra vandag, Groot asb gaan op jou kniee en vra ons Vader om jou gesond te hou en te beskerm want hietdie hele entstof ding van die begin was boos in groot letters geskryf. Gaan doen navorsing en gaan kyk hoefeel hofsake is reg oor die wereld aan die gang om hierdie bose mense tot aanspreeklikheid te bring dan sal julle vir eens en altyd wakker skrik. Ek verwens niemand nie maar groot asb mense hou op om die gemors goed te praat want duidelik weet julle nie wat julle nie weet nie.

piet ·

Ek is bly dat ek nie met die dood gedobbel het nie en wel die entstof geneem het, dis al.

Theunis ·

Of jy nou die jab/vaccine/ booster of wat ook al gevat het, is jou probleem of keuse. Net soos jy daarna wil kyk. Ek is 1 van baie wat nie die jab gekry het nie. En dit was my eie keuse. Moet my nie probeer dwing met afgewaterde bewyse of kamsy
tige toetse nie. Daar was geen toetse nie. Die media het almal op hol gehad met al die lieg stories van hoe goed die vaccines is en hoe goed dit werk. Ek het nie vir dit geval nie dankie.

Bolandse Nooi ·

@Joshua, ek is nou in my 4de jaar nadat ek die eerste “jab” gekry het. Behalwe vir ‘n seer arm vir so ‘n paar uur na die “jab”, is ek nog springlewendig ek (relatief) gesond (as mens nou die ander ‘komorbiditeite’ buite rekening laat). Ek praat net uit ondervinding. Ek sê mos – ek het in 2019 laas verkoue gehad!

@piet, ek stem saam: ek is maar eerder Bang San as Dooi’ San – ek is bly ek het die ‘jab’ geneem. Die mense wat so allerlei twak glo oor die onveiligheid van vaksines … Vaksines is al JARRRRRRRRE lank in ontwikkeling, net omdat die COVid-19 vaksine so vinnig ontwikkel is, beteken NIE dat dit net halfweg ondersoek is en nie vir menslike gebruik ontwikkel is nie. Die virus en al sy variante wat COVid veroorsaak, is al JARRRRRRRE in omtrek … nog nooit het dit egter so vinnig versprei soos met die laaste pandemie nie. Die sg. “Groot Griep” van 1918 was óók (waarskynlik) ‘n COVid variant en het op ‘n stadium in Kaapstad alleen tot 400 mense PER DAG dood laat neerslaan. Groot virale pandemies kom so elke 80 – 100 jaar voor, as ek nou die goed wat ek lees, reg verstaan.

Cherokee ·

In ‘n gesprek met ons paneeldokter, het sy my en my vrou probeer oorreed met ‘n stelling wat daarop neergekom het, dat sy daaroor navorsing gedoen het, en ten gunste is daarvoor. Steeds, al wat die dokter gedoen het, is wat ‘n oorweldigende deel van die kommentators doen. Dit is om, net soos in politiek, agter die massa aan te drentel. Ons het vir haar, die dokter, gelag en gesê, sy is verkeerd.

Helena ·

@CHRISTINE
@JOSHUA
Ek stem volkome met Jul saam…. Ek wil net noem dat ek 20 jaar laas verkoue gehad het….(BN)
Wat ek wel wil vra? Hoekom is die inenters (ek praat nou van AL die tipe inentings) bang vir aansteek bd die persoon/kind wat nie geént is nie?? Jy is Mos veronderstel om ummien te wees @ sogenaamde “virus” of watookalse siektes?

Gaitsigubib ·

Goeie vraag Helena. Hulle was nie slegs bang dat ons hulle sou siek maak nie ( terwyl hulle veronderstel is om immuun te wees), hulle het jou soos n melaaste persoon, uit die samelewing verban. My vrou het amper haar werk verloor. Hulle het haar letterlik afgepers. Informasie word steeds gemanipileer en beheer. Die gesprek behoort nie nou nog te wees of dit skade gemaak het nie, maar wat die omvang is en of die skade herstel kan word.

Christine ·

@RissiepitAnna, dis nie die merk van die dier nie – dis net sy voorafganger, die sosiale eksperiment om te sien hoeveel mense wat sal gee om net weer te kan koop en verkoop, aan sport te kan deelneem ens onder abdere….. dis ‘n baie bose agenda maar ek gaan jou nie oortuig nie. Bid maar vir wysheid in die toekoms want dié was maar net die begin.

Johannes ·

Dink daar is baie mense wat moet walker word want sodra dit hulle tref Sal bulle n Andre storie sing. Die geld mag erken openlik dat hulle mense minder wil maak en regerings wat nie saam werk se leiers word uitgehaal. Die wat saam werk kry baie geld vanaf geldmag. Vra jouself af. Malema was niks en skielik het hy so baie. Ramaphosa dieselfde

RissiepitAnna ·

@ Christine – maar dis mos wat ek gese het, lees mooi, dit is nie die merk van die dier nie, dis ook nie die voorloper nie, Ons mense is so onkundig, liewe heiland, gaan bestudeer eskatologie, die merk het niks te doen met in entings nie. Dis ook nie ingeplante micro chips nie. (jammer ek kan nie meer veduidelik op die paltform nie)

Andries ·

Ek het al drie die inspuitings gekry en is so gesond as wat ‘n mens op 83 kan wees. As ek nou sou sterf, kan ek die inspuitings daarvoor blameer of is dit natuurlike oorsake.

Marietjie ·

Kanker het eweskielik na Covid die hoogtes ingeskiet onder tieners. Mmmmm. Ek wonder hoekom. Het julle gesien wat Fauci met Beagle hondjies doen? En jul vertrou sy patente? LOL. Vat wat jul toekom.

Helena ·

AL ooit gewonder waar Kom “AIDS” vandaan? Skielik op die horsison verskyn….Ons almal was op “hol” gejaag…. Excuse the pun…. En ons het mense met Aids gevrees! “Gays” was AL in die Bybel se tyd…. Toe was hul nie so sieklik! Wonder nog Altyd wat is in daardie after pille en inspuitings ….??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.