Derde verdagte oor liggaam op bakkie kry borgtog

Brits-landdroshof (Foto: Maroela Media)

Die derde verdagte in die ondersoek na die moord op Dumisani Phakathi, het Woensdag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn nadat die liggaam van die 45-jarige slagoffer agterop ʼn bakkie waarin Louis Coetzee (47) en Jaco Kemp (45) gery het, die afgelope naweek gevind is.

Maroela Media het vroeër berig Coetzee en Kemp het Dinsdag in die hof verskyn. Die derde verdagte in die saak, Gert van der Westhuizen (39), is later dieselfde dag in hegtenis geneem.

Polisiebeamptes was Sondag omstreeks 02:00 besig met roetinepatrollies toe hulle ʼn verdagte Nissan NP 200-bakkie gewaar het.

Beamptes het die bakkie van die pad afgetrek en deursoek waarna daar op die liggaam van Phakathi onder plastieksakke op die laaibak van die bakkie afgekom is.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het die twee verdagtes probeer weghardloop, maar hulle is oomblikke later in hegtenis geneem. Funani het vroeër gesê die oorledene het glo water op ʼn plaas gaan haal toe hy na bewering aangerand is.

Van der Westhuizen is op borgtog van R5 000 vrygelaat en sal Dinsdag weer saam met Coetzee en Kemp in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Simon ·

Nee, hy het die midag water gaan haal en vermoor, die menere het middernag plek gesoek om die lyk te damp

Faraway ·

Hoe mens ookal herna kyk . . .
Een verkeerd maak nie n ander verkeerd reg nie

Sobymykoolkop ·

Dink nie jy het enige idee in watter vrees en onrustigheid boere lewe nie….dalk. net dalk was dit hy of hulle. Die polisie KLAAR gesê hy het net water gaan haal. Heel toevallig op ń plaas.

Amelia ·

Stem saam hoekom nie eers gevra vir water nie en wie betaal vir dit het sy boorgat is nog steeds diesel wat gekoop moet word vir pomp en boere kan nie meer net mense op plaas laat in en uit nie te gevaarlik

Blikke ·

Maak nie saak wat die omstandighede is nie…..die manne het groot moeilikheid!!!

Casper ·

Iemand dood maak oor water.Is dit regtig wat gebeur het of is daar iets wat ons nie weet nie.Hoekom probeer hulle weg hardloop.

Jasper ·

Tiepies wat mens gaan begin sien omdat daar weinig gedoen word om Boere te beskerm en JM – Exclusively for Fools Party ook nog rassehaat aanwakker en geweld teen Boere propageer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.