Derde verdagte vas oor liggaam op bakkie

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

Louis Coetzee (47) en Jaco Kemp (45) het Dinsdag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn ná die liggaam van Dumisani Phakathi (45) agterop die bakkie waarin hulle gery het, oor die naweek gevind is.

Maroela Media het vroeër berig polisiebeamptes was Sondag omstreeks 02:00 besig met roetinepatrollies toe hulle ʼn verdagte Nissan NP 200-bakkie gewaar het.

Beamptes het die bakkie van die pad afgetrek en deursoek waarna daar op die liggaam van ʼn 45-jarige man onder plastieksakke op die laaibak van die bakkie afgekom is.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het die twee verdagtes probeer weghardloop, maar hulle is oomblikke later in hegtenis geneem.

“ʼn Derde verdagte wat met dié saak verbind word, is ook Dinsdagoggend in Brits in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Woensdag in die Brits-landdroshof verskyn.”

Die oorledene het glo water op ʼn plaas gaan haal toe hy aangerand is. Geen verdere inligting is in dié stadium bekend gemaak nie en die ondersoek na die voorval duur voort.

Coetzee en Kemp se saak is tot volgende week Dinsdag vir formele borgtogaansoek uitgestel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Delia ·

Ai manne. Kon julle nie verder dink. Hoeveel wraakaanvalle gaan nou weer volg….

Janine ·

Wie sê hy het net water gaan haal? Dit klink bietjie vreemd….veral daai tyd van die nag?

Sobymykoolkop ·

Verwonder ek my ook. Die ou was dan reeds oorle, hoe sou die polisie dan reeds weet dit was die doel van sy besoek?

Piet 6 ·

Ek vermoed hy is al deur die dag vermoor en het hulle toe in die nag van die lyk probeer ontslae raak.

Marcello ·

Dit klink bietjie verdag, hoekom sal hulle hom aanval as hy water wou gaan haal?? . Daar is meer aan die storie, as wat ons weet.

Mnr De Beer ·

Daar is nie pille vir sulke stupid optrede nie. Dink voor julle sulke dinge doen mense! Dink!

Barry ·

Weet jy ook wat gebeur het? Moenie kommentaar lewer as jy nie weet wat om te sê nie!

007 ·

Ek glo regtig nie die storie van water gaan haal in die vroeë oggend ure nie. Maar hulle was baie dom, hulle moes hom net daar in die veld gelos het. En die polisie gebel het.

Rocco ·

Geen simpatie met die manne nie. Moenie die gereg in eie hande neem nie. Verdeel die land net verder.

John ·

Ek aanvaar jy bly nie op ‘n plaas waar jy elke dag deurloop met diefstal, strikke, onwettige betreding, brandestigting, ens?
Op’ n stadium, nadat al jou gesmeek om hulp vanaf die polisie op dowe ore val, gaan jy ook maar self die probleem wil aanspreek.

Hierdie boere word op hulle eie genade gelos. En wanneer hulle nie meer kan nie, dan spring die res baie maklik op en het baie kommentaar te lewer…

Rocco ·

Nee, ek bly nie op ‘n plaas nie. Ek ry nie met dooie mense in my voertuig rond nie. Ek hardloop nie vir die polisie weg nie. Al word ons gefaal deur die regering, en polisie – om reg in eie hande te neem gaan ons nêrens bring nie.

JohnnyS ·

Jy is baie naief of jy bly nie in Suid Afrika. Omtrent niemand het meer vertroue omrede reg-en -geregtigheid vervang is my korrupsie en onbevoegdheid.

Karoo ·

Jinne my mens…. nou gooi julle julle lewe ook weg. Sterkte aan al die families betrokke.

Hermina ·

Net daai mans en God weet wat werklik gebeur het mag geregtigheid geskied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.