Deurbraak ná moord op polisiebeampte

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn 23-jarige man is vandeesweek in hegtenis geneem, byna vier maande ná die moord op ʼn polisiesersant.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê lede van die Valke in Durban, saam met ʼn span van misdaadintelligensie, die Durban-blitspatrollie en die provinsiale trio-taakspan het Maandag die 23-jarige verdagte in hegtenis geneem.

“Sers. Siyabona Radebe, van die Umlazi-honde-eenheid, het op 15 Junie vanjaar pool gespeel by C-Section in Umlazi. Hy was nie aan diens nie. Twee verdagtes het die perseel betree en verskeie skote op hom gevuur. Hy is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.”

ʼn Saak van moord is ondersoek en aan die Valke se eenheid, wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, oorgegee.

Op 19 Junie 2021 het die polisie Siphondile Sithole (33) in hegtenis geneem. Een van haar vermeende medepligtiges is noodlottig gewond tydens ʼn skietery met die polisie. Die polisie se ondersoek het voortgeduur en die 23-jarige is uiteindelik in hegtenis geneem.

“Hy sal na verwagting Donderdag in die Umlazi-landdroshof verskyn saam met Sithole,” het Mhlongo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie ·

Hoeveel polisiemanne verg dit om polisie moordenaars aan te keer? As daar die nodige respek was vir die polisie was hierdie totaal onnodig. Maar wat gee ‘n swartgallige soos Cêle nou om? Net nog iets om te rapporteer!

Baardman ·

Dit sal nog uitkom eendag dat Cele die baasbrein van misdaad in SA is

Di ·

Dis beslis in opdrag van iemand gedoen – vind die baasbrein agter al die polisie moorde. Begin soektog by die een wat die uitlatings publiek gemaak het om polisie beamptes en stasie te teiken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.