Die Valke het vyf verdagtes in Montana, Pretoria, in hegtenis geneem nadat hulle glo ongeslypte diamante verkoop het.
“Die polisie het ʼn wenk ontvang dat die mans 33.3 karaat ongeslypte diamante wil verkoop,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê.
Die vyf persone het die diamante ter waarde van byna R6 miljoen in hul besit gehad.
“Die verdagtes, tussen 32 en 62 jaar oud, sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van die handeldryf in ongeslypte diamante,” het Mulaudzi bygevoeg.
Ons het jare terug in n kompleks in Montana gewoon. Daar was toe al n diamantsmokkelary aan die gang. Hulle het sommer my man verdink ook. En as dit die geval was het ons seker in oorvloed geleef. Maar ons was bankrot oor ons winkel wat ons gehad het, nie uitgewerk het nie. Ek glo eerder arm en die reguitpad loop as ryk en geldgierig
Dit vind orals plaas, nie net in die stad nie