Die presidensie het in ʼn verklaring gesê die taakspan sal saam met die betrokke belanghebbendes werk om Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en onderrig, te help om die situasie in bedwang te bring. “Ons moedig alle belanghebbendes, insluitend studente, universiteitsbesture, ouers en godsdiensleiers aan om hul samewerking aan die ministeriële taakspan te gee om te verseker dat ons kinders se toekoms nie in gedrang gebring word nie,” het Zuma gesê.
Benewens Nzimande bestaan die taakspan uit die volgende ministers:
Jeff Radebe – minister in die presidensie vir beplanning, monitering en evaluasie,
Naledi Pandor – minister van wetenskap en tegnologie,
Michael Masutha – minister van justisie en korrektiewe dienste,
David Mahlobo – minister van staatsveiligheid,
Nosiviwe Mapisa-Nqakula – minister van verdediging en militêre veterane en
Malusi Gigaba – minister van binnelandse sake.
Zuma het in die verklaring ook die geweld en beskadiging van eiendom op universiteitskampusse veroordeel en studente gevra om terug te keer na hul klasse terwyl daar “saam na ʼn oplossing vir die uitdagings van hoër onderwys in die land gesoek word”.
Lesings is Dinsdag by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) hervat te midde van ʼn swaar teenwoordigheid van polisie en private veiligheidsbeamptes. Ná die gewelddadige protes Maandag by die universiteit en in Braamfontein, het die bestuur besluit dat lesings wel sal voortgaan.
Verskeie ander universiteite het ook Maandag onder betogings deurgeloop, onder meer die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN), Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit van die Vrystaat (UV).
Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Maandag gesê daar sal nie ʼn landswye noodtoetstand verklaar word weens die #FeesMustFall-betogings nie. Hy het hom uitgespreek teen die gewelddadige optrede van die betogers en het hulle gevra om selfbeheersing aan die dag te lê.
Hahahahaha. Wat n gemors!!!
Dit maklik om vanuit die buiteland bevele te blaf. Waar is hy? Hoekom besoek hy nie persoonlik die kampusse en praat met sy volgelinge nie? Bangbroek.
Ata kry vir julle!!” Julle het mos dit begin daardie jaare. Nou sien julle kan dit nie stop nie frot frot. Dit is as jy nie jou kind kan leer deur hom te tugtig nie. Hahaha lol
Ek stem!!
Die oproerige studente moet gearresteer word. En deur die regsproses gaan om gevonnis te word. Daar moet sterk opgetree word om te verhoed dat die kriminaliteit voortduur in die toekoms. En die politieke rotte wat die weerlose massa uitbuit vir hul eie gewin.
Ek was nie n bevoorregte apartheidsbaba toe ek in ’87 martrikuleer en my ouers nie geld gehad het om my universiteit toe te stuur nie.
Stem saam Alida!
Hys te bang, hy sal dit nie naby die kampusse waag nie. Kruip agter sy lyfwagte weg.
Te veel kwotaspelers in die span.
Die uitslag van die taakspan se ondersoek sal beskikbaar wees in die jaar tweedui…. uh.. twintig ehhh…agt en tien. Hehehe…!!
Wat n Pateet !
O my genade wat ‘n ramp. Dit sal seker weerJan van Riebeeck se skuld wees. Niemand aanvaar mos verantwoordelikheid nie – almal plaas die blaam. Gaan seker die blaam na die wil kinders toe skuif omdag hulle waag om te studeer. Wag maar en kyk.
Die studente moet eis dat hy wat Zuma is onmiddellik terugkom vanwaar hy ookal wegkruip en hulle PERSOONLIK kom toespreek. Dit is mos waar hy sy stemme vandaan kry.
Ons moet almal maar Kersfees tuis deurbring naby die familie. As ‘n koek eers platgeval het in die oond help ‘n opstop met snesies en baie soet versiersuiker bo-oor met baie tierlantyntjies daarby, niks. Die eerste sny ontbloot die verraderlike leuens.
Zuma…die EFF wys vir jou ‘n toffie!
Ek dink die tyd het nou aangebreek waar studentekaarte gewys moet word voor die kampus betree word! So sal mens kan bepaal wie regtig studeer en persone wat net daar is om amok te maak!! Ek vermoed dat die uitkoms mense se oë sal laat oopgaan en so die kaf van die koring sal skei!!