Direkteur van maatskappy in hof vir Ters-bedrog

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn Direkteur van ʼn maatskappy op Bredasdorp in die Wes-Kaap het Vrydag in die hof verskyn in verband met bedrog by die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se tydelike verligtingskema (Ters).

Volgens Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, het die direkteur glo tussen Mei en Junie vanjaar valslik aansoek gedoen om Ters-fondse vir sy werkers.

“Die departement van arbeid het sowat R345 970 se Ters-fondse aan die maatskappy uitbetaal. Die direkteur het aangedui dat die fondse vir sy 44 werkers is – wat al van voor die Covid-19-pandemie vir hom werk,” bevestig Hani.

“Dit het egter aan die lig gekom dat dié werkers wel in die maande van inperking gewerk en hul volle salarisse gekry het. Hulle was dus nie geregtig om Ters-fondse te kry nie.”

Die direkteur is Donderdag op aanklagte van bedrog in hegtenis geneem nadat die Valke ʼn klopjag by sy kantoor op Bredasdorp uitgevoer het. Die Valke het beslag gelê op alle dokumente wat op die Ters-fonds betrekking het.

Die direkteur is Vrydag op borgtog van R5 000 vrygelaat en sal na verwagting weer op 25 Oktober in die hof verskyn.

Die ondersoek gaan intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarel ·

Nie voldoende veiligheidsmastreels.
Onvoldoende stelsels….en onbdvoegde en oorlaaide personeel

Di ·

Hierdie geld kon aan maatskappye betaal word wat dit regtig nodig gehad het. Skelms ook oral waar geld betrokke is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.