Lede van die Valke het ʼn maatskappydirekteur van Mtititi naby Malamulele in Limpopo in hegtenis geneem nadat sy glo miljoene rande se bedrieglike eise namens werkers ingedien het.
Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê die eenheid het drie weke gelede ʼn klagte ontvang dat die 47-jarige direkteur van die Mtititi Drop-In Centre glo R3,2 miljoen se eise vir die spesiale Covid-19-toelaag by die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) ingedien het.
Die vrou het dit glo tussen April en Augustus namens 242 voormalige werkers van die uitgebreide program vir openbare werke (EPWP) geëis.
Volgens die Valke is die werkers se dienste egter vóór die afsonderingstydperk beëindig. Die toelae het na bewering ook glad nie in die werkers se sakke beland nie.
Maluleke het gesê die vrou verskyn na verwagting Maandag in die Malamulele-landdroshof op bedrogaanklagte.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
En dis net hulle……
Ja !!! Lyk my daar is iets aan die kom, die mense word die laaste week of wat links en reg toe gesluit …uiteindeik ne !! Good Job Valke
Geen gewete!!
Mooi so
Nou moet julle net die ander 1000de ook vasvat vir die bedrog wat in die land bleik dit my 2de natuur geword het
En as hulle nie ‘n tip off gekry het nie……