Dis-Chem: Sakelui moet ruggraat wys

(Argieffoto: Dis-Chem)

Sakelui en maatskappye wat bekommerd is dat hulle met tot 10% van hul omset beboet gaan word omdat hulle nie aan die regering se voorgestelde wysigings aan gelyke indiensneming voldoen nie, moet ruggraat wys en begin terugveg.

Dr. Michael Cardo, die DA se woordvoerder oor indiensneming en arbeid, sê die “lafhartige” en “desperate” brief deur Ivan Saltzman, hoof van die apteekgroep Dis-Chem – waarin hy ʼn moratorium op die aanstel en bevordering van wit werkers plaas – benadruk die paniek wat heers oor voorgestelde wysigings aan die wetgewing.

Saltzman se brief aan werkers het ʼn herrie veroorsaak en selfs gelei tot oproepe dat die apteekgroep geboikot moet word.

Die DA staan die Wysigingswetsontwerp oor Billike Indiensneming in die parlement teen. Dit is in hierdie stadium op pres. Cyril Ramaphosa se lessenaar om onderteken te word.

Cardo sê die wetsontwerp is ʼn “skadelike en verwoestende” oefening in sosiale manipulasie wat werksgeleenthede gaan verwoes en Suid-Afrika se ekonomiese treurmares gaan vererger.

Die wetsontwerp laat die minister van indiensneming en arbeid toe om numeriese teikens te stel vir enige nasionale ekonomiese sektor na ʼn vaag omskryfde konsultasieproses met die tersaaklike sektore.

“Die minister gaan teikens kan stel vir verskillende beroepsvlakke, subsektore of streke, met kwaai boetes vir nie-voldoening. Die wetsontwerp fasiliteer die herinstelling van kwotas met ʼn ander naam,” sê Cardo.

“Uiteindelik gaan die nuwe billike indiensneming-regime beleggers afskrik, ekonomiese groei ondermyn en werksgeleenthede in die gedrang bring op ʼn tyd wat talle ondernemings op hul knieë is.”

Cardo sê Saltzman se brief word teen hierdie agtergrond geskryf.

“Pleks daarvan om in te val by die ANC se voorskrifte, behoort sakeleiers hul ruggraat op te spoor en te begin terugveg op dieselfde manier wat uitvoerende hoofde en voorsitters van genoteerde maatskappye invloeibeheer en werkreservering in die 1970’s en 1980’s uitgedaag het,” sê hy.

Volgens hom behoort die grondwetlikheid van die wetsontwerp getoets te word.

“Saltzman en sy eweknieë moet die stryd na die regering neem, eerder as om net toe te gee aan die departement van indiensneming en arbeid se Verwoerdiaanse fantasieë.”

In sy brief sê Saltzman ʼn moratorium word vanaf 19 September op die aanstelling en interne bevordering van wit werkers geplaas; geen aanstellings op bestuursvlak mag sonder die formele goedkeuring van Saltzman gedoen word nie en die behaal van gelyke indiensnemingsteikens sal in bestuurslede se bonusstruktuur ingewerk word.

“Dit is die koers tussen wit en swart wat tel. Wanneer geen geskikte swart kandidaat dus gevind kan word nie en ʼn wit mens word aangestel, benodig ons verskeie swart mense net om die status quo te handhaaf,” lui die brief voorts.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê Dis-Chem het “rasmalheid na ʼn nuwe vlak geneem en hulle moet gestuit word voor dit die nuwe norm word”.

“ʼn Absolute verbod op aanstellings en bevorderings is ʼn oortreding van die Wet op Gelyke Indiensneming. Dit is nie genuanseerd nie en ʼn blatante kwotastelsel wat ook deur die Wet en die Internasionale Arbeidsorganisasie se standaarde rakende diskriminasie verbied word.”

Hermann sê die organisasie gaan deur Dis-Chem die “rasdispuut in Suid-Afrika op die spits dryf”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Spook ·

AmY, die maatskappy kan dan maar seker na klïente onder die aangewese groep soek? Die werkers wat dus nie meer daar welkom is nie, gaan in elk geval deur middel van die maatskappy se rassistiese beleid uitgewerk word.

Manie ·

“lafhartige” en “desperate” Ivan Saltzman sê alles.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC sal ook voortgaan om ‘n wet deur te voer wat werkgewers sal verplig om swart wekers ‘n hoër salaris te betaal as wittes op dieselfde vlak.

Nommer 7 ·

Die Employment Equity Act sal hulle verhoed om dit te probeer doen.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nommer 7, die ANC verander wette vinniger as wat jy ‘n mielie eet. En die EFF sal hulle steun.

Republikein in die Wes Kaap ·

Kattebol, daar is JSE maatskappye wat miljoene rande betaal vir swart werkers net om hulle dienste te bekom. Daarna kry die “swart talent” ook “retention” bonusse vir ‘n paar jaar.

Pieter ·

Ek dink elke besigheid wat hierdie wetontwerp aanvaar en toepas in sy besigheid, moet maar net sy deure sluit as julle nie teen dit kan opstaan nie. Ons belastingbetalers het die mag , om te kies wie ons ondersteun. Ek se net as ek as blanke nie goed genoeg is om daar te werk nie, al het ek die kwalifikasies, dan is my geld ook nie goed genoeg om by die winkel of besigheid te spandeer nie. Julle wil teen my diskrimineer maar my geld is goed genoeg. Nee wat ek moedig elke blanke aan om nie meer Dischem of enigge onderneming te ondersteun wat die houding teenoor blankes inneem.

Chivago ·

Pieter, ek stem saam met jou in prinsiep. My vraag is egter oor die res; waar gaan jy kruideniersware koop, by Checkers, P&P, Shoprite? Almal pas dieselfde wet toe, ons sien dit net nie op skrif nie. Waar gaan jy klere koop, by Edgars, Pep, Woolworths? Dieselfde storie oral so hoe boikot ons al die besighede sonder om self daaronder te ly?

Pieter ·

Chivago, ek verstan jou punt, so ek stel voor om plaaslikke klein besighede te ondersteun. Elke dop het n groente winkel, vir jou groente,elke dorp het n groothandel winkel vir jou kos, klere dink ek ook elke dorp het klein klere winkels wat nie deel is van hierdie franchise nie. So dit gaan dalk bietie meer moeite wees om als in die hande te kry,maar ek dink dit kan gedoen word.

Antie Sarie ·

Koop by jou lokale spar. Ek weet by die een waar ek woon, is baie beek gesiggies. Seker nie oral so nie

Samuel ·

Ek dtem saam dat Dis-Chem geboikot word. My geld as witman en Afrikaner gaan hulle nie ryk maak nie. Ek is gelukkig nie ‘n ondersteuner van die maatskappy nie.

Wynand ·

Ek boikot Total vulstasies (verbind tot Dischem deur lojaliteitskaarte) en Dischem. Dischem verloor ongeveer R18 000 per jaar van my en Total R100 000 per jaar. Alle witmense moet vir een keer in ons lewens saamstaan en ALMAL Dischem en Total boikot. Ons is siek en sat vir al hierdie rassistiese nonsens!!

Koos 100 ·

Wynand, die probleem is dat ons te gou vergewe. Spur was in dieselfde bootjie en het jammer gesê, so alles is nou weer fine en “wit” geld word weer lekker spandeer. Ek is meet bekommered dat sulke aksies die besighede se aandele kan laat tuimel en dan kan die een of ander kader of iemand met die ANC se rugteun en my belastinggeld die besigheid opraap vir ‘n appel en ei, en dan het die plan mos gewerk!

Vicki ·

Wynand, ek stem saam dat ons witmense moet saamstaan, maar ons kon dit tot nou toe nog nie regkry nie want elke haan wil koning kraai oor sy eie mishoop.
Ek hoop egter dat ons dit nou sal kan doen!

Laurika ·

Saltzman is bekommerd om 10% van hul verdienste te verloor….. ons sal sien hoe daai persentasie lyk na hierdie slegte oordeelsfout van sy kant af. Totsiens Dischem, ek sal my toiletware en grimering van nou af elke maand op ‘n ander plek gaan koop.

Marius ·

As ek te wit is om by Dischem te werk is ek te wit om my geld daar te spandeer.
Julle sal nog lang trane huil oor die houding!!

Laurika ·

Daarsy, ek het reeds besluit om hulle te boikot. My toiletware en grimering het ek eksklusief daar gekoop elke maand, ek sal my R600 nou by ‘n ander plek gaan bestee. My dogter wat ook om en by R600 per maand daar bestee het, boikot hulle ook nou. Sy gaan elkeen van haar vriendinne, en ek my vriendinne, hierdie berig aanstuur. As ek en sy self ongeveer 5 mense kan werf om hulle ook te boikot, verloor hulle om en by R12000 per maand net deur ons. Dit is R144000.00 per jaar. Kom ons almal staan saam en doen dieselfde.

Kattebol ·

Dischem verloor uit net my huishouding meer as R50 000 per jaar.

Vonkprop ·

Ek lees die kommentare van die vorige artikels waar meeste mense sê hulle gaan eerder Clicks toe en boikot Dischem. Dit is baie lagwekkend vir my, want ek het bitter lanklaas ‘n wit werker by Clicks gesien en ek glo hulle volg dieselfde model as Dischem. Die feit is ons moet saamstaan as Afrikaners en ons eie ruggraat vind voordat ons besighede beskuldig dat hulle ruggraatloos is. Dit is hoekom our people is waar hulle is, want hulle staan saam. Een boodskap word tussen hulle gestuur om vir ‘n saak te baklei en duisende daag op. Ons verwag iemand anders gaan vir ons baklei. Wat ek deesdae doen is as ‘n maatskappy my oor die foon bel vir besigheid en ek weet hulle is sterk vir BEE dan sê ek reguit vir hulle my geld is nie goed genoeg as gevolg van my velkleur nie so ek stel nie belang in julle besigheid nie en ek druk die foon dood. My klein deeltjie wat ek maar doen.

Anel ·

Ek gaan al lankal nie meer Cliks toe nie. Ons mdiesefonds onderskryf hulle. Toe ek my man se voirskrif gee, sê die assistent die 1 pil, 2.5mg het hulle nie, ons moet maar die 5mg in 2 breek. Dit was ‘n ronde pil! En vra toe vir ‘n apteker, toe word ek as rasis uit gekreit. My voorskrif gevat en by my apteker in gegee en kry die regte medisyne, in Afrikaans! Nog nooit weer my voete daar gesit nie.

E ·

Ek stem sam Anel, clicks het my lanklaas gesien. Hulle apteke is pateties altyd nie voorraad nie of sommer die hoer dosis gegee ‘n paar keer, hulle apteek afdelings is uiters swak.

Koos 100 ·

Ek ondersteun al vir jare my plaaslike apteek in Pretoria. Ja ek het klein bybetalings, maar ek ken my apteker op die voornaam en word ook so erken. Ek stuur sommer my voorskrif of herhalings versoeke per Whatsapp direk aan hom. Hier is ek ‘n mens en nie ‘n nommer nie! So jammer ek mag nie hulle naam noem nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wit aptekers emigreer teen ‘n hoë tempo. Stywe buitelandse raadseksamens skrik hulle nie af nie.

Lourens ·

Sedert Clicks se verskoning aan die EFF, sien hulle my nie meer nie.

Henk ·

Aaai vonkprop, dit is nie lekker om oor die vingers getik te word nie. Maar jy is honderpersent reg mbt jou opvatting oor waar die fout met ons mense en in ons land lê. Ek gaan maak soos jy sê.

GenX ·

Ek kan nie wag om weer dischem toe te gaan nie. Ek gaan die rande wat ek tot dusver hierdie jaar op my kaart verdien het spandeer, die kaart by die kassiere opknip en vir haar sê sy kan die stukkies vir haar baas gee om te druk waar dit seer maak.

Owlie ·

Dr. Michael Cardo midlirn moet jy staan vir president – voorwaar die 1ste keer wat n DA lid so prontuit reguit is oor hierdie ras malheid
Dis tyd dat daar behoorlik na geleerdheid, geletterdheid, kommunikasie, lees, skryf, luister en kliente diens vaardighede gekyk word. Om matriek/college/universiteit te voltooi beteken in n era van bitter swak klasbywoning waar n sekere % slaagsyfer af gedwing word absoluut niks. Soos verskeie besighede is hierdie net nog een wat as n reel een van die besighede is waar personeel al jare nie met kliente kan kommunikeer nie, waar personeel in hul eie taal met mekaar gesels terwyl hulle kliente moet help en nie die basiese beginsels van vriendelikheid ken nie. SA is al jare verby die voorgestelde ras kwotas, stap enige besigheid/winkel/fabriek ens binne en kyk hoe lyk die ras kwotas.

Peter ·

bye bye dischem, julle is anyway nie die goedkoopste nie, have a nice life

André ·

As ons (7% van die bevolking) vir Di$-chem boikot; gaan hulle meer as 10% van hulle omset verloor. Ons mag min wees maar ons het ruggraat en ons het geld!

Koos 100 ·

Andre, ek dink baie meer as 10%, eerder nader aan 25%, want medikasie en pille is ‘n westerse konsep. Dis wat JZ vir sy ondersteuners vertel en sy vrou skryf knoffel en beet voor. Tot Thabo het sy eie opvattings gehad oor MIV en Vigs, en dit was ook maar baie anti medisyne!

Edmund ·

Dit klink vir my so soortgelyk na die Woolworths- en Coca-Cola storie te wees om maar net ‘n paar te noem. Kom ons BOIKOT DISCHEM!

Erika ·

Dit is nie net Dis-chem nie dit is besig om ooral hande uit te ruk…ander winkels word “followers of the Norm”…ipv Ruggraat te wys

Wakkerslaper ·

Stem saam, ek kan werklik nie verstaan hoekom maatskappye en besighede langer hierdie BEE twak moet opvreet nie. Kyk hoeveel skade het BEE die land en ekonomie aangedoen. Dit is verdomp nou GENOEG man! Eintlik ironies – jy moet darem min selfvertroue in jouself hê om soveel wetgewing in plek te stel om blankes, wat ’n totale minderheid in die land is, so te onderdruk en uit werk te hou.

domheks ·

Boikot die spul. Daar is wel ander plekke om by te koop. Ou malemmer sal hulle seker goed ondersteun!

Heinrich ·

DisChem doen maar nie te goed om vir hulself te dink nie en swig voor elke ideologiese uitdaging…as hulle nie hulle personeel se liggaamlike integriteit ondermyn met verpligte inspuitings nie ondermyn hulle personeel op grond van velkleur.

Vernon ·

Ek is klaar met Dischem. Dink alle blankes moet hulle eenvoudig nie ondersteun nie! Net soos Spur destyds.

Lourens ·

MM: mens kry nie iets soos “maatskaplike ingenieurswese” nie. Dis weereens ‘n Google Translate of andersins ‘n woord-vir-woord vertaling sonder enige begrip van wat jy skryf.
Dis “maatskaplike manipulering”.
Vir ‘n Afrikaanse blad is julle taalversorging en gebruik dikwels benede die vereiste standaard.

Sune van Heerden ·

Dagsê Lourens

Dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die flater.
Die berig is gewysig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Republikein in die Wes Kaap ·

Social engineering is sosiale ingenieurswese en dit sê alles. Jy manipuleer nie noodwendig nie, jy ontwerp of herontwerp sosiale kwessies wat erger en omvattender is as manipulasie.

Lourens ·

Dis steeds nie “ingenieurswese” nie. Hierdie is manipulering van die status quo op grond van bepaalde kriteria om ‘n voorafbepaalde teiken te bereik.

lodewyk ·

Nee wat hulle sien my nie weer nie,ek ondersteun eerder my moms apteek naby my huis,met die storie met Spur daai tyd eet ek ook nie meer daar nie,hoop die Dis -Chem ly groot verliese

Republikein in die Wes Kaap ·

Die land het verander. Wittes moet georden migreer na ‘n gedeelte van die land en van vooraf begin bou. Sonder fanfare en onder die radar.

Louis ·

Stem saam, wittes moet migreer na ‘n gedeelte waar ons kan begin bou aan ‘n nuwe eerste wêreld land. Eerder dit as oorsee heen hardloop. In die groter SA is daar nie meer hoop of ‘n toekoms vir ons nie. Hulle wil ons nie hier hê nie en ontneem ons van alle geleenthede. Daar is nie meer tyd nie, dinge moet gebeur! Nou@

Net_My_Opinie ·

Het nogal baie by hulle gekoop, maar aangesien ons nie goed genoeg is vir hulle nie, sal ek maar my besigheid elders vat. Met die verval van hierdie land, staan hulle voor in die ry om te vra “hoekom”, maar hulle is deel van die oorsaak.

Dogmanet ·

Kon nie wag vir DisChem om oop te maak in Ermelo nie, maar nou kan hulle loop vlieg.

Barney ·

Boikot Dischem en koop by ander plekke. Ek stem saam, maar my vraag is waar? Clicks, Checkers, P&P, Spar etc – waar sien jy ooit ‘n blanke werk?

Susanna ·

As my ‘wit’ vel nie goed genoeg is nie is my ‘wit’ geld ook nie. Ek koop van nou af my meds by ‘n apteek!

Keelvol ·

Ek stel voor dat saltzman na eskom en SAL kyk. Regstellende aksies het hulle tot op die knieë gedwing. Met dis-chem gaan dieselfde gebeur.

Dirk ·

As dit waar is dat ruggraatlose besighede deur swak, futlose politici gemanipuleer kan word, behoort hulle nie meer ondersteun te word nie. As medikus wil ek net sê: “Koebaai Dis-Chem!”

Henk ·

Almal het baie verskonings oor hoekom hulle die verkeerde ding gedoen het: Ek sê: blah blah blah, julle het duidelik gesê dat witmense nie meer welkom is by julle nie. Fantasties, my rekening is dus voortaan gesluit by julle… Hello Clicks!

Henk ·

Soos ek lees deur die opmerkings wat hier gemaak word sien ek dat baie mense sê Clicks is net so sleg. Dankie dat julle my sê: Dis is die krag van sosiale media, dat ons so met mekaar kan gesels en mekaar waarsku oor dinge. Ek stem saam, kom ons gaan ondersteun eerder wit aptekers as die groot besighede. VOLKS EIE GELD IN VOLKS EIE SAK!

Gerhard ·

Net soos ek nie my voete in Woolworths en Spur sit nie, so sal ek ook nou uit Dis-Chem ook bly. My velkleur wat ek nie gekies het nie, maar trots op is, wat nie goed genoeg is vir julle nie, is my geld ook nie goed genoeg vir julle nie. So sal elke besigheid waar hulle ons witmense uitdruk, soos AL die Staatsdepartemente hulle dinges sien. Eks baie jammer en hartseer oor ons ekonomie wat so baie skade lei deur wat hulle doen, maar, dit is hoe dit is. Eks baie bekommerd oor ons kinders vir die toekoms, maar gelukkig wil die buiteland ons kinders he…

Oujongvrou ·

En so kry ons kinders al beter kwalifikasies. En dit sodat hulle enige ander land kan gaan werk en leef, wat hulle nog wil he. En ou hartseer mense bly agter. Hier op ons dorpie is n klomp oues wat bymekaar huil en kla oor die verlange. My kinders wil nie eers vir ons kuier hier nie, ons moet soontoe want hulle te vreesbevange oor veiligheid. My weersin teenoor hierdie land groei soos n bose sweer in my.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit gaan by die meerderheid huishoudings so.

Shoshan ·

Ek sou dink dat na byna 30 jaar van ‘demokrasie’ hierdie nie eens op enige tafel moet wees nie. Dit was ‘n hele ommeswaai na 1994 en ongelooflike geleenthede was en is aan benadeelde persone/groepe gegee.
Is dit nie tyd dat elkeen in SA sy eie loopbaan kan kerf op sy eie meriwye nie?

Papsak ·

VAT WEG DIE BEE EN KORUPTE ANC KADERS EN DIT SAL BETER GAAN LAAT OUR PEOPLE HULLE MENSE WERK GEE EN DIE WITTES DIE WITTES WERK GEE DIT IS REGVERDIG MAAK DISCHEM TOE SLUIT SY DEURE SAL HOM NIE ONDERSTEUN NIE

Andre ·

Die “Nuwe normaal” se agterkant. Klein winkels word nou maar my voorkeur.

Althes ·

Dis blatante diskriminasie in die werksplek. Ons almal moet rug sterk maak teen dubbele standaarde van die regering.
Ek het nog nie wit kassiere en wit personeel gesien op die vloere van Dischem nie. So waar is die sogenaamde ‘teveel wittes’

Jacobus ·

ASB kan ons wit SUIDAFRIKANERS saamstaan en DISCHEM BOIKOT.

Chris ·

As ons net kan saamstaan JA… anders kan die berig verby gaan. .. So die berig gaan verby..
SA is n lekker plek man !! Solank daar 3 karre in die 7 verdieping huis is en staan .. Wie wil dan worry oor ou DIS- CEMETJIE … ????

Jywilwat ·

Ek boikot hulle tot die saak reggestel word. Punt. Clicks sal nou my steun kry.

Antie Sarie ·

Clicks het dieselfde beginsels. Gaan ondersteun eerder jou likale eenmansaak apteek

Feite ·

Hierdie wysingswetsontwerp is nie van gister af op die kaarte nie.
Ons maatskappy (n Welbekende international Hotel en Entertainment groep) het al n geruime tydjie hierdie beleid gevoer.
Blykbaar werk die regering op n puntestelsel vir elke ras en geslag. En dit is geen verassing dat n WIT MAN zero punte vir die maatskappy verdien. Word onder die mat weg gesteek maar dit is daar.
Die ANC het sy vetterige vingers in absoluut ALLES!

Aai ·

Mense kyk mooi wat doen Dis Chem hulle koop al die klein apteke en raak ontslae van die wites so waarheen nou,sal hulle nie ondersteun.

Jywilwat ·

Boikot Dis-Chem. Punt. As jy in Arie Nel apteke se area is, hulle is fantasties.

Martie Smartie ·

DISCHEM. SASOL, SPUR. DISCOVERY. NOEM MAAR OP MAAR ONS WITMENSE ONDERSTEUN HULLE STEEDS BANKVAS

Martie Smartie ·

Enige maatskappy met ruggraat (die nie dieselfde as geldvraatsug nie, mnr Saltzman) in wie se keel hierdie ANC gemors afgedruk word, moet dood eenvoudig die boetes beveg in die hof op grond daarvan dat die regering nie kan bewys dat hul spesifieke maatskappy witmense bevoordeel of swartmense benadeel het nie. Indien dit nie bewys kan word nie, is die wetgewing arbitrer en ongrondwetlik.

Paul ·

Dis-chem ek het baie geld by julle spandeer maar voortaan sal ek my goedjies elders koop. Tot siens Dis-Chem.

Lillian ·

Ek boikot al heelwat besighede, Woolies, Shell, nou sal Dis-chem ook tot daardie lysie gevoeg word. Nie dat Clicks veel beter vaar nie. Hul grondvlak personeel is maar almal kinders van ‘n ander dam se eende

Vonny ·

Ons hele familie en Vriende kring….koop slegs by Arrie Nel apteke asook die een man saak apteke!!!

Martin ·

Ek en my vrou shop nou al oor die 20 jaar by Dis-Chem en het baie duisende Rande daar spandeer, ons boikot vir Dis-Chem effektief onmiddellik en het sedert eergister by ‘n ander apteek ons inkopies gedoen. Julle het ‘n groot fout gemaak.

Kattebol ·

Dischem se personeel is oor die algemeen onvriendelik, veral die lot wat die medikasie uitdeel.

Antie Sarie ·

‘n Kennis van my loop vandag verby n Dischem in die ooste van Pretoria. Al die staf daar. Nie n klient in sig. Hmmmm

Schalk ·

Die antwoord is duidelik dat ons moet uit ons gemaksones kom en ons lokale apteke leer ken en ondersteun.

Gertjie ·

Boikot as julle kan daar sal genoeg mense Dis-Chem ondersteun sodat hulle kan oorleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.