Discovery waarsku oor derde virusvlaag

‘n Gesondheidswerker ontvang verlede maand die Covid-19-entstof by die Klerksdorp-hospitaal. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die Discovery-groep sê terwyl hy hoop Suid-Afrika spring ʼn derde vlaag van Covid-19-infeksies vry, daar steeds ʼn werklike gevaar daarvan bestaan. Navorsing wys wel dat die kans skraal is om die virus ʼn tweede keer op te doen indien jy dit al onder lede gehad get.

Dr. Ron Whelan, hoof van Discovery se Covid-19-taakspan, waarsku dat infeksies in die Verenigde Koninkryk en Ierland ná die tweede vlaag begin daal het, maar weer toegeneem en dié lande tot in hul derde infeksievlaag gestoot.

Emile Stipp, hoofaktuaris van Discovery, het aan eNCA gesê hy is bekommerd oor ʼn derde vlaag en meer sterftes as mense byvoorbeeld nie maskers dra nie en sogenaamde superverspreiderbyeenkomste bywoon.

Hy sê ʼn ontleding van data van November en Desember het gewys infeksies het teen die begin van die vakansietyd beduidend toegeneem – en as dieselfde patroon oor die Paastyd gevolg word, voorsien hy die moontlikheid van ʼn derde vlaag.

“As maatreëls steeds geld en groot sosiale byeenkomste teen daardie tyd steeds vermy word, kan ons nog ʼn derde vlaag verhoed,” sê Stipp.

Volgens hom hang ʼn moontlike derde vlaag van etlike faktore af.

In Suid-Afrika het ʼn nuwe variant van die virus in Desember kop uitgesteek en Stipp sê wetenskaplikes meen daar bestaan ʼn moontlikheid dat die virus weer kan muteer. As dit saamval met groot sosiale byeenkomste is daar ʼn betreklik goeie kans op ʼn derde vlaag infeksies.

Aan die ander kant het talle Suid-Afrikaners reeds die virus opgedoen en daarvan herstel. Suid-Afrika het teen Sondagaand altesame 1 513 393 gevalle van Covid-19 bevestig en die herstelkoers staan in hierdie stadium op 94,5%.

Stipp sê die derde faktor wat in berekening gebring moet word, is die staat se inentingsveldtog. Hy sê daar is groot samewerking tussen die staat en die private sektor en genoeg geld is opsy gesit om vir die entstof te betaal.

“As ons teen die winter ouer en siek mense inent, dui ons model daarop dat die uitwerking van ʼn derde vlaag met meer as die helfte verminder,” sê hy.

Volgens die mediesefondsreus wys sy data voorts dat sy lede tydens die tweede vlaag meer kwesbaar vir infeksie was.

“Die een ding wat ek dink talle mense bekommer het, is of jy Covid-19 weer kan opdoen indien jy dit een keer gehad het. Die waarskynlikheid is betreklik laag. Sowat 0,8% van mense doen weer die virus op. Ons het net sowat 600 van dié gevalle gehad.”

Die groep se data oor hospitaalopnames wys dat nuwe opnames tot 520 per dag in die tweede vlaag toegeneem het – ʼn styging van 70% sedert die eerste vlaag.

 

Stipp sê daar was die afgelope ruk wêreldwyd vooruitgang in die behandeling van Covid-19 en mediese protokolle is aangepas. Die koers waarteen mense in hospitale opgeneem is, was tydens die tweede vlaag infeksies wel hoër, maar mense is vir korter tye in die hospitaal behandel.

Die regering hoop om teen die einde van volgende maand minstens ʼn miljoen mense teen Covid-19 in te ent – die program het afgeskop met die inenting van gesondheidswerkers waarna die inenting van noodsaaklike werkers, diegene ouer as 60 of in sorgsentrums en mense met onderliggende siektetoestande onder meer in die tweede fase sal volg.

Die res van die volwasse bevolking, nagenoeg 22,5 miljoen, sal die entstof in die derde fase ontvang.

Stipp meen die inentingsprogram gaan ʼn beduidende rol speel in virussyfers.

“Gesondheidsorgwerkers word meer gereeld aan die virus blootgestel as ander en dit is ook hoekom hulle wêreldwyd eerste ingeënt word.”

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand ʼn verdere verslapping in Covid-19-regulasies aangekondig.

Discovery maan egter dat daar vir ʼn geruime tyd steeds aan voorkomingsmaatreëls voldoen sal moet word.

“Ons kan ʼn eenvoudige ooreenkoms tref om dié behoefte te verduidelik. Die punt van ʼn naald is dalk piepklein, maar dit kan 10 000 Covid-19-virusdeeltjies op sy oppervlak van 1 mm huisves. As jy op die punt van die naald blaas, kan jy jou voorstel dat die mikroskopiese virusse in die lug versprei om later op die grond of ʼn oppervlak te val, of ingeasem word,” sê Whelan.

“Die dra van makers, hande was en sosiale afstandhandhawing werk om ons blootstelling aan hierdie klein virusdeeltjies in die lug of oppervlakke om ons te beperk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Thom ·

Dr Whelan , volgens die meeste deelnemers hier op MM praat al julle kundiges twak en is Covid net ‘n manipulasie-instrument ; gelukkig weet my familie en ek van beter .

MakersMark ·

Stem saam met jou. Te veel mediese dokters en viroloèe hier. Dan is dan nog die illuminati/new world order bende wat glo regerings gebruik die “gewone griep” on ‘n nuwe wêreldorde teweeg te bring. Dan is daar nog die wat siener kwoteer op alles veral NADAT dit gebeur het. COVID19 is ‘n virus wat van diere oorsprong is soos vark, voël (1918) en kameelgriep, marburg koors asook ebola en het ontstaan agv die mens se onhigieniese behandeling van diere. Nou versprei dit tussen mense en agv die mens se tekort aan immunologie teen die virus maak dit miljoene baie siek. Dit is ‘n realiteit.

Fritz ·

Min mense dink dis n hoax. Baie mense dink egter dis “much ado about nothing” met daai allemintige hoë sterftesyfer van 0.07%. :):)

Jedi Knight ·

Ja nee kyk. Met daai hoë :):) sterftesyfer gaan covid nie eens n duik in homo sapiens se getalle maak nie.

MakersMark ·

20% van almal wat kry CV19 gaan hospitaal toe. Uiteindelik eindig 10% in ICU op en 3% sterf. SA het omtrent 80 000 hospitaalbeddens en 10 000 ICU beddens. Mense wat icu toe gaan bly gemiddeld 14 dae en word of gesondvof sterf. As jy graad 7 wiskunde het kan jy uitwerk hoekom met ‘n populasie van 60 m in SA die infeksietempo laag gehou moet word. Indien die hospitale oorvloei word sal die sterftes geweldig opgaan want vir pasiente wat ICU toe moet gaan is suurstof die enigste lewensreddende terapie. Niks anders nie.

Pandora ·

Met betrekking tot die aantal kere wat mens die virus kan kry: Ek is bewus van ‘n persoon wat in Desember en nou weer in Februarie positief getoets is. Beide kere was hy nie gehospitaliseer nie, maar wel in self-isolasie.

Ronel ·

“Hulle” sê dat as jy binne ‘n sekere tyd na jy die virus gehad weer gaan toets, sal jy positief toets, maar ons almal ken vir “hulle”

Jaco ·

Mark my words: die derde golf kwaai Corona sal SA tref net voor Paasnaweek en dan sluit al die strande weer. Perfekte tydsbeperking om wit mense hulle tradisionele “langnaweek by die see” te ontneem en om wit toeristebesighede aan die kus te laat besigheid en inkomste te verloor. Ek dink skaars 20% van SA se anti-wit regering se maatreëls teen Corona is regtig teen Corona. Die orige 80% is suiwer om wit Suid-Afrikaners by te kom/te “straf” vir apartheid.

MakersMark ·

Ek stem saam daar sal ‘n derde golf wees want domastrantes leer nooit. Op level 1 inperking gaan almal weer aan asof daar nie so virus is nie. Twee maande kawoepa al die hospitale vol en drie duisend ‘n dag dood. Wat ek nie mee saamstem nie is die regering wat wittes straf vir apartheid. Onder swaar inperkings is die mense wat die swaarste kry die armes. En almal weet die ongelykheidsvkak in SA.

Nico ·

Jaco, jy is besig om vrees en paniek te saai onder mense, kry jou feite agtermekaar.

henndrik ·

Ek weet van ‘n persoon wat al 3 keer positief getoets het. Ander dag het die bloedoortappings diens beweer dat meer as 50% bloedskenkers toets positief vir teenligaampies dit beteken dus baie meer mense was al positief maar is nie getoets nie.

Johan ·

Ja, want dit is verkoue en daar is n wesenlike persentasie mense wat reeds bloodgestel was maar wat nie siek geword het nie…tot70%. Sommige mense raak wel dodelik siek…net soos met verkoue.

Frannie ·

As 10 000 covid-19-virusdeeltjies op ‘n naald se punt kan sit, hoe op dees aarde gaan ‘n gewone materiaal masker dit uit hou? Weereens ‘n bewys dat daai masker net mooi NIKS help nie en net daar is om ons mee te manipuleer!

Thom ·

Die masker keer die vog ( bv speeksel ) waarin die virus gedra word ___ kom in my teater in sonder ‘n masker en ek sal jou laat verwyder .

Charles ·

Vog gaan deur die masker my tjom, en speeksel is ń vloeistof.

Jedi Knight ·

Veral die gaasmasker wat ek gebruik. Met daai groot gaatjies haal ek lekker asem.

MakersMark ·

Snert tjom die virus word oorgedra deur speeksel meestal wat in druppels uitgestuur word meestal as mense hoes of nies. As ‘n masker gedra word wat die neus en mond bedek is die kans vir verspeiding MINIMAAL.

Johan ·

Daai masker is om hare te vang, net soos die haar net op jou kop…of het hulle dit nie in Kuba vir jou geleer nie.

MakersMark ·

Vertel ons wie jou gemanipuleer het. Moes jy iets met ‘n masker aan doen wat hy nie gewoonlik doen of nie mag doen nie ?

Marianna ·

Kom ons gebruik net Ivermektin elke keer as ons covid kry. Nie nodig vir vaccine wat jou in elk geval moontlik net vir ‘n jaar beskerm en dit is nie eens ‘n feit nie.

Karel Kobus Kruger ·

Vir baie mense is dit soos n verkoue. So ietsie vir n loopneus, hoesstroop en dalk Panado vir hoofpyn is vir baie mense meer as genoeg. En hou jouself stil.

Johan ·

Hou net op paniek saai..die magsbehepte politici misbruik dit!. Julle saai verwoesting in ons ekonomie met die onsekerheid, mense moet eet ook!!!! Of is eet nie meer belangrik nie.

PH ·

As die Dr. praat van 10 000 virusse, bedoel hy virusse wat in ‘n enkel ry staan wat 1mm lank is.
As hy praat van 1 vierkante mm dan pas daar 10 000 X 10 000 virusse wat in ‘n vierkante mm inpas.

100 000 000 ( honderd miljoen)

Samuel ·

Dra van maskers?? Dit gebeur níé in ons groot winkels nie. En dit is witmense wat so oortree. Vandag weer gehoor waar ‘n vrou vir die kassiere sê haar masker lê in haar motorkar. Hoe op dees aarde het sy in die winkel ingekom?? Stem saam dat kort voor paasnaweek gaan infeksies ‘kunsmatig’ verhoog word om wit besighede te straf. Pffft

Jan ·

Soos met alle virusse sal daar vir dekadeslank nuwe mutasies voorkom. Waarom hierdie keer dit aan die groot klok hang anders as om mense te manipuleer en beheer?

Nico ·

Discovery is net besig om paniek en vrees te saai, versprei positiewe inligting, hierdie virus is mens gemaak.

Karina ·

Thom, het jy al ‘n familielid aan covid verloor? Enige van jou familie wat Covid gehad het en wat baie siek was? Daar was nie plek in die hospitaal nie, maar hulle het reg gestaan om suurstof na my familie se huis te neem sodra dit nodig is. Gelukkig met regte medikasie het hulle verbeter, maar sukkel nog steeds na weke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.