Dissipline-probleme hoofrede hoekom onnies handdoek ingooi

sos-leierskapkongres-2018-marius-botha

Marius Botha, ’n regskonsultant wat skole oor die hantering van dissipline adviseer, sê dissiplinehantering moet ’n spanpoging wees. Foto: Verskaf.

Dissiplineprobleme is een van die hoofredes vir onderwysers se bedankings.

Marius Botha, ’n regskonsultant wat skole oor die hantering van dissipline adviseer, het die enorme probleme wat skole rakende  dissipline ervaar, hierdie week by die leierskap- en onderwyskongres van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand in Centurion uitgelig.

Botha sê gebrekkige dissipline het tot gevolg dat talle onderwysers onveilig voel en gevolglik nie hul werk geniet of selfs behoorlik kan doen nie.

Volgens hom is daar wel skole waar dit wel baie goed gaan. Dit is spesifiek waar skole ’n waardestelsel het wat goed funksioneer.

“Dissiplinehantering moet ’n spanpoging wees. Waar skole net ’n dissiplinehoof aanstel en verwag hy moet alles doen, werk dit nie.”

Botha het veral beklemtoon dat skole die korrekte prosedures in dissiplineverhore moet volg en te alle tye moet verseker dat rekordhouding van alle gevalle en voorvalle honderd persent op datum is. Skole moet ook gedragskodes hê wat duidelik uitstippel hoe bewyse soos video’s, foto’s, tekeninge en boeke in verhore gebruik moet word.

Botha en sy span was verlede jaar by 451 verhore in Gauteng betrokke.

Hy meen die grootste probleme is pornografie, sosiale media, dwelms, rassisme en seksuele aktiwiteite. Wat dwelms betref, is daar veral groot uitdagings betreffende sintetiese dagga wat vrylik beskikbaar is en nie deur urientoetse opgetel word nie. Skole moet in sulke omstandighede hul gedragskodes sodanig aanpas dat ouers leerlinge wat verdink word, vir bloedtoetse moet neem. Die dwelmkrisis word verder geïllustreer deur die feit dat van die 605 leerlinge wat verlede jaar in 17 skole in die Wes-Kaap getoets is, altesame 415 positief getoets het.

Botha sê skole moenie die fout maak en dieselfde gedragskode jaar ná jaar gebruik nie. Tye en omstandighede verander en gedragskodes moet dienooreenkomstig aangepas word.

sos-leierskapkongres-2018-paul-colditz

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het hoofde oor etiese leierskap toegespreek. Foto: Verskaf.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het hoofde oor etiese leierskap toegespreek.

Hy het gesê ’n suksesvolle lewe is nie noodwendig ’n betekenisvolle lewe nie, maar ’n betekenislose lewe is gewis ’n onsuksesvolle lewe.

Hy het na voorvereistes vir etiese leierskap verwys, soos morele intelligensie, onkreukbare integriteit, kwaliteitverhoudinge, ’n beginselgedrewe benadering en die skep van ’n etiese kultuur.

“As ’n leier nie etiese waardes het nie, sal niemand na hom luister nie. ’n Etiese leier is iemand wat ook hierdie waardes uitleef. Etiese leierskap gaan ook oor invloed en sonder integriteit kan geen leier ’n invloed hê nie.”

Colditz het ook daarop gewys dat ’n etiese leier iemand is wat vertrou word. Daarsonder het ’n leier nie geloofwaardigheid nie.

“Baie mense maak maklik beloftes, maar wanneer hulle dit nie nakom nie, skend hulle vertroue.”

Hy sê voorts effektiewe kommunikasie is ’n voorvereiste vir leierskap.

“’n Skoolleier wat byvoorbeeld net deur e-pos kommunikeer, kan as geslote bestempel word. In skoolverband moet ’n hoof teenwoordig wees. Hy moet in die personeelkamer en op die skoolterrein wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Deserisé Cocklin-Viljoen

Dit is presies waarom ek bedank het. Onderwys het my in ń heel onbekende persoon verander. My siel is elke dag versondig. Niemand verdien dit om in sulke werksomstandighede te werk en te bid dat die kinders hulle daardie dag tog net beter sal gedra nie. Ek lê dit vierkantig voor die ouers, regering en groepsdruk se deur. Volgens my het onderwysers nie meer regte nie. Onderwysers is nou werknemers van die kínders. Ja, Baas ek is Klaas.

Los

Los onderwys en bekwaam eerder in beroepe waarvoor daar vraag is in die nuwe digitale ekonomie soos sagteware, ingenieurswese en digitale entrepreneurskap.

Johann

Gesien die skool waar ons die laaste paar maande om bid was ook by die geleentheid. Dis nou die een wat al wat n waarde en gedragskode op die mure plak en plakate swaai en in huiswerk boeke druk en en en en. Maar vra jy EEN kind om meer as een waarde te noem… kan nie. Nog minder om te verduidelik wat dit beteken! Nevermind wat n gedragskode beteken? Maar een van die feite wat homself manifesteer in die afwesigheid van konstante leierskap vanuit die enorme luukse kantoor in die hoek… En dan natuurlik afdrup personeel toe, en leerders… Lees meer »

Gertryda

My dogter in haar 20’s werk in n swart gebied
Die kinders is wonderlik maar van personeel dis problematies
Nou word sy n teiken sy word beskuldig van rassisme sy doen haar werk maar genade die atmosfeer is ondraaglik
Sy moet nou sielkundige behandeling kry
Hoe om die goed te verwerk
Ek sê sy mors haar tyd met onderwys
Sy kry geen pas by skole sy gee afrikaans 2de taal geskiedenis aardrykskunde

E

Sp 22:15 Lyfstraf het ook ń plek. Dit staan in die woord. Daar is nog verse in ander boekke wat daarvan leer. Ek glo vas vandat lyfstraf verwyder is, Ritallin baas is en dit veroorsaak ń bose kringloop van furstrasie vir almal. Daar is ook nie meer respek vir hoofde in die huis nie, want sien vroueregte en dies meer kry voorkeer. Ek is ń werkende mamma, omdat 1 salaris nie meer voldoende is nie. Ek en pappa kom laat by die huis agv ekonomiese druk. Ons is moeg gewerk om te oorleef. Geen meer krag oor om ordentlikke tyd… Lees meer »