DNS verbind verdagte met Hankey-plaasaanval

Sebenzile Simane (32), ‘n voormalige plaaswerker, verskyn in die hooggeregshof in Port Elizabeth. (Foto: Raahil Sain/ANA)

DNS-monsters wat geneem is van die voormalige plaaswerker van Hankey in die Oos-Kaap wat daarvan beskuldig word dat hy ’n vrou glo wreed aangeval, haar geskiet en toe voor haar dogter verkrag het, stem ooreen met DNS wat op lakens en ʼn kortbroek op die toneel gevind is.

Die forensiese ontleder ao. Kirsty Heynes het Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth getuig in die saak teen Sebenzile Simane.

Simane (32) staan tereg op aanklagte wat insluit huisbraak, roof, menseroof, ontvoering, verkragting, poging tot verkragting, die feit dat hy ʼn kind gedwing het om ʼn seksuele oortreding te aanskou en poging tot moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie asook roof met verswarende omstandighede. Hy pleit onskuldig op dié aanklagte.

Die aanklagte teen Simane spruit uit ʼn aanval op ʼn 44-jarige vrou en haar drie kinders in hul plaashuis in Maart verlede jaar.

Volgens Heynes stem die beskuldigde se DNS nié net ooreen met dié van die Hankey-saak nie, maar ook met DNS wat tydens ʼn ander saak in Patensie, sowat 12 km van Hankey, verkry is.

Items wat in die Patensie-saak getoets is, was ʼn mes, twee vadoeke en ‘n klapmus. Die DNS op een van die vadoeke is ʼn presiese ooreenstemming met dié van die Hankey-saak, het Heynes vandag in die hof getuig.

Maroela Media het vroeër berig die voormalige plaaswerker wat die aanval na bewering op sy eie uitgevoer het, is op 23 Maart verlede jaar in die huis in nadat hy verskeie skote deur ʼn glasdeur afgevuur het. Die kinders het daarna na hulle ma se slaapkamer gevlug. Simane is daarheen en het ook in die kamer skote afgevuur.

Volgens die klagstaat is die ma in haar boude geskiet terwyl sy haar kinders probeer beskerm het.

Simane het glo gedreig om een van die kinders te skiet en het toegang tot die kluis geëis. Hy het die vrou en kinders daarna na die sitkamer geneem en hulle met draad vasgebind. Simane het daarna die vrou na ʼn slaapkamer geneem waar hy haar na bewering verkrag het.

Volgens die klagstaat het Simane daarna die 13-jarige dogter na haar ma se kamer geneem waar hy glo gedreig het om haar ook te verkrag. Die ma het weer eens gepleit dat haar kind gespaar word. Simane het die vrou daarna glo weer verkrag, dié keer voor die dogter.

Nadat hy items in die huis bymekaar gemaak het, het Simane die vrou gedwing om hom in haar voertuig na ʼn kitsbank te neem om kontant te onttrek. Sy het toe ontsnap.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jacky ·

Hier is ek 100% vir mob justice. Laat hom gaan. Ek is seker daar is heelwat mense wat hom wil ‘ontmoet’. Ek is een van hulle.

Kiewie ·

Ons hoop dat die die regstelsel aan die slagoffer se kant.

Haan ·

Hoe het hy geweet dat Mnr Hankey daardie spesifieke aand nie tuis was? Daar is n medepligtige/informant gewees. Heel moontlik n “tuinier” of “huishulp”

Anoniem ·

I LOVE TECHNOLOGY!!!

Daar sit ta. Die DNS is ‘n onomstootlike (maar afstootlike) bewys teen hom.

En die kersie op die koek is dat ta se moeilkheid verdubbel het omrede hy deur die DNS verbind is aan nog oortredings. Geregtigheid gaan vir nog ‘n slagoffer(s) geskied. En hopelik maak dit sy vonnis swaarder.

Is daar ‘n regskenner onder die lesers wat kan oordeel of ta geklassifiseer kan word as ‘n reeksverkragter?

Judge Dredd ·

Daars DNS bewyse – nou gaan sy kierangs braai.

Go Straight to jail.
Do not pass Start.
Do not collect R200.

Schalla ·

Wonderlik dat die DNS hom nie net aan hierdie saak nie maar sommer aan nog ‘n saak verbind. Voeg die ander saak se aanklagte by die bestaande klagstaat en stuur hom summier tronk toe en gooi die sleutel weg. Hy behoort in boeie eintlik klippe te kap vir die res van sy lewe dan het hy nog nie eers ‘n duik gemaak aan die leiding wat hy sy slagoffers veroorsaak het nie! Wrede misdadigers soos hierdie moet bietjie begin werk vir die dak oor hul kop (tronksel). Sal dit nie lekker wees om hulle met boeie om hul nekke en enkels in rye te sien staan en service delivery doen nie? Mens moet hulle so dril dat hulle naderhand self sal smeek vir die doodstraf.

GM ·

Schalla, ek stem saam. Hulle het dit té maklik in die tronke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.