ʼn Dokter is in hegtenis geneem vir die beweerde seksuele aanranding van twee nuwe vrouerekrute by die weermag se Infanterieskool in Oudtshoorn.
Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, het gesê die dokter is op 23 April in hegtenis geneem vir die beweerde seksuele aanranding wat glo van 18 tot 21 April plaasgevind het.
“Die dokter doen sy gemeenskapsdiens by die infanterie se siekeboeg. Hy het Donderdag in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat. Hy staan tereg op aanklagte van seksuele aanranding, insluitend verkragting. Die beweerde aanklagte spruit uit mediese ondersoeke wat op die twee nuwe vrouerekrute gedoen is.”
Mabanga het gesê die Oudtshoorn-polisie ondersoek die saak en geen verdere inligting kan bekend gemaak word nie. “Die departement van verdediging sal ook sy eie interne stappe volg rakende die beweerde voorval.”
Skandalige gedrag en indien wel skudig bevind word, moet dr dadelik van rol geskrap word. Dit het al oraloor opgeduik – sulke drs hou aan om vroueliggame tydens roetine-onder soeke te misbruik – hulle stop nie!!!