Doktorsgraad op 88

Dr Reuel Khoza, kanselier, dr Vincent Brennan en prof. Nana Poku, visekanselier (Foto: UKZN)

Dr. Vincent Brennan was vanjaar, as 88-jarige, die oudste gegradueerde by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se herfsgradeplegtighede.

Brennan het ʼn PhD in Teologie ontvang vir sy studie wat die verskillende roepings van die Kerk in ʼn Christelike gemeenskap ondersoek het. Sy betrokkenheid by die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe-konferensie (SACBC) het hom aangemoedig om ʼn diepgaande ondersoek van die Christendom te doen.

Deur na die aard van die Kerk as ʼn gemeenskap van missionêre dissipels te kyk, het hy die situasie van verdeeldheid in ʼn elite-geestelike groep en ʼn passiewe leke-groep ondersoek, asook rentmeesterskap as ʼn manier om die gemeenskapsmodel van Kerk in ʼn lewenswyse te vertaal.

Daarbenewens het sy tesis die aard van die oproep tot dissipelskap ondersoek wat uitgebrei word na almal wat Christus volg, asook die soort leierskap wat deur ʼn gemeenskapsmodel van Kerk vereis word.

“Hierdie pogings het min vrugte afgewerp,” het Brennan gesê. “Ek het gevoel dit is belangrik om op ʼn gestruktureerde manier oor hierdie uiteenlopende ervaring te besin en voor te stel wat daaruit geleer kan word. Sonder hierdie soort teologiese besinning sal die Kerk voortgaan om dieselfde ding op dieselfde manier te doen en dieselfde resultate te kry.”

Volgens Brennan bied sy studie ʼn teologiese grondslag vir rentmeesterskap om ander kerke te help om krities na hul rentmeesterskapprogramme te kyk (of dit bekend te stel as hulle nie een het nie), weg te stuur van ʼn eksklusiewe klem op geldinsameling en dit uit te brei na ʼn manier van lewe as dissipels – almal geroepe, almal begaafd.

“Ek hoop ook dat dit die hele samelewing sal bevoordeel, aangesien rentmeesterskap nie beperk is tot die innerlike lewe van die Kerk nie, maar verantwoordelikheid aanvaar vir alle mense, veral die armes en diegene wat hul regte ontsê is, asook verantwoordelikheid vir die aarde en haar toekoms,” het hy gesê.

Volgens Brennan was dit moeilik om te werk en te studeer aangesien hy tyd moes maak vir al die navorsing en vir skryf en herskryf. Hy het herhaaldelik daaraan gedink om die projek te laat vaar, maar het groot aanmoediging ontvang van sy studieleiers, prof. Susan Rakoczy en medestudieleier prof. Herbert Moyo.

Een van die interessanter aspekte van sy studie was die invloed van sy toesighouers – ʼn Katolieke non van die VSA wat as ʼn feministiese teoloog gelys is en nog een van die Lutherse Kerk.

“Albei het my baie vryheid gegee om my eie navorsing voort te sit, maar ek het op ʼn verfrissende manier uitgedaag gevoel deur die ervaring en bevraagtekening en voorstelle van twee mense wie se agtergrond, opleiding en lewenservaring baie verskil van myne.”

Deur sy navorsing hoop hy om sy bevindinge te vertaal in ʼn gebruikersvriendelike publikasie wat wyd beskikbaar sal wees binne die Katolieke Kerk en vir ander kerke wat met soortgelyke klerikalisme en lekepassiwiteit worstel.

“My raad aan my medereisigers is dat hulle dit hanteer soos hulle met elke versoeking doen: bid om nie daardeur oorweldig te word nie en gaan voort,” het Brennan gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eugene ·

Hoekom is daar 2 anderkleuriges op die foto? Dis onnodig, want dis nie wat op 88 graad gekry het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.