Doodskis-2 vrygelaat op parool

Theo Martins Jackson en Willem Oosthuizen in die hof (25 Augustus 2017) (Foto: Maroela Media)

Theo Martins Jackson en Willem Oosthuyzen, wat skuldig bevind is in die opspraakwekkende doodskis-saak, is Vrydag vrygelaat op parool.

Jackson en Oosthuyzen is in 2017 gevonnis op ʼn reeks aanklagte, insluitend poging tot moord, nadat bevind is hulle het Victor Mlotshwa aangerand en in ʼn doodskis ingedwing. Oosthuyzen en Jackson is onderskeidelik tot effektief 11 jaar en 14 jaar tronkstraf gevonnis.

Logan Maistry, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê die twee mans is op parool vrygelaat as deel van die poging om die verspreiding van Covid-19 in korrektiewe fasiliteite te beperk.

“Die vrylating op parool van sekere laerisiko-gevangenes is op 8 Mei 2020 goedgekeur,” het Maistry gesê. “Die departement het op 20 Mei met administratiewe prosesse vir die spesiale paroolvrystelling begin. Paroolrade en hoofde van korrektiewe sentrums moes elke saak op meriete oorweeg voor dié oortreders vrygelaat kon word. Dit was ʼn noukeurige proses wat slagoffer-oortreder-mediasie ingesluit het asook DNS-monsters wat ingesamel moes word deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Die vrygelate gevangenes het die relevante rehabilitasie- en herintegrasieprogramme ondergaan.”

Altesaam 9 537 laerisiko-gevangenes se parool onder korrektiewe toesig is op 12 Augustus toegestaan. Die betrokke gevangenes word onderwerp aan spesifieke voorwaardes tot hul vonnisse uitgedien is.

Jackson en Oosthuyzen was deel van dié groep gevangenes wat op parool vrygelaat is. Hulle is Vrydag vrygelaat, het Maistry bygevoeg.

Maroela Media het vroeër berig die twee mans se vrylating op parool is oorspronklik in Februarie deur die paroolraad goedgekeur. Jackson is op 27 Februarie vrygelaat en Oosthuyzen sou op 5 Maart vrygelaat word. Volgens Marius Coertze, die mans se regsverteenwoordiger, is Jackson ʼn week later “in die middel van die nag” weer by sy huis in hegtenis geneem. Oosthuyzen is nooit op parool vrygelaat nie.

Volgens Coertze moes hulle deur die media verneem dat die mans se vrylating op parool deur die paroolraad hersien word. Hy sê daar is geen redes verskaf oor hoekom die saak hersien word of hoe lank dit gaan vat nie.

Coertze het gesê sy kliënte is reeds voor Ramaphosa se aankondiging oor die spesiale Covid-19-vrylating parool toegestaan en word hulle beskou as laerisikogevangenes. Hy het gesê daar is geen fisieke distansiëring in gevangenisse vir Covid-19 nie en omdat Oosthuyzen aan asma ly, en glo geen medikasie ontvang het nie, was hy veral kwesbaar vir die virus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Strandloper ·

Sooooo bly! As die regstelsel regverdig was sou die hele regeering al agter tralies gewees het…

Moerby1212 ·

DIT IS BAIE GOEIE NUUS. BAIE STERKTE VIR JULLE VIR DIE TOEKOMS.

Frannie ·

Hulle moes nooit in die tronk gewees het nie.
Nog ‘n rede hoekom doodstraf nie in SA moet terug kom nie, ons howe word betaal deur die regering en die regters kruip g@t.

Trotse Boervrou ·

Ons is werklik so jammer dat daar van julle ‘n voorbeeld gemaak is en dat jul so onbillik hanteer is. Wat met julle gebeur het is volgens my opinie weereens ras aangedrewe vergelding. Ons is egter in ekstase dat julle weer na julle gesinne en families kon terugkeer. Ons bid vir julle vir krag en sterkte om weer die stukkies van jul lewe op te tel.

LiveAndLetLive ·

Die onregverdigheid hiervan is so ooglopend rasisties gewees.
Ek is bly julle is vry, julle 2 moes nooit in die eerste plek toegesluit gewees het nie.
Dink so daaraan, die beeld wat dit uitdra, dra by tot die stilswye oor plaasmoorde van ons regering, net soos Momberg se gaval – grawe n gat vir n ander en jy val self daarin, met verwysing na regering natuurlik, nie julle 2 nie lol
Die straf vir oortreding spreek boekdele van onregverdighede in die land wat teenstrydig is met waarvoor SA eintlik staan volgend Mandela.

Pieter ·

Hulle het elk geval niks verkeerd gedoen in vergelyking met wat anc elke dag doen nie. Moes nooit tronk toe gegaan het nie, hou daai plekke vir die regte kriminele.

Sarel ·

Srerkte manne. Moeilike tyd met LD maar vertrou julle sal weer kan optel. Julle ouderdom.is vir julle . Dit gssn nie maklik wees nie maar vir julle eie beswil sit agtet jullr

houopkruip ·

Maroela moenie eerste oor hierdie en soortgelyke nuus berig nie.
Julle hang dit net aan die groot klok en gee gevolglik vir ongewenstes skietgoed om dit te betwis.
Lewer wel berig hieroor as dit alombekend is.
Ons is in elk geval verheug oor die nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.