Drie dae oue baba by hospitaal ontvoer

Die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein. Foto: Google Maps

Die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein. Foto: Google Maps

Die polisie in die Vrystaat is op soek na ʼn drie dae oue baba wat by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein ontvoer is.

Kapt. Harry Nagel, woordvoerder van die polisie, het gesê die babaseuntjie is glo omstreeks 15:30 Vrydagmiddag ontvoer terwyl hy en sy ma voor die hospitaal gewag het vir iemand om hulle te kom oplaai.

“Die 19-jarige ma beweer dat sy pas ontslaan is en buite die hospitaal vir ʼn ambulans gewag het om haar na Zastron te vat. Terwyl sy gewag het, het ʼn vrou wat sy al voorheen gesien het glo met haar begin gesels,” het hy gesê.

Volgens Nagel is die ma toe glo badkamer toe en het sy die kind op die vloer voor haar neergesit. “Iemand het toe glo aan die deur geklop en die badkamer binnegekom. Die persoon het glo ʼn handdoek oor die ma se kop gegooi en die baba gegryp en weggehardloop. Die ma het geskree maar niemand het haar kom help nie.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.