Drie dood, nog drie vas ná skietgeveg met polisie

(Argieffoto)

Drie verdagtes is Dinsdag in Chrisville, suidwes van Johannesburg, doodgeskiet en nog drie is in hegtenis geneem nadat ʼn skietgeveg tussen ʼn groep verdagtes en verskeie eenhede van die polisie uitgebreek het.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, die Gautengse verkeerversadigingseenheid, die Valke se taktiese operasiebestuurseenheid, die lugvleuel van die Gautengse verkeerspolisie, CAP Specialized Operations, Tracker Connect, Badboyz Security, JH Tactical en ISEC-Sekuriteit, inligting ontvang wat tot die operasie gelei het.

“Die span het inligting oor ʼn groep verdagtes ontvang wat die voorstede van Johannesburg teister en ernstige geweldsmisdade pleeg. Dit sluit in meer as 30 moorde.

“By die aankoms [van die owerhede] op die toneel het die verdagtes op die owerhede losgebrand, waarna ʼn skietgeveg tussen die verdagtes en die polisie uitgebreek het.

“Drie van die verdagtes is in die skietgeveg dood en nog drie is in hegtenis geneem. Twee ongelisensieerde vuurwapens is ook op die toneel gevind.”

Die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is sal na verwagting binnekort in die hof verskyn en kan moontlik met nog misdade verbind word.

Mogale sê die Valke sluit nie die moontlikheid uit dat nog verdagtes in hegtenis geneem kan word nie.

Die polisie se ondersoeke duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dries ·

Jammer van die 3 wat in hegtenis geneem is. Hulle kan, maar hulle maats kan nie aansoek doen vir borg nie.

ES ·

Hopelik kom hulle nie weer gou uit nie. Misdadigers van hul kaliber is nie rehabiliteerbaar nie.

SjN ·

Die 3 wat inhegtenis geneem is gaan seker weer al die skuld op die oorledenes plaas, daar is verskeie maniere om hul te laat sing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.