Drie dood op mistige N12

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Die N12 tussen Witbank en Delmas in Mpumalanga is tans gesluit ná ’n motorongeluk vanoggend die lewe van drie mense, waaronder ’n kind, op dié pad geëis het.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, is drie mense dood en een persoon ernstig beseer in ʼn botsing tussen verskeie motors. Die botsing is waarskynlik deur swak sigbaarheid weens digte mis veroorsaak.

Mmusi kon nie onmiddellik die ouderdom van die kind wat in die ongeluk gesterf het aan Maroela Media bevestig nie.

Hy het motoriste versoek om van alternatiewe roetes gebruik te maak en die R555 tussen Ogies en Witbank aanbeveel om Delmas te bereik.

*Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Zonika ·

Die hoof foto is n ou foto van 2015, dit was ons kar, dis 4 jaar terug op die Witbank pad gewees.

Erika ·

Die mis in Witbank/Middelburg omgewing is baie baie erg!
Ek dink nie mense wat in daardie areas bly besef dit nie. So baie mense het al hul lewens verloor in daardie gebiede. Ek dink Tolla v/d Merwe was een van hulle.. Dalk moet daardie gebiede se mense eers later indie dag begin werk.

c ·

Nee Tolla van der Merwe het net duskant Wonderfontein verongeluk tussen Middelburg en Belfast.

Sê maar net ·

Ek stem saam met Koos. Joe, dis maklik om te sê as jy nie kan sien nie dan moet jy nie ry nie. Ons wat in die omgewing bly werk nie altyd in dieselfde dorp as wat ons bly nie.
Ek werk net soos baie ander mense 30km van my huis af. Mens kan nooit sê hoe erg die mis gaan wees as jy by die huis ry nie. Wat ek wel waarneem as ek in die oggende ry, soos vanoggend weer is dat mense nie hoofligte aanskakel nie en dan nogsteeds ander voertuie wil verby gaan. Sommige mense het nie respek vir ander op die pad nie.

JohanL ·

Die sinvolle ding om te doen is om betyds (voor jy in die mis ingaan) af te trek op ‘n veilige plek. Dit is ongelukkig nie altyd mooontlik nie.

Daarna is die logiese ding om STADIG te ry – as almal dit doen, behoort daar nie probleme te wees nie. Maar ja, daar is altyd iemand wat steeds te vinnig ry gegewe omstandighede (maw die standaard spoed van 100 km/h) handhaaf wat fataal is in sulke omstandighede.

Party mense gebruik net nie gesonde verstand en oordeelsvermoe nie. En in baie gevalle is dit onskuldige mense wat sterf of beseer word.

$ ·

Die hartseer realiteit van Suid-Afrika is dat sou jy die sinvolle ding doen en aftrek, staan jy die gevaar om aangeval/beroof/verkrag/vermoor te word – veral in die spesifieke omgewing wat wemel van ´crime hot spot’s.

DS ·

Hou ‘n groter volg afstand. Sit ligte aan. Ry heelwat stadiger as die toegelate spoed. Maar nee in reen en mis en rook van veldbrande verdwyn mense se brein en raak hulle maniake wat ander se lewens in gevaar stel. Ek stem ook nie saam met die stilhou nie. Het nare ondervinding gehad met ‘n bus wat langs pad stilgehou het in mis. Motor langs ons skrik en swaai uit gelukkig was daar nie ‘ n ongeluk nie maar kon soveel anders gewees het.

Erika ·

My man het half sewe werk toe gery – hier waar ons bly in Rayno Ridge Witbank, was geen mis nie, maar hy kom net tot by hul hoofkantoor ry , omtrent 15 min van ons huis af, toe kon hy niks meer voor hom sien nie – hy kon eers half tien na sy werk ry ( Kleinkopje) daar gekom toe is die mis nogsteeds te dig om uit te gaan om te werk. So gelukkig mag hul nie meer in die mis werk toe ry nie.. dank Vader

Anoniem ·

Ek ry die N17 tussen Springs en Secunda en jy kan nie glo hoe onverskillig die mense ry in digte mis. Vanoggend was die mis weer so dig dan kom daar n ou by jou verby hy mis die aankomende verkeer net net, jy ry al op die linkerkantste soom en teen die tyd dat jy in Secunda kom dan is jou lyf seer van al die spanning.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Lesers

Dankie vir julle kommentare. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die korrekte foto’s is nou geplaas en die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Joe ·

Dis net soos jy dit stel. n kind moes betaal vir die foute van ander. Nou vra ek dat mense aangekla word en ek is die probleem.

In die huidige wereld het almal verskonings en antwoorde op alles. As almal stadiger gery het of selfs tot stilstand gekom het sou dit nie gebeur het nie.

*En jy kan mos sien jy gaan binne die mis in ry. Stop voor dit.

Elrieda Grundlingh ·

Ek en my man het een oggend in Natal, gedurende erge reen, water op die pad, en baie swak sig gery. My man het die noodflikkerligte aangeskakel en so het ons stadig bly beweeg. Heelwat voertuie het by ons verby beweeg en ook hulle noodligte aangeskakel. Ek dink hlle het gesien dat ons meer sigbaar was. Dink bietjie daaraan. Veilig ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.