Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie verdagtes, onderskeidelik 20,21 en 51 jaar oud, het in die hof verskyn op aanklag van brandstigting en ander verwante aanklagte. Die saak is tot 3 November uitgestel wanneer hulle om borg sal aansoek doen. Die verdagtes bly in aanhouding.
Die drie verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem nadat ʼn spesiale taakspan op die been gebring is om die saak te ondersoek. Die standbeeld is Woensdag aan die brand gesteek.
Tambo, wat in Bizana gebore is, was een van die stigterslede van die ANC-jeugliga in 1944 en was die party se eerste nasionale sekretaris. Hy was later ook president van die ANC. Hy het in April 1993 ná ʼn beroerte gesterf.
Geen borg oor ‘n beeld wat beskadig is? Raak ons nou heeltemal gek?