Drie kouefronte op pad na WK

Argieffoto (Foto: martaposemuckel, Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku teen drie kouefronte wat die Wes-Kaap na verwagting binne die volgende week sal tref. Die provinsie se inwoners kan gevolglik hierdie week laer temperature en ligte reën op plekke verwag.

Volgens Kgoloselo Mahlangu, ʼn weervoorspeller verbonde aan die weerdiens, is die eerste kouefront reeds op pad na die Wes-Kaapse kus en dit behoort dié provinsie teen laatmiddag te bereik, waarna dit na die oostelike dele van die land sal beweeg. Ligte reën sal na verwagting oor die westelike dele van die provinsie uitsak.

Teen Dinsdag word kouer temperature en ligte reën ook aan die kus en hoogliggende gebiede van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag.

Boonop word ʼn daling in temperature Maandag vir die res van die land verwag weens die teenwoordigheid van ʼn hoëdrukstelsel. Temperature sal teen Dinsdag normaliseer en volgens die weerdiens sal binnelandse provinsies nie daadwerklik deur die koue in die Kaap beïnvloed word nie.

ʼn Tweede kouefront sal na verwagting teen Woensdagaand oor die Wes-Kaap beweeg en temperatuurdalings in dié provinsie, die Noord- en die Oos-Kaap tot gevolg hê. Die koue temperature word tot Vrydag in hierdie provinsies verwag, waarna temperature teen Saterdag weer sal begin styg.

Inwoners in hierdie provinsie sal vir sowat ʼn dag die warmer temperature kan geniet voordat die volgende kouefront dan teen Sondagaand die land sal tref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Miena ·

En dan- gaan ons hier in die binneland – GP & MP seker na daardie dae ons koue kry? Kan dit bevestig word vir ons dalk asb.?

Lourens CFG ·

Dit voel klaar of dit gesneeu het hier in Vredenburg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.