Niemand is nog in verband met die moord op drie mans in Philippi naby Nyanga in Kaapstad, in hegtenis geneem nie.
“Die mans is Vrydag doodgeskiet,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, Sondag gesê. “ʼn Saak van moord word ondersoek.”
Hy het nie verdere besonderhede bekend gemaak nie.