Drie ontsnap uit polisieaanhouding

Links: Njabulo Nelson Khoza, regs: Siyabonga Mlotshwa (Foto: SAPD)

Die polisie in Mpumalanga het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat drie verdagtes Woensdag uit die Kriel-aanhoudingselle ontsnap het.

Kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, sê Siyabonga Mlotshwa (18), Thabo Motaung (24) en Njabulo Nelson Khoza (35) het in die vroeë oggendure ontsnap. Dié verdagtes is aanvanklik in hegtenis geneem vir verskeie oortredings, waaronder roof, verkragting, die besit van dwelms, huisbraak en diefstal, sowel as die oortreding van die Wet op Immigrasie.

“Polisielede wat aan diens was, het aangedui dat hulle vreemde geluide vanuit die aanhoudingselle, waar dié verdagtes toegesluit was, gehoor het en ondersoek ingestel,” vertel Mdhluli. “Dit is toe dat hulle ontdek dat die drie nie meer in die selle is nie.”

ʼn Ondersoek is intussen begin om te bepaal hoe die verdagtes ontsnap het. Ontsnap uit aanhouding is intussen ook by dié drie se klagstaat gevoeg.

Die polisie doen ʼn beroep op lede van die publiek om enige inligting te verskaf wat tot die inhegtenisneming van die drie verdagtes sal lei. Enigiemand met meer inligting kan sers. Sipho Nkuna by 072 790 9238 bel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

isabelle ·

HOE OP AARDE ONTSNAP N MENS UIT JOU SEL?
by nou behoort die polisie mos wys te wees met al die tipe tegnieke
Polisie kan hul nie eers in selle hou nie en op straat maak die skelms ook nes hul wil

Ai tog

Misky ·

Sit en slaap by die werk….. daai vreemde geluide was vroeër dalk hoorbaar en te laat wakker geskrik

Werner ·

Seker hulle wat die huisroof getrek het gister en die huiseienaar gyselaar geneem het.

Chris dupreez ·

Vreemde geluide gehoor en toe gaan wegkruip tot dit stil was , en toe gaan ondersoek instel. ?

isabelle ·

klink gepas want hoe hoor jy vreemde geluide en dan is hul WEG

Frank ·

Indien daar vreemde geluide was, kon hulle seker nie te veer gewees het nie? Soos in 100m??? Hoop die SAP word ook hier ondersoek vir nalatigheid.

Debby ·

100m is baie ver vir iemand wat se dieet uit kentucky en macdonalds bestaan, kan nie eers toilet toe hardloop nie

Misky ·

@Debby, dankie en jy het my oggend gemaak!!!! Lanklaas so lekker gelag en ek sien al die gebeure voor my afspeel

Persheks Adri ·

Iemand het weer ‘n sleutel of hulle het omkoopgeld betaal gggmmmfff! Pateties verby en ‘n skande vir die sogenaamde SAPS

Genis ·

Ek ruik n omkoop rot… Liwe aarde daai kiki spreek boekdele… Gogga maak vir baba bang…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.